Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -11 hours ago
Bome omwaai November 2026 Geert -17 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -1 day ago
Hael November 2026 Geert -1 day ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 12/06/2021 - 07:02

More Len

Dankie vir die pad-info.

Ek glo julle is baie dankbaar om veilig by huis te wees. Vat dit nou kalm, ek haal my spreekwoordelike hoed af vir julle manne wat so baie langpad sleep.

Ons sal geduldig wag vir terugvoer met fotos.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 17:11

Letaba :

Soos hierbo genoem, Letaba se hiëgene in die ablusie was teleurstellend en nie tekenend van die Wildtuin se trotse geskiedenis nie.

(1) So lyk die vuil mop waarmee die badkamers "skoon" gemaak word.

.

(2)  So lyk die "brag mop" staander waarin spierwit moppe in die verlede uitgestal is.  Deesdae totaal in onbruik met geen mop in om oor te "brag" nie. :

.

(3) So lyk 'n tipiese stort waarvan die teëls nooit gewas word nie :

.

(4)  Die glasdeur van een van die storte is flenters gebreek en 'n ou gordyn weer opgehang :-

.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 17:26

Die winkel by Letaba is bykans 'n jaar gelede in 'n brand totaal verwoes.  Die muurasie staan vandag nog netso en is 'n seeroog vir toeriste.  'n Tydelike houtstruktuur dien as huidige winkel.

.

.

.

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 17:33

So 'n bietjie afwisseling van die negatiewe stories.  'n Klompie kameelperde wat naby Tsendze oorweeg om oor die laagwater bruggie op die S142 te loop.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 17:48

Baie buffels gesien en hier was die grootste trop  -  ek het probeer tel terwyl hulle oor die pad geloop het.  Op 260 het ek opgehou tel  -  dit was op die S55 by die Lamont-drinkgat noord van Shinwedzi :

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 17:55

Ek het nooit geweet bromvoëls is 'n bedreigde spesie nie.  Oral is plakkate aangebring wat vra vir fotos en details van waar hierdie voëls opgemerk is :-

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 18:00

Die Kuifkoptarentaal is besonders en kom net in die noorde van die Wildtuin voor.  Ons het 'n klompie in Punda Maria raakgeloop.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 18:08

Punda Maria :

Punda se ablusie-hiëgene het ook teleurgestel.  Die skoonmakers is nie behoorlik opgelei nie en kyk gerus hoe lyk hulle werk-vertek agter die een ablusie.  Dis duidelik dat daar geen bestuur en beheer oor hierdie mense is nie.

.

.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 12/06/2021 - 18:18

Sommer so tussen-in :  ons was gesteweld en gespoor tydens ons rit na en van die Wildtuin vir enige rowers wat die karavaan se handrem wou optrek.

.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 12/06/2021 - 18:28

So van die vuil moppe gepraat - ek het by meer as een geleentheid gesien dat dieselfde mop wat by die storte neergesit word, ook gebruik word om die hele badkamer (ingesluit onder die urinale) skoon te maak. Praat van onhigiënies!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 12/06/2021 - 20:42

Ai dit is hartseer dat twee verskillende mense die selfde teleurstellende ondervindings op die eens pragtige oorde moet beleef, en die ergste is, dit gaan baie baklei vat om dit dalk reg te kry.

Bottom line, Len ons is bly julle is veilig terug, al was dit, in my gedagte, baie vinnig verby, kan amper nie glo hoe gou jul tyd om gesnel het nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 12/06/2021 - 21:13

Baie dankie vir die terugvoer.

Ja dit is baie hartseer om dit so in die voorheen gesogte kamp plekke te sien.

Welkom tuis, bly julle is veilig.

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Sat, 12/06/2021 - 21:20

Jammer om te hoor van al julle teëspoed, Len. Dankbaar julle is veilig tuis, nou kan jy alles op jou tyd aanspreek en regsien. 

Wat betref die toestand in die park het ons al oor gesels en dis hartseer dat die eens premium klas akkomodasie en geriewe so verwaarloos word. Die uiteinde van die toestand wil mens liewer nie aan dink nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 13/06/2021 - 09:12

Hier is my bewys dat ons eers by Koos en Irene Mol in Nelspruit gekuier het voor ons Wildtuin toe is.  Die foto is geneem deur die 101-jarige ma van Koos  -  'n verstommende tannie !

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus