Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -4 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -17 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Oord Plakkers (Stickers)😉

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het donkie jare terug al begin om van elke oord waar ons gekamp het, hul plakkers bymekaar te maak.

Met die insedent met die Penta in 2019, het ek omtrend al my plakkers verloor / beskadig, en ek is besig om die weer bymekaar te maak.

Badplaas, sover is een van die oorde wat vir my 'n plakker uit hou, en ek moet dit net gaan optel. Dit is vrek ver om 'n plakker te gaan haal.

Indien iemand dalk naby verby gaan, en so behulpsaam te wees om dit vir my te kry, sal ek dit verskriklik waardeer.  Ek bly in Salolburg, maar is bereid om so persoon op die N1, R59 of iewers te ontmoed om dit te kry.

Ek het reeds 'n paar laat herdruk en een oord sover, sal die week vir my 'n templet e-pos.

Voor die inset te lank raak, gaan ek eers hier stop en op nuwe insette die lysie verleng, indien enig iemand my kan hel0 om die plakkers weer in die hande te kan kry, sal ek dit verskriklik waarweer. Van self sprekend, sal ek jul vergoed vir jul uitgawes en moeite.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 07/03/2021 - 11:07

Middag Johann

Ek het jou onderwerp totaal verkeerd verstaan. Ek dog jy roer die onderwerp aan van plakkers in oorde. devil Dis nou daai tipe wat Arie in sy nuutste draad, so raak beskryf het.

Groete 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 07/03/2021 - 11:16

Johann ek sal einde van die maand spesiaal Mntuzini toe ry, hulle het mooi plakkers, sal vir jou koop!

Jy hoef my nie te vergoed vir die plakker nie. Jy hoef slegs my petrol en een nag staanplek te betaal!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 07/03/2021 - 12:44

Arie, baie dankie vir jou aanbod, maar ek was gelukkig nog nooit in Mntizuni niewinkdevil

Wessel nee ek sal maar liewer dan moet sê "stickers" of "decals" glo daar sal minder taal verwaring dan ontstaan?blush

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 11/03/2021 - 21:19

Johann, waar plak jy jou stickers? Is daar n manier om stickers êrens te plak waar mens dit maklik sou kon oordra indien mens van woonwa verander? Het al die oorde stickers? Omdat ek meeste van die tyd kepse dra, koop ek altyd een van die oord, maar nie almal het altyd voorraad daarvan nie.....die sticker idee is nice

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 12/03/2021 - 07:53

Met die kamp plaatjies wat ek altyd vir saamtrekke maak het ek dit op 'n los plank geplak (brag doard) 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 12/03/2021 - 09:23

Geert, ek het vroeër die plakkers op die deur en sommiges op die yskas geplak, maar plak dit nou op die agterkant van my wa. As jy dit versigtig afhaal, kan jy dit weer oor plak op volgende wa. Dit moet egter stadig af getrek word anders rek of skeer dit.

Ongelukkig het baie oorde al toe gemaak, en baie doen ook nie meer die plakkers nie. Sommige oorde het wel vir my templates gestuur wat nou by die drukker is. 

Ek is ook baie lief vir my kepsies en het ook van elke oord 'n kepsie, hierdie hang onder my lappa se dak.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 12/03/2021 - 09:43

Johan ek hou ook van die hoede omthou julle op n tyd kon jy telepels by oorde / plekke koop sien dis in die uitsterf

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 12/03/2021 - 10:26

Shaun ongelukkig het baie oorde met die inperking besluit dat die kool nie die sous werd is nie, en besluit om dit te staak. Ek was gelukkig om by Badplaas (Forever sê hulle logo is daarop, en hulle is nie bereid om dit te e-pos niesurprise) en nog 'n oord reg te kom.

Badplaas hou vir my 'n plakker, vandaar my versoek vir iemand wat daar verby ry, om die plakker op te tel) en die ander oord pos vir my een, Inkwe en Weltevrede oorde, het vir my 'n template gestuuryes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/03/2021 - 08:36

So lyk die agterkant van my Penta, ek kon sowat helfte van die plakkers laat herdruk.

Die forum logo het ek op die regter kant geplak, meer sigbaar van die kant af.

Plakker

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Fri, 19/03/2021 - 08:33

Johann L, het jy die Kampforum Plakker self laat maak of is daar so iets te koop op die Forum?

Sal graag ook so n Plakker op my voertuig se Kanopie wil sit, dit gee ook blootstelling aan die forum en dalk ry Lede agter mekaar en weet nie eers dat ons dalk daagliks met mekaar gesels nie.

Dan sal dit mos nou eintlik lekker wees om af te trek en n bietjie te gesels.

Dalk moet die forum n tipe Plakker ontwerp, die selfde soos die Toyota Holics manne se plakker?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 19/03/2021 - 09:52

Wie waar wat?

Johann het sy eie gemaak. Ek het die grafieka ens vir plakkers en vinyl vir die kampforum logo.  Het al gedink daaraan om so 'n klompie te laat maak.  Party mense soek wel klein plakkers. Ander soek groot goed en ander soek niks!

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 19/03/2021 - 14:12

Josef, ek het myne van Admin ontvang, per e-pos, en dit by 'n plaaslike drukker laat druk.

Jy kan net Voortrekker PM, dmv die kontak op die forum, en reelings tref.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Sat, 20/03/2021 - 10:19

Voortrekker, 

Baie dankie ek het dit vanoggend gekry en nou net van die drukkers af gekom, sal my sticker teen woensdag ontvang en dan kan ek hom opsit.

 

Weereens baie dankie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus