
Ag hoekom nie? 'n Paar vergaderings in KZN kan mos' n potensiele avontuur wees.
Ek en vroulief is vanoggend 5am uit Centurion uit vir my eerste vergaderin in Normandien Newcastle. Môreoggend moet ek weer 10 am inklok in Durban.

Memel koud
Veilig reis. Daar is/was ‘n motorfietsklub in Memel met ‘n baie grafiese naam wat ek nie hier sal tik nie. Hulle het elke jaar in winter die Frozen tottie rally gehou, waartydens hulle kaal op hulle motorfietse deur Memel gery het. Ek dink julle is gelukkig bietjie te vroeg in die seisoen daar om dit te beleef.
Geniet die road trip Anton,…
Geniet die road trip Anton, lekker om werk met plesier te meng.
Seker pap smoor dronk en…
Seker pap smoor dronk en vuur warm van daai snaakse wyn op 'n ander draad genoem ![]()
Frozen tottie rally gehou, waartydens hulle kaal op hulle motorfietse deur Memel gery het.
Ons het laasnag kom tent…
Ons het laasnag kom tent opslaan hier by Queensburgh Karavaanpark. Baie netjies en rustig.. ![]()
Tent opslaan
Ons het laasnag kom tent opslaan
Hoekom “ons” en nie “ek” nie? Gebruik julle kans terwyl die kinders by ouma is.
Ek slaan vannaand hier by…
Ek slaan vannaand hier by Salt Rock tent op.

Daai sit sê baie, geniet dit…
Daai sit sê baie, geniet dit Anton.
Mense. Vanoggend (laas nag)…
Mense. Vanoggend (laas nag) een uur kom daar eweskielik 'n wind op wat vir my en Lolla wakker maak met tentpale wat tot amper teen die grond buig. Die hele kamp was wakker. So teen 3am het dit bedaar. Die ou seil tentjie het homself verbasend goed gedra.
Ons is nou weer veilig tuis…
Ons is nou weer veilig tuis in 'n lekker koel Centurion...
Daar sy nou Anton, bly julle…
Daar sy nou Anton, bly julle is veilig tuis en dit sonder dat die wind julle terug gebring het![]()
Voortrekker ...
Bly julle is veilig tuis na julle winderige nag. 👍





Road trip kus ...
Julle moet veilig ry en terselfde tyd dit geniet.