Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daar is nie veel oor in my… Onrus woonwapark Voortrekker -2 minutes ago
soos Heinz Konsalik se boek.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -56 minutes ago
Onrus sal my altyd laat… Onrus woonwapark Voortrekker -1 hour ago
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -13 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -13 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -13 hours ago

Ek gaan verloor!!!

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

In die donker hoekie van my laptopskerm staan toe sowaar 'n nuwe boodskap. Tic Tac Toe is nuut bygevoeg en ek het 'n uitdaging om te aanvaar. Ek bewe, maar wil graag saamspeel. Nodig 'n "crash course". 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 24/10/2026 - 20:13

Ek het twee Tic Tac Toe uitdagings aanvaar - ongeveer agt ure gelede. Is tans in 'n titaniese stryd gewikkel, en dis nog lank nie die einde nie. Senutergend.

Sommer 'n interessantheid oor skaak (nou nie so 'n ingewikkelde spel soos waarmee ons besig is nie, maar nogtans😸). Die langste "correspondence match" is gespeel tussen 'n Dr Reinhardt en Dr Hendrik. Dit het 54 jaar aangehou (1946-1999) en het die einde bereik toe Dr Reinhardt oorlede is.

Ons sal moet roer. Intussen werk ek skuiwe uit dat dit gons en is nie van plan om te verloor nie. Die wenprys per spel??

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 25/10/2026 - 08:14

Na soveel ure van intense konsentrasie het ek seker in 'n onbewaakte oomblik my balans verloor. Veels geluk Voortrekker! Next time......

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 25/10/2026 - 08:29

Die ander "game" was teen Geert. Die uiteinde was 'n "draw". Ek is opgewonde hieroor, want dit beteken vooruitgang in my spel. Prettige tydverdryf so tussendeur😹

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 25/10/2026 - 16:42

Volgende uitdaging van Geert - beste van 3. Ek aanvaar, maar op voorwaarde: indien ek dan nog nie die wenner is nie, is dit beste van 5 soos in 'n Grand Slam. Julle sal moet kant kies - sonder om 'n woord op die forum te sĕ. Wens my maar net geluk wanneer die trofee oorhandig word😸

1
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus