Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -8 hours ago
30% November 2026 Geert -15 hours ago
see water November 2026 Geert -15 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 24/04/2021 - 06:57

Ons maak ook maar die stopkraan toe en sit die geyser af as ons weggaan. In Kleinmond het verskeie woonbuurte nog septiese tenks. Ons buurt het tot onlangs gehad, maar is darem enkele maande gelede gekoppel aan die munisipale rioolstelsel. 'n Buurman het etlike jare gelede die probleem gehad dat die een toilet se spoelstelsel nie dig gesluit het nie toe hulle met vakansie vertrek. Dit het veroorsaak dat sy septiese tenk begin oorloop het tot renons van die omliggende bure. Sedertdien maak ons maar altyd die stopkraan toe as ons weggaan - selfs net vir 'n naweek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 25/04/2021 - 12:53

Len jammer om dit nou te sien, maar soos reeds genoem, draai maar liewer die hoof toevoer kraan toe net voor julle ry, as 'n geiser bars, of dergeliks, is die skade minimum.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 26/04/2021 - 16:34

Moeilik om te glo :  ek is besig om die Exclusive sy finale was te gee want daar is net 4 dae oor om te doen wat gedoen moet word.

Ek kan self nie glo nie hoe ek 8 maande gelede gelyk het en nou self my karavaan was en gereed kry vir ons maand lange kuier in die Wildtuin  -  en ek gaan self by al ses kampe my tentafdak op- en afslaan.

So het ek 8 maande gelede gelyk na die tweede noodoperasie en 'n hartaanval  -  dis wraggies net ons Hemelse Vader se genade dat ek nou weer springlewendig is en Wildtuin toe kan gaan.  Ek het soveel om voor dankbaar te wees.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 27/04/2021 - 06:48

Len, ons lewe deur en op genade. Soos baie van ons weet, alles kan in 'n oogwink totaal onherroeplik verander.

Nog drie dae " and counting" na twee jaar van terug slae is dit werklik iets om na uit te sien, nie asof enige so trip nie iets is om na uit te sien nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 27/04/2021 - 06:57

More Len

Onthou wat resies drywer gedoen het toe hy in kar klim----die truspieel afgeruk. Waarom---- die verlede is nie belangrik nie.

Onthou wat die Woord sê;  strek jou jy uit na wat kom.... Dit geld sekerlik ook vir ons oorblywende tyd op aarde

Ons gaan almal saam met julle op die pad wees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 27/04/2021 - 09:43

Ongetwyfeld vrinne, ek leef ook nie in die verlede nie en sien uit na die toekoms en al die nuwe dinge wat oor ons pad gaan kom.  Die rede vir my kommentaar hierbo was net die besef van dankbaarheid dat ek instaat is om weer te gaan kamp.  Ek was nie eers bewus van die bestaan van die betrokke foto nie totdat my seun gister hier opdaag met die foto terwyl ek bo-op 'n leer sit en die Exclusive se dak was.  Sy kommentaar was ook dis 'n wonderwerk hoe ek herstel het.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 28/04/2021 - 10:14

Môre Len

Dit gaan seker lekker dol daar by julle aan huis. 2 Mei storm af op julle.

Geniet die gereedmaak vir lekker vakansie. Gelukkkig ry julle nie deur Kuruman en Vryburg nie

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 28/04/2021 - 12:09

Hallo Wessel !  Ja dankie, ons vorder goed - die P/F is klaar gepak, vrieskassie, rally-afdak en kantseile, grondnette, gereedskapkissie, gasbottel en nog 'n spul goed - tot 'n kleuter-driewiel wat by 'n niggie in Pretoria moet uitkom !  My karavaan trukamera se monitor is gemonteer en gekoppel asook my "dash-cam" wat ek net op lang ritte en in die Wildtuin gebruik vir daardie toevallige verrassing besigtigings !

Die inpakkery is beslis nou in die pylvlak.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 28/04/2021 - 12:28

Len,

Hoekom los jy hom nie heeltyd aan nie ?  Hy "loop" mos sy opname en as iets gebeur is dit opgeneem.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 28/04/2021 - 14:20

Willem, ja dis waar, maar my ervaring met GPS'e is dat die plastiek montering teen die ruit word bros van te veel son en beteken dan niks nie.  Hou jy joune permanent aan ?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 28/04/2021 - 14:26

Middag Len

Dankie vir die waarskuwing. Ek monteer myne slegs as ek onseker is van 'n adres of roete.

Andersins haal ek dit af en bêre in die huis, of in paneelkissie.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 28/04/2021 - 15:49

Len, ja myne is van die begin nog steeds teen die voor ruit en bly altyd aan.  Soms as ek lank in die son gestaan het val hy af, dan maak ek net die ruit skoon en sit hom terug.

Wessel, my GPS het ek so 60x60mm stukkie glas op die "dash" vas geplak waaraan ek die GPS se voetstuk vas suig, hy sit regs van die stuurwiel want daar is die beste opvangs vir die verkeer deel.  Van die voor ruite bo langs affekteer glo die opvangs, ek het baie gesukkel en Garmin het dit vir my gesê.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 29/04/2021 - 09:31

Met die uitsondering van 'n paar ouens wat saam met my opgewonde is oor my komende Wildtuin-trip, weet ek die meerderheid lesers is erg geirriteerd met hierdie draad wat ek geskep het.  Ouens, die goeie nuus is die wag-tyd is op 'n einde en so ook die vervelige uitsien-posterings van my.

Ons ry Saterdagoggend.

Ns. As dit nie was vir 'n helse ompad nie sou ek graag via Kuruman en Vryburg Kruger Wildtuin wou ry sodat daardie skurke wat ouens se handrem optrek hulle hande flenters gesny het met my handrem beskermer waaroor ek elders gerapporteer het !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 29/04/2021 - 09:39

Môre Len

...dat iemand dit kom toets vir jou. Jy gaan deur vele dorpies ry, selfs de Doorns omgewing kan geskik wees vir die doel.

Grappies op 'n stokkie, julle moet veilig sleep, sonder enige insidente.  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/04/2021 - 09:56

Watse program gebruik jy vir jou aftel ?

Sien hy is amper op "0"

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 29/04/2021 - 13:51

Willem, ek gebruik die ondervermelde, maar dis nie baie gebruikersvriendelik nie  -  ek sukkel elke keer my gaai af.

"yourcountdown.to"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus