Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier kom 'n ding.... Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -30 minutes ago
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -1 hour ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -2 hours ago

Klipdraai

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ons het die naweek by Klipdraai, net buite Meyerton saam met my swaer (skoonseun se pa-hulle) gaan kamp.

Ongelukkig was daar wraggies nie tyd vir fotos nie.

Besonderse mooi oord met baie staanplekke, dit was 'n heerlike naweek en ons sal Klipdraai weer besoek.

Plus punte:

1. Die ablusies is deurgaans skoon en netjies met genoeg warm water vir baie mense.

2. Daar is heelwat vir die jong mense om te doen. 

3. Regte plaas atmosfeer - die Blesbokke, ook Wit Blesbokke, loop wild rond. 

4. Die swembaddens is mooi skoon - geen onderdak swembad nie.

5. Die terein is baie netjies en skoon, netjiese grasperke.

6. Water punte en krag punte is redelik versprei, jy gaan dus soms 'n lang verleng koord nodig kry.

7. Jy kan Vrydag oggend sewe uur in kom tot Sondag 16:00, dan moet jy eers uit.

Wat ek teen die oord het is die volgende:

1. Jy moet 'n hammer aksie boor met 'n konkryt boorpunt van 200mm x 10mm hê om in daai grond  (klip) jou penne in te kry.

2. Die oord is 'n eerste kom- eerste staan basis - dit maak dit daar geen orde is nie.

3. Baie staanplekke het nog geen bome nie, maar die sal nog met tyd eg kom.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 13/03/2021 - 15:28

Geert, ek het al baie lank terug geleer, 'n boor ry altyd saam. Deesdae 'n hammer aksie boorlaugh.

Arie sal my dalk 'n oorveerg gee as hy sien hoe KAP ek pen inwink

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sat, 13/03/2021 - 16:02

As daar groot saamtrekke is, vat ek al die karavaan Donderdag deur en slaan klaar tent op (voordeel van by die huis werk!). So R50-R100 ekstra. Dan is daar geen gesukkel Vrydag nie

Ons het ook al baie van die Donderdagaand af gekamp. Ma ry van die werk af soontoe en die seun is op skool in Meyerton. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 17/03/2021 - 09:19

 

Hulle hou 1x per maand n boeremark oor die naweek in die kampeer terein. Dis nogals n heerlike atmosfeer....en daar is hordes heerlike eetgoed om van te kies. Ek dink met die volgende boeremark reel hulle ook n pretloop. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 17/03/2021 - 12:33

Middag mede kampeerders

Hoe kan 'n pretloop lekker wees??? Of verwys julle na die boeremark?

Onthou van sit en staan, is lê die gerieflikste. Die lekkerste "loop" is tot my trokkie, dan skuif die genot oor na motoriese beweging tot waar ek wil wees.

Groete

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 17/03/2021 - 12:43

Onthou van sit en staan, is lê die gerieflikste. Die lekkerste "loop" is tot my trokkie, dan skuif die genot oor na motoriese beweging tot waar ek wil wees.

Stem 100% saam Wessel. wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus