Deeglikheid
ek glo nie die boute is almal nagegaan nie.
Hulle het my gister gebel om die sleutel te bring, want een van die boute se kop sit in die yskas se laai, en hulle wou die sleutel hê sodat hulle dit kan vashou om onder vas te draai. Dit was die laaste wat hulle moes doen, en ek wou die wa toe sommer haak. Die eienaar het egter gesê hy wil eers self ook seker maak alles is gedoen en die wa was. Ek glo dus hulle was deeglik.
Ek glo ook nie jy hoef jou wa te laat diens voor Kgalagadi nie. Ek sal steeds elke 200km stop en die wa visueel inspekteer en voel aan die bande en hubs. Voor ek vanmiddag ry gaan ek ook self seker maak die wielmoere is reg getorque en die banddruk is reg.
Boute inspeksie
Hello Chris S
My opmerking oor nagaan van boute was ten opsigte van my wa se diens.
Dit klink vir my of jy deeglike diens gekry het, dalk is dit tog die geld werd gewees?
Groete
Ander wiele
Ek wil nie Mnr Slot se bande draad gebruik nie so ek plaas dit sommer hier. Op Gumtree is daar ‘n Everest soos myne in Strand wat afgeskryf is en vir onderdele verkoop word. Hulle wil R6 500 hê vir die vier wiele en wil nie drie aan my verkoop nie. Op die foto’s wat daar is lyk dit of die bande (Goodyear Wranglers) nog heelwat loopvlak oor het. As hulle op die Kavango pas is ek nogal in die versoeking om hulle te koop, want dan het ek twee spaar wiele tussen die Everest en die wa (en ‘n derde as ek dit op die dakrak wil sit). Ek wag egter ook vir ‘n kwotasie om my huis te laat verf...
Waarde vir geld
dalk is dit tog die geld werd gewees
Wessel, ek het verstaan jy praat our jou wa se boute - het sommer net saam gesels.
Ek het darem nou gemoedsrus. Afgesien van die naweek in Yzerfontein en ‘n moontlike langnaweek in Karoo NP oor drie weke is ons volgende sleep waarskynlik die lang pad wildtuin toe. R1 500 vir arbeid en ‘n bietjie ghries is egter baie styf.
Toets voor jy koop
Hello Chris
Dit klink na winskopie, R6500 vir 4 bande en velling!!! Die bande alleen is seker amper R2000 stuk.
Haal gou jou een van jou Everest se wiele af, en pas dit op die Kavango. As die gate ooreenkom, het jy iets om te bedink.
Ek was nogal verbaas toe my wa se vorige eienaar sy 20" "rims" afgehaal het, en op sy koste vir my die 17" rims met nuwe Bridgestone bande opgesit het. Dit wys dat die gate moes presies ooreenkom. Daarom wil ek poog om my huidige bakkie se wiele te laat oorplaas op die nuwe. Dan pas alles weer bymekaar, en ek behou die voordeel van "nie swart" vellings, en gedeelde spaarwiele tussen bakkie en wa.
Gou spring met toets
Chris daai kl8nk na 'n…
Chris daai kl8nk na 'n winskopie, kyk net na die ve4vaardigings datum op die bande.
Ek wens my kar en karavaan kon dieselfde groote bande vat, maar die kar is 17" en die karavaan 14".
Te hoog
As hulle op die Kavango pas is ek nogal in die versoeking om hulle te koop, want dan het ek twee spaar wiele
Die naweek sit ek so in my opvoustoel en kyk na die Everest se wiele. Hulle lyk (en is natuurlik) groter as die Kavango se 15” wiele. Vanwee ons motorhuis deur gaan groter wiele nie werk vir die Kavango nie, want dan sal dit nie meer onder die deur in die motorhuis in kan gaan nie.
Daar spaar ek R6 500
So lyk myne
Middag vriende
Hierdie is sommer om Johann se resep vir foto's laai te toets. Hopenlik kry ek dit reg.
Gaan probeer
Middag Willem
Dankie vir die raad, ek gaan dit prober.
Die voorste ou lyk maar skaam omdat sy maat "hike"
Groete
Nou wat het die bobjaan en…
Nou wat het die bobjaan en die Toyota in gemeen![]()
Foto’s van jou stort asb Wessel
Net voor dit in die ander pype inloop, loop dit oor rollers. Die rollers is in 'n ronding gevorm sodat die pype in die ronding loop oor die rollers. Die materiaal lyk na 'n swaardiens PVC, of dalk Vesconite.
Wessel, as jy dalk hier lees en jou stort gebruik tydens julle Kalahari toer wil ek asb ‘n guns vra. Kan jy ‘n paar foto’s neem van die rollers wat hier bo beskryf word? Ek oorweeg dit om my wa se stort te laat aanpas om ook met rollers te werk. Die pype maak my moeg. By Onrus twee weke gelede het ek nog erger gesukkel as ooit tevore om die stort terug gestoot te kry.
Dankie Wessel
Dankie vir die foto’s. Ek sal bietjie werk aan ‘n plan.
Stort op rollers
Ek het deur die 4x4 forum kontak gemaak met iemand in George wat sy 2010 Kavango ook 2de hands gekoop het. Hy het nie die seil dakkie wat oor die stort kom bygekry nie, en wou een koop by Echo. Hulle wou hom R2 000 vra daarvoor, maar het toe 'n 2de handse deur van 'n nuwer model vir R3 500. Hy het dit gekoop en op sy wa gesit, maar reken dit help nie veel nie - hy sukkel ook om die stort terug te stoot en selfs om dit uit te trek.
Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ek eerder elke paar maande 'n blik spookpiepie gaan koop vir minder as R100, as om R3 500 (of meer) uit te gee daarop om die stort se meganisme te probeer verbeter. Ek sal maar net elke keer voor ek die stort terugstoot daarvan in die buitenste pyp spuit om dit makliker te laat gly.
Enkelbeddens agter in Kavango
Ek was op soek na iets anders toe ek op die slim modifikasie afkom as iemand dalk eerder twee enkelbeddens agter in hulle Kavango wil hê om makliker uit die bed op te staan.





Uitbuiting
Ek het ook tot daardie gevolgtrekking gekom. Dis my eerste woonwa so ek het so effens onseker gevoel oor self diens veral na die rowwe paaie, stof, water en modder waardeur die Kavango is in Kgalagadi in Desember. Toe hulle vir my sê wat hulle gedoen het, besef ek dat ek dit self sal kan doen.