Ons het die naweek by Klipdraai, net buite Meyerton saam met my swaer (skoonseun se pa-hulle) gaan kamp.
Ongelukkig was daar wraggies nie tyd vir fotos nie.
Besonderse mooi oord met baie staanplekke, dit was 'n heerlike naweek en ons sal Klipdraai weer besoek.
Plus punte:
1. Die ablusies is deurgaans skoon en netjies met genoeg warm water vir baie mense.
2. Daar is heelwat vir die jong mense om te doen.
3. Regte plaas atmosfeer - die Blesbokke, ook Wit Blesbokke, loop wild rond.
4. Die swembaddens is mooi skoon - geen onderdak swembad nie.
5. Die terein is baie netjies en skoon, netjiese grasperke.
6. Water punte en krag punte is redelik versprei, jy gaan dus soms 'n lang verleng koord nodig kry.
7. Jy kan Vrydag oggend sewe uur in kom tot Sondag 16:00, dan moet jy eers uit.
Wat ek teen die oord het is die volgende:
1. Jy moet 'n hammer aksie boor met 'n konkryt boorpunt van 200mm x 10mm hê om in daai grond (klip) jou penne in te kry.
2. Die oord is 'n eerste kom- eerste staan basis - dit maak dit daar geen orde is nie.
3. Baie staanplekke het nog geen bome nie, maar die sal nog met tyd eg kom.
Adriaantjie help Karavaan was
Natuurlik, toe Adriaantjie hoor ons gaan kamp, het hy in gespring en begin help karavaan was.

Jy gaan kamp lekker skelm ne…
Jy gaan kamp lekker skelm ne, Johann? Ons hoor eers daarvan as jy terug is.
Maar alles klink baie lekker by Klipdraai. En te danke aan Adriaantjie was die karavaan mooi skoon!!
Johann lekke
Dis sulke vinnige wegbreek Johann wat gewoontlik lekke uit draai dis mos lewe dis kamp
Persoonlik glo ek dit is…
Persoonlik glo ek dit is baie oneerbaarlik om dinge so agter ons rug te doen?
Wonder mens nou of hy darem vir vir sy vrou genoem het dat hy gaan kamp het?
Blits besluit.
Freda, dit was 'n blits besluit, swaer sê hy wil gaan kamp en ons moet saam.
Shaun, dit is net so lekker as daai lang beplande vakansie, maar so lekker vinnige wegbreek bly maar lekker.
Arie, nee ek was gaaf die keer met my vrou, sy kon saam gaan?
Johann...
Johann, ek aanvaar dit is jou kampopset in die eerste foto.
- Ek sien jy gebruik ook PVC elektriese pyp om deur die rubbers van die sykante te steek - hoe ervaar jy dit as die wind kwaai waai ?
- Dit lyk asof die PVC pyp nie in die grond vasgepen is nie. Is die rede maar die harde grond ?
- Ek merk ook die sykant se plastiek onderkant is na buite uitgevou - doen jy dit altyd so en indien wel, wat is die rede ?
- As ek mooi kyk, lyk jou buitelig net soos my Exclusive s'n. Pas hom mooi op, myne het na 12 jaar begin bros raak en het oral gekraak. Vervanging van die oorspronklike produk is lank nie meer moontlik nie - net 'n identiese een, maar met LED binnewerke teen 'n koste van R595 !
Askuus?
Jammer mense, ek lees nou eers hier raak.
Len, die PVC pype werk baie lekker, (lig en netjies) hier by Klipdraai kon ek dit nie vas pen nie, dit grond / klip is net eenvoudig te hard. Ek het 'n boor punt stomp gewerk.
Nee die plastiek seil word altyd binne toe gevou, maar by Klipdraai kry jy nie 'n tent ordentlik op geslaan nie, en die wind het ons geroer daai naweek.
Die buitelig se lamp het ek reeds met LEDs vervang en gee dit so na elke kamp bietjie Mr Min, net om die plastiek en ook die vensters te beskerm.
Stephen.
Ja Klipdraai se grond / klip is berug, maar dit is 'n heerlike oord met baie kekker atmosfeeer.
Wat my egter pla van Klipdraai, is twee dinge,
1. Die staanplekke is nie gemerk nie - soms staan jou bure binne jou tent?, en eerste kom-eerste staan.
2. Die geweldige harde grond, andersins 'n puik oord.
Ons staan gewoonlik bo by die rondawel ablusie by die parkie vir die kleinkinders.
Ek bly n klipgooi weg van…
Ek bly n klipgooi weg van Klipdraai. Het nog nooit daar gaan kamp nie.
So is dit jy wat al die…
So is dit jy wat al die klippe soontoe gegooi het?
Ek bly n klipgooi weg van Klipdraai
Kamp lyk en bly darem altyd…
Kamp lyk en bly darem altyd lekker né.
Net so Willem
Kamp lyk en bly darem altyd lekker né.
Net so Willem! Al is die klippe hard ![]()
Aangenaam verras
Ons het hierdie oord die afgelope naweek besoek. Was regtig aangenaam verras om te sien watter heerlike oord in n dorpsgebied is. Een van die hoogte punte was die besoek aan die leeuplaas.....die plek is uiters netjies versorgd en diere in pragtige kondisie. Daar is onder andere leeus {en wit leeus} tiere, luiperde, Roiikatte, jakkelse, hyenas en nog meer. Hulle kry binnekort 10x wilde honde in....hulle wag net vir natuurbewaring om hul huisves goed te keur. Die plek het n heerlike atmosfeer gehad met n groot boeremark en verskeie kunstenaars wat daar opgetree het. Daar was regtig baie te doen vir oud en jonk. Sal weer daar wil gaan....dis net die pad deur JHB op n Vrydag wat n demp op besluit sit, maar op die einde die moeite werd
Ons was al hele paar keer by…
Ons was al hele paar keer by Klipdraai, 25Km van ons af. Ek is bly hulle staanplekke is nou genommer, dit was altyd baie swak genommer en mense het sommer jou stoep gedeel of selfs jou ankers. Moes altyd die Donderdag deur ry en jou goed gaan staan maak om 'n lekker plek te kon kry.
Maar, dit bly 'n baie lekker oord, met 'n impak boor, en jy is georganise![]()
Harde grond
Johann L Skryf "
Maar, dit bly 'n baie lekker oord, met 'n impak boor, en jy is georganise
Ja....ek was self verbaas oor die harde grond onder daai mooi groen gras. Ek neem gewoonlik net 450mm Maxcon penne saam.....so ek het behoorlike hamerslaan oefening ingekry.





Foto
My dogter het darem so een of twee fotos geneem.