As 'n reel, het ek min goed wat my pla as ons kampeer, maar wragtag, een ding wat my grensloos irriteer, is skerp ligte in die nag.
Die naweek by Zelpy het een ou 'n drie miljoen kerskrag led lig wat seker tot by die groot pad verlig het, elke nag deurnag laat brand, het lus gehad en gaan spuitverf die donnerse lig met matt black spray.
Kan 'n bangbroek nie maar liewer tuis bly nie?
Goed, ons moet almal vesigtig wees, maar neem net ander mense in ag.
'n Ander ou weer, het laataand op gedaag een sy bakkie so getrek dat ons ander in die ry onder hom, moes koes agter ons tente om uit sy "spot lights" se verblindende straal te kon sien, trek maar jou voertuig so dat jy direk op jou taak verlig, en nie die hele straat verblind nie.
Dankie, nou het ek lekker af gepak, en kan ek weer op lekkerder dinge konsentreer.
Dit laat my wonder, wat doen ek wat ander irriteer?
Naglig
Naglig : Ek stem saam, verblindende ligte in 'n kampterrein is uiters steurend en onsensitief teenoor ander kampeerders. As ek soiets teëkom, sal ek die betrokke persoon op 'n vriendelike wyse versoek om die verblindende ligte asseblief af te skakel. As veiligheid 'n kwessie is, kan 'n gewone, minder steurende lig wel buite aangeskakel gelaat word.
Ek verkies dat alle buite ligte slaaptyd afgeskakel word en sal dan net my buite-alarm aktiveer vir sekerheidsdoeleindes. Hierdie alarm skakel ook 'n lig aan wanneer geaktiveer word
Nagligte ...
Ek kan ook nooit verstaan as mense hulle ligte so stel dat dit ander pla nie. Sit hom dan eerder hoër en laat hy grond toe skyn.
Ek het noe eers n flits nie…
Ek het noe eers n flits nie en weet nie hoekom almal park wil verlig nie
Seker maar vir....
Môre Ski
.....die rondloper diertjies. Mens kry mos in die wildtuin dat wilde dier deur die draad kom en dan snuffel en mens se goed wegdra. Netso gebeur dit in parke wat nie in wildtuine is nie![]()
Musiek
Ek het nog nie steurende ligte ervaar nie, maar kan dink dat dit kan pla. Ek slaan gewoonlik so op dat ons ‘n mate van privaatheid in ons leefarea het, dit maak dalk ‘n verskil?
Wat my egter warm onder die kraag maak, is wanneer mense musiek speel. Ek wil nie na ander mense se bokkie-baby doef doef luister nie. Dit pla my veral wanneer mens in die natuur is, en dis die soort plekke wat ons oorwegend besoek. Ek wil na die see, die voëls/soogdiere of net na die stilte luister - nie na jou musiek nie.
Ek is 100% eens met Chris WH…
Ek is 100% eens met Chris WH wat musiek aanbetref. Daardie raasgat-bure wat ons vir drie aande in Punda gehad het, het ons selfs "vermaak" met CCR- musiek. Ek hou van CCR se musiek (dit was my jongdae-musiek), maar beslis nie in die wildtuin nie. Ek raak sommer ernstig beswaard as iemand sy musiek op my afdwing, maak nie saak waar dit is nie.
'n Paar jaar gelede het 'n oubaas hier in einste Shingwedzi, waar ons tans is, saans sy klassieke musiek geluister en ons moes maar saam luister.
As dit kom by musiek, is…
As dit kom by musiek, is daar 'n maklike oplossing, trip net sy krag, dit is in alle omstandighede steurend vir ander, nie net in kampeer areas nie!!
Lawaai mense: vir my is dit 'n moeilike situasie. Ek het 35% gehoor en my familie het geen keuse as om luidrigtig te klink vir ander nie, my gehoor apparate bring nie 100% gehoor terug nie.
My vrou word kwaad as ek sê dit sou beter wees om totaal doof te wees?
Maar, ek kry die omstaanders wat nie weet van ons probleem nie jammer, party mense gee jou kort kort so vuil kyk, dan moet ek maar altyd loop verduidelik, tot my vernedering.
En ophou kamp gaan ek nie, punt.
As ons kamp, luister ons nie…
As ons kamp, luister ons nie musiek nie, omdat dit te hard gestel sal wees vir die ander mense.
Ons het onlangs die tv probeer, maar jy vrou sê teen die tyd wat ek kan hoor, is dit so hard, ander mense gaan kla, dus luister net sy tv, ek kyk die prentjies en lees maar boek.
Hier is redelk senior mense
Die naweek was hier n groep wat vier tente by onderste staanplekke gestaan het gehoor hier so 16H00 is die musiek vir almal maar vinnig is hulle stil gemaak n swaeltjie en sy vrou kwaai mense ja musiek speel so dat net jy dit hoor
Wessels ek vat maar die kans…
Wessels ek vat maar die kans en loop nog nooit problem gehad nie. Nie eers in die wiltyin nie.
Neem ander in ag!
Ek hou ook nie van harde musiek en ligte nie. Nog ‘n slegte gewoonte van sommige kampers is “hoe later hoe kwater” of harder. Hoe meer hulle kuier en harde hout gooi hoe harder lag die tannies en hoe slegter die taal gebruik... Toe my kinders kleiner was, was dit nogal onaangenaam om te moet verduidelik hoekom die oom hier langs ons so lelik praat... my seuntjie wou sumier hê mamma moet sy mond gaan was met seep... kuier is kuier maar hou in gedagte dat jy jou buurvrou in die oë moet kyk more oggend...haar oë gaan beslis vuur spoeg! Wel myne doen 😀
Tjankende kind
Een van die dinge wat my deesdae die meeste irriteer is n kind wat verveeld is en tjank en die ouers doen of sê niks daarvan nie. Nou onlangs weer by n kamp in KNP gehad. Word 5am wakker met n tjankende kind langsaan....in die aand wil jy rustig om jou vuur sit en die naggeluide van wildtuin hoor, maar dan hoor jy weer heeltyd die tjankende kind.....en ouers sê of doen niks. Mens kon hoor die kind verveel hom dood en die tjank is baie aansitterig en soek aandag.
So verskil ons almal,…
So verskil ons almal, kinders pla my weer glad nie, ja daai skop fietsies kan raas, veral vroeg oggend, maar andersins het ek geen probleme met kleintjies nie.
Ouers wat nie na hul kinders kyk nie, is waar die probleem lê, ons het,ons kinders so besig gehou, hulle het sommer vroeg aand al uit gepas.
Met die kleinkinders is dit ongelukkig nie meer so maklik nie, ouderdom maak ons klaar voor ons die kleintjies kan utput.
Hallo Len. Vertel my asb…
Hallo Len. Vertel my asb meer van jou alarm en die lig wat ook aangaan as alarm afgaan. Waar kan ek so iets koop. Ek is in Durbanville. Dankie
Ook Len is MIA
Die man was so uitgehonger vir sy wildtuin kuier, ons het nog niks van hom gehoor sedert hy daar is nie. Hoekom nie sommer sulke liggies soos hier onder aanskaf nie? Goedkoop, word deur die son gelaai en skakel net aan as daar beweging is. Dit kom ook in ‘n stel van twee, so jy kan een jou wa se linker- en regterkant sit.






Johan ek is op
Ek is op jou page ons het by Buffelspoort gekamp vir drie nagte die ou skuins oorkant ons se wa het vier ligte rondom hom daai goed skyn n gat in n radiator in die hele nag lyk dit soos Elispark innie nag nee dit irriteer die wit waks uit my ook