Dit is langnaweek en Sondag is Nasionale Braaidag. Weliswaar Erfenisdag maar ek verkies om dit as Nasionale Braaidag te vier.
Ons het so min om te vier, so wie gaan vir Jan Braai luister en braai? En wat gaan jy braai? As jy by 'n kamp gaan braai, is jy baie gelukkig, ons ander sal dit by die huis moet doen. Trotseer die vleisrakke, haal maar 'n paar ekstra rand uit en gaan koop iets lekker om te braai.
Ek dink aan 'n vet lamsribbetjie, lank en stadig gebraai. Lekker dik boerewors en hoender sosaties met 'n behoorlike peri peri sous daarop. 'n Lekkerste braaibroodjie en miskien 'n slaai of twee.
Kyk, ons gaan ook braai…
Kyk, ons gaan ook braai. Maar soos julle gesien het, ons is mos baie arm, sal dus naar so stukkie maal vleis op die kole gooi.?
Braai Freda
Gaan rumsteak en wors braai brood bak en musroom sous maak vir steak sondag Johann ek braai namens jou ook mater
So kyk Freda
As ek na die draad kyk gaan min braai Freda so ek sal sondag vir julle almal braai gaan groot en geniet
sal dus naar so stukkie…
sal dus naar so stukkie maal vleis op die kole gooi.?
Johann jy kan die maalvleis in ou sykouse stop en dan vorm en plat druk dat dit amper soos tjops lyk...
Shaun, dis reg so, ons braai…
Shaun, dis reg so, ons braai maar namens almal.
My vleis is reg vir more.
Toemaar, ons sal julle join,…
Toemaar, ons sal julle join, braai so 3 uit elke 4 dae.
Braai julle?
Vandag braaidag ek by werk tot 17H00 dan braai die mollers van Secunda. Ek hou julle dop via satellite so braai moet daar gebraai word
Ons het gisteraand gebraai,…
Ons het gisteraand gebraai, Skaap tjops, duk boerewors, vark ribbers, braai broodjies, aartappel slaai, mengelslaai en chocolate pudding.
Vandag maak ek potjieskos - ... en hier by my is dit soos braai!
Voortrekker, Jan Braai sê…
Voortrekker, Jan Braai sê alles wat jy oor kole doen, is braai. So potjie is ook braai. Ons gaan by Colin se seun in Uitenhage braai. Geniet jul braaidag!
Hoe was braai
Het gebraai so net na 17H00 braai vleis geloop met n lekke Berdien slaai hoe was jou braai
Lekker bees potjie gemaak…
Lekker bees potjie gemaak met 'n blik kondesemelk in, vingerleklekker, om dit af te rond, lekker malva nagereg.
Mango hoenderpot gemaak. Ek…
Mango hoenderpot gemaak. Ek gaan nou nou weer vuur aansteek en BRAAI
Lekker gebraai
Ons was drie pare bymekaar en almal het vleis bygedra en gedeel. Daar was omtrent 'n verskeidenheid. Die weer was heerlik, ons het heeldag op die stoep kon sit en het lekker gesels, gelag en geëet.
Oppad na die braai stop ons by 'n Chinese winkel nie vêr van ons huis om lekkers te koop vir Colin se kleinkinders. Ons ken die Chinese al goed, die man en vrou is tog te gaaf en baie gewild onder die mense. Ek noem toe aan haar ons gaan braai by die kinders en dat dit Nasionale Braaidag is. " Oh, but everybody come come dis morning, dey buy buy all de wood all de charcoal, all finished nows. I think because nice day, no know about braaiday".
Ek het lus geeord vir VARK,…
Ek het lus geword vir VARK, toe kry ek 3 vark fillets in een pak.
Myne met Mosterd gesmeer en gebraai toe genit ek dit saam met lekker Lanvewoof se Pepper Ssuce.
Was dit nou lekker !!!
Willem..............
.................as ek na die spelling en jou tikwerk hierbo kyk, neem ek aan jy het ook ietsie gevat. Ek hoop nie jy het na die braaiery ook geverf nie !
Ja, sjoe Willem, dit lyk of…
Ja, sjoe Willem, dit lyk of jy daai tyd van die aand skeel kyk.![]()
Het gister aand
Ek en my een klein seun gister aand lekke gebraai en net gebond ja julle kom steek daai vure aan
Len, ek het ook daai selfde…
Len, ek het ook daai selfde gedagte gekry, so vark tjoppie met bietjie meer aap sap😂





Braai sal braai, weet nog…
Braai sal braai, weet nog nie wat nie, maar ek braai sommer die hele naweek!