Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -35 minutes ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -8 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -9 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -10 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -12 hours ago

Nou gaan ons BRAAI

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Dit is langnaweek en Sondag is Nasionale Braaidag.   Weliswaar Erfenisdag maar ek verkies om dit as Nasionale Braaidag te vier.    

Ons het so min om te vier, so wie gaan vir Jan Braai luister en braai?   En wat gaan jy braai?  As jy by 'n kamp gaan braai, is jy baie gelukkig, ons ander sal dit by die huis moet doen.  Trotseer die vleisrakke, haal maar 'n paar ekstra rand uit en gaan koop iets lekker om te braai.

Ek dink aan 'n vet lamsribbetjie, lank en stadig gebraai.  Lekker dik boerewors en hoender sosaties met 'n behoorlike peri peri sous daarop.   'n Lekkerste braaibroodjie en miskien 'n slaai of twee.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 22/09/2017 - 08:11

Kyk, ons gaan ook braai. Maar soos julle gesien het, ons is mos baie arm, sal dus naar so stukkie maal vleis op die kole gooi.?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 22/09/2017 - 10:38

Gaan rumsteak en wors braai brood bak en musroom sous maak vir steak sondag Johann ek braai namens jou ook mater

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 23/09/2017 - 06:35

As ek na die draad kyk gaan min braai Freda so ek sal sondag vir julle almal braai gaan groot en geniet

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 23/09/2017 - 06:40

 sal dus naar so stukkie maal vleis op die kole gooi.?

Johann jy kan die maalvleis in ou sykouse stop en dan vorm en plat druk dat dit amper soos tjops lyk...

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 24/09/2017 - 06:49

Vandag braaidag ek by werk tot 17H00 dan braai die mollers van Secunda. Ek hou julle dop via satellite so braai moet daar gebraai word

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 24/09/2017 - 06:57

Ons het gisteraand gebraai, Skaap tjops, duk boerewors, vark ribbers, braai broodjies, aartappel slaai, mengelslaai en chocolate pudding.

Vandag maak ek potjieskos -  ... en hier by my is dit soos braai!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 24/09/2017 - 07:38

Voortrekker, Jan Braai sê alles wat jy oor kole doen, is braai.   So potjie is ook braai.  Ons gaan by Colin se seun in Uitenhage braai.  Geniet jul braaidag!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 25/09/2017 - 06:36

Het gebraai so net na 17H00 braai vleis geloop met n lekke Berdien slaai hoe was jou braai

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 25/09/2017 - 09:04

Ons was drie pare bymekaar en almal het vleis bygedra en gedeel.  Daar was omtrent 'n verskeidenheid.   Die weer was heerlik, ons het heeldag op die stoep kon sit en het lekker gesels, gelag en geëet.

Oppad na die braai stop ons by 'n Chinese winkel nie vêr van ons huis om lekkers te koop vir Colin se kleinkinders.   Ons ken die Chinese al goed, die man en vrou is tog te gaaf en baie gewild onder die mense.   Ek noem toe aan haar ons gaan braai by die kinders en dat dit Nasionale Braaidag is.   " Oh, but everybody come come dis morning, dey buy buy all de wood all de charcoal, all finished nows.   I think because nice day, no know about braaiday".

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 15/02/2019 - 22:18

Ek het lus geword vir VARK, toe kry ek 3 vark fillets in een pak.

Myne met Mosterd gesmeer en gebraai toe genit ek dit saam met lekker Lanvewoof se Pepper Ssuce.

Was dit nou lekker !!!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 16/02/2019 - 08:48

.................as ek na die spelling en jou tikwerk hierbo kyk, neem ek aan jy het ook ietsie gevat.  Ek hoop nie jy het na die braaiery ook geverf nie !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 16/02/2019 - 14:37

Ek en my een klein seun gister aand lekke gebraai en net gebond ja julle kom steek daai vure aan

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus