Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
30% November 2026 Geert -3 hours ago
see water November 2026 Geert -3 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -11 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Weet regtig nie of sulke… November 2026 neef Herman -12 hours ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 17/04/2021 - 20:00

.......ek verkies GEEN los goed in die karavaan gepak nie want ons slaap 'n paar keer oor en dan moet die wa nie met nonsens gepak wees nie.

Die wa sal maar sy pak moet vat.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 18/04/2021 - 19:44

Veels geluk Kruger Wildtuin !  Ek sien drie vermeende wild-stropers het hul rieme styf geloop in die Kruger Wildtuin.  Die drie het gevlug van die anti-stropingseenheid wat op hulle spoor was, maar het hulle vasgeloop in 'n teeltrop olifante.  Een van die drie is deur 'n olifant gedood, 'n tweede een is inhegtenis geneem en die derde een het ontsnap.

Mooi so KNP-anti-stropingspan en die betrokke olifant !

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Sun, 18/04/2021 - 20:26

Dis positiewe resultate.... net jammer dat onskuldige diere betrokke is en lewensverlies terwyl die "fat cats" wat daaragter sit ongedeerd wegkom.

Die park nog groen maar die winter tekens begin wys. Gister vanaf Skukuza by Phabeni uitgekom, pad goed behalwe so 50m stukkie grond voor Hazyview. Laasweek by Malelane ingegaan; groot padwerke by N4/Karino kruising ( half uur vertraag) en tussen Kaapmuiden en Malelane. Dit was ons laaste gratis besoek, ons het Jaco help trek.

0
pretoria

pieterc

Sun, 18/04/2021 - 21:13

Gister vanaf Skukuza by Phabeni uitgekom, pad goed behalwe so 50m stukkie grond voor Hazyview.

 Is dit tussen Kruger Park Lodge en die afdraai na Phabeni hek op die R536?

Ons is Februarie daar deur met my vrou se Chev Spark en het gehoop dit is opgeruim wanneer ons volgende maand Skukuza toe sleep.

Jammer vir die kaap Len, maar ek stem - volpunte vir die anti-stropingspan en olifant!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 18/04/2021 - 21:22

Geen probleem nie Pieter, ek moet ook weet oor die toegangspaaie wanneer ons ook volgende maand daar opdaag.

Koos, mag ek vra, waarheen trek Jaco-hulle ?  Ek raai Johannesburg toe.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 19/04/2021 - 16:47

Nog 'n keer veels geluk Kruger Wildtuin  -  roei die spul uit !

Ek hoor oor RSG-nuus die Kruger Wildtuin se teen-stroping eenheid het vandag 5 voornemende stropers in die Pretoriuskop omgewing gearresteer voor hulle skade kon aanrig.  Hulle toerusting, byle, gewere met knaldempers en ammunisie is ook gekonfiskeer.

Mooi so, vordering word gemaak.  Selfs die spesiale hof in Skukuza is weer geopen nadat dit onder vreemde omstandighede gesluit is.

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Mon, 19/04/2021 - 20:04

Pieter/Len.

Die stukkie rowwe grondpad (so 50 meter) is so 7km oos van Hazyview. Niks om oor bekommerd te wees nie, wees net bedag want hy vang jou onverwags.

Len. 

Jaco sluit aan by "African Parks" (NWO) met hul kantore in Jhb. Hulle verblyf is in Equestria, Pta.

 

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Mon, 19/04/2021 - 20:32

Baie goeie nuus oor die hof wat weer oop is en welslae wat behaal word. Ongeag, het die manne (en dames natuurlik) ons gebedsondersteuning nodig want die stryd om die stropery te beperk is vel en die manne (wit en swart) hou vol om "oorlog" te voer teen die stropery. Maar die emosionele en psigiese stryd (inhuispolitiek, sisteme, traagheid ens..... ek kan aanhou, noem maar op) wat deur hulle gevoer moet word breek hulle moed en maak hulle lam. Soos een van die park se groot geeste dit Vrydagaand om die kampvuur vir my gestel het; "it takes the fire out my soul, I was born here and battled for 35 years to save our park, now I have to watch the ............"  Manne is nie meer bereid om hulle gesinne deur die beproewinge te sit nie.

Jammer Len om so bietjie op jou draad uit te pak, maar ek weet die park lê jou na aan die hart en almal wat hier lees is "natuurmense".

0
pretoria

pieterc

Tue, 20/04/2021 - 20:01

Die stukkie rowwe grondpad (so 50 meter) is so 7km oos van Hazyview. Niks om oor bekommerd te wees nie, wees net bedag want hy vang jou onverwags.

Dit klink asof dit dieselfde stukkie is waardeur ons in Februarie is. Ek het gehoop dit sal al reg wees teen hierdie tyd. Nader aan Kruger hek was daar ook n stuk wat redelik oorspoel was met grond, maar die jong klomp in die omgewing het met grawe en kruiwa die spoelgrond uit die pad weggery terwyl een tussen die karre geloop en blikskud het. Ek het later nogal sleg gevoel omdat ek nie hulle vindingrykheid met n donasie beloon het nie.

Ongeag, het die manne (en dames natuurlik) ons gebedsondersteuning nodig want die stryd om die stropery te beperk is vel en die manne (wit en swart) hou vol om "oorlog" te voer teen die stropery. Maar die emosionele en psigiese stryd (inhuispolitiek, sisteme, traagheid ens..... ek kan aanhou, noem maar op) wat deur hulle gevoer moet word breek hulle moed en maak hulle lam. Soos een van die park se groot geeste dit Vrydagaand om die kampvuur vir my gestel het; "it takes the fire out my soul, I was born here and battled for 35 years to save our park, now I have to watch the ............"  Manne is nie meer bereid om hulle gesinne deur die beproewinge te sit nie.

Ek dink nie ons besef altyd die volle omvang hiervan nie - dit is goed om af en toe daaraan herinner te word!

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/04/2021 - 20:35

....Koos, dit is belangrik (soos Pieter hierbo sê) om aan die talle opofferinge om ons natuurlewe te beskerm, herinner te word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/04/2021 - 06:20

Ek het later nogal sleg gevoel omdat ek nie hulle vindingrykheid met n donasie beloon het nie.

Ek sê nie dit is in hierdie geval waar nie, maar in ander lande het ek gesien dat hulle voorgee om pad reg/skoon te maak as daar verkeer is. Wanneer dit stil is, sit hulle onder ‘n boom. As hulle ‘n kar hoor aankom spring hulle op en maak weer of hulle fluks werk. Dit maak sin uit hulle oogpunt, want as hulle sou aanhou werk en klaarkry sou hulle nie meer kon blik skud nie.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/04/2021 - 08:50

Voorbereiding vir ons Wildtuin-trippie :  Die 9 dae voor ons vertrek het so vinnig nader gekom, dat ek benoud raak oor alles wat nog gedoen moet word.  Krisisse duik mos ook op in hierdie tyd.  Ons het skielik 'n kragprobleem by die huis deurdat ons aardlekkasie kort-kort die krag afskakel en dit kan lelik lol as ons nie hier is nie.  Ek is nie te onkundig op dié gebied nie en het deur 'n proses van eliminasie die skuldige punt probeer opspoor, maar sonder sukses. Die grootste probleem is dat as die aardlekkasie-skakelaar dadelik weer aangeskakel word, is die krag weer daar vir 'n paar uur, selfs vir 'n dag. Ek het intussen die hulp van 'n elektrisiën ingeroep en selfs hy sukkel met die foutsoekery omdat as hy hier is, is die krag nie af nie.  Hy het wel met sy instrumente vasgestel dat die aardlekkasie-skakelaar weens ouderdom te sensitief is en ons het dit toe met 'n nuwe vervang, maar die krag skop nog uit.  Die elektrisiën het toe besluit om die drade op die DB-bord tydelik te wysig sodat die ligte (wat nie voortdurende deur mense-hande gehanteer word nie) NIE deur die aardlekkasie loop NIE.  Sou die ligte  iewers 'n kortsluiting maak, sal die betrokke hoofskakelaar op daardie lyn wel uitskop.  Sedert hierdie tydelik verandering gemaak is, het die krag nie weer uitgeskop nie.  Die elektrisiën vermoed dat iewers 'n LED gloeilamp die aardlekkasie affekteer en dié sal mettertyd gesoek moet word.  Maar die krag is darem nou stabiel en behoort nie weer te lol met ons wegganery nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/04/2021 - 09:11

Wildtuin-trippie

Om na julle toer te verwys as ‘n “trippie” is soos om te sê die ANC het die land van ‘n paar Rand beroof. 
 

Ek hoop julle huis se trippie is nou uitgeskakel sodat julle in vrede die voorbereidings kan afhandel. Ons ry oor bietjie meer as 48 uur Onrus toe en ek het nog NIKS gedoen aan voorbereidings nie. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 21/04/2021 - 09:12

Môre Len

Is jy tevrede met die diens van jou Padvinder?

Maak net seker as julle vertrek dat alles wat groot stroom trek afgeskakel is. Hou net die muurproppe na die koel en vrieskaste aan. Hopenlik sal die aardlek nie uitskop nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 21/04/2021 - 09:23

Ja.. nee, kan ook nie die "trippie" woord verstaan nie, en sien die maters hou van dit. Skud maar net die kop, dalk is dit n fyn manier van spog.

Duisende kilometer en baie weke later gaan dit hopelik in n moerse Trip verander.

Moet nou nie in n paniek gaan nie Len, jy is n ou hand met die voorbereiding. Dalkies is jou opgewondenheid net in "overdrive".Ai ek is sooooo jaloers, sal graag daai gevoel nou wou ervaar.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/04/2021 - 15:29

Ek is sommer baie in my skik met die P/F se diens, teen 1/3de  van Nissan se kwotasie !  Die toekomstige kilometers sal seker wys of dit 'n wyse besluit was.

Ek het darem twee moontlike elektrise foute by die huis opgespoor en herstel :-

  • Ons het 'n gassoof met elektrise oond.  Mammie kla vanoggend sy ruik iets brand terwyl sy die oond gebruik.  En daar sien ek agter die stoof by die krag-koppeling trek 'n rokie uit en die betrokke krag-boksie is vuurwarm !  Oopgemaak en daar is die koppeling en drade gesmelt - moontlik 'n draad wat nie vasgeskroef was nie.
  • Ek het twee buisligte in die karavaan se motorhuis wat liederlik verroes het vanweë kondensasie wat dan op die buislig-houers drup.  Ek het die buisligte met nuwes vervang, maar hierdie keer dit in 'n breë, onderstebo "trunking" geplaas, sonder die deksel.  Enige waterdamp drup nou op die "trunking" en nie op die buislig self nie.

Ek sit nou en wag dat nog iets verkeerd gaan sodat ek dit ook kan herstel !

Kennis geneem dat ek "op 'n trip gaan " sonder om dwelms te gebruik.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 21/04/2021 - 15:46

Daarsy Len, ek glo jou aardlek is nou reg.

Wat die "trip" betref, eish ek hoop jy gaan liewer op 'n toer / reis, as op 'n aan geholpe tripwink

Ek kyk,uit vir jou aftel van dae, maar sien dit skaars, nee man, dit is mos iets wat julle al twee keer moes uit stel, ons almal sien so uit na julle toer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/04/2021 - 18:55

..................wat die dae voor vertrek betref, ons is nou al op enkel syfers, nog net 9 dae !  Nou die dag was ons nog op trippel syfers.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 23/04/2021 - 21:25

Ek weet nie wat het ek gesondig nie, maar die een ding na die ander breek hier tuis in die paar dae voor ons vertrek en dit meng ernstig in met my voorbereiding vir ons Wildtuin-TRIP.  Die nuutste,  vanoggend het die een wasbakkraan in ons badkamer begin lek en die badkamerkassie onder water geplaas.  Gelukkig was ons nog tuis en dit kon ook gebeur het as ons weg sou wees met dan baie groot skade.  Dis eintlik die versterkte pyp wat die koppeling in die muur met die die kraan verbind.  Die eintlike joppie om die pyp met 'n nuwe te vervang is nie so erg nie, maar die uiters beperkte ruimte onder die wasbak om die "mixer"-kraan los te kry, was vir hierdie 74-jarige nogal 'n uitdaging.  Ek moes eers 'n 8mm "tube socket" gaan koop om by die kraan skroewe uit te kom.  Alles werk gelukkig nou sonder om te lek, maar ek sal eerder môre die kraan met sy versteekte skroewe vastrek.  Dit het my tot die besef gebring om maar eerder die stopkraan toe te draai wanneer ons Wildtuin toe vertrek.

My voorlaaste paragraaf hierbo (om 15:29) het toe wraggies waar geword.

0
pretoria

pieterc

Fri, 23/04/2021 - 23:13

Gelukkig het dit alles gebeur terwyl julle nog tuis is en jou genoeg kans gegee om reg te maak en vir n paar dae te monitor voor julle vertrek.

Stopkraan toe en geyser af is altyd n goeie idee as n mens met vakansie gaan. Jy kan seker ook n buurman / buurvrou vra om n ogie te hou oor die krag, maar ek hoop dat jy die oorsaak gevind het soos vroeër genoem.

Met die diere saam - 2 katte en n hond - betaal ons maar die bure se seun om hier te kom slaap as ons met vakansie gaan wat darem so bietjie gemoedsrus gee.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus