Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -27 minutes ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Tank Buddy

Benoni
Submitted by fkleijnhans on
Forums

Goeie Môre ,

is daar enige iemand op die forum wat n Tank Buddy sisteem op sy water tank gebruik? Dit lyk baie oulik , maar is duur.

Is daar ander soortgelyke produkte wat dalk goedkoper is?

hoor graag van julle

Attachment Size
Liquid Level Controler 715.52 KB
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 25/10/2021 - 11:51

Wat se karavaan het julle ?

Ek het destyds vir my 'n 12v solinoid valve ingesit wat oop maak as die water vlak laag is en toe maak as hy vol is.  Ander het 'n klein meganiese "ball valve" in gesit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 25/10/2021 - 12:27

Ons het 'n TankBuddy wat eintlik 'n baie oulike produk is, mits die betrokke oord beskikbare kraanwater het.  Stem saam, dis duur  -  ek is gelukkig, het myne in 'n kompetisie gewen.

Ek aktiveer net ons TankBuddy wanneer ons stort in ons Exclusive en verder ontkoppel ek die stelsel van die oordkraan  -  dus, deur die dag gebruik ons net die water in die Exclusive se eie tenk.

Ek het gevind die watertenk moet eers sonder die TankBuddy volgemaak word en daarna hou die TankBuddy die watertenk vol.

.

0
Benoni

fkleijnhans

Mon, 25/10/2021 - 13:26

Dankie Len. Ek oorweeg dit sterk om een te koop. Ek het al probleme met air locks gehad as die tanks leegloop.  
is daar enige soortgelyke produkte op die mark? 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 25/10/2021 - 18:10

Ek weet van geen ander soortgelyke produkte op die mark nie.  Maar soos Willem hierbo uitgewys het, is daar ouens wat hul eie stelsels ontwerp het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 25/10/2021 - 19:11

Met my "ou lady" (dit is nou my karavaan) het ek nie nut vir 'n 'tank buddy'. Ek verneem dat diegene met waens met 'n watertenk wat oor 'n 'tank buddy' beskik, dit 'n baie handige apparaat vind.

Maar o wee, ek was al gefrustreerd met sommige kampbure wie se 'tank buddy' op die mees ongeleë tye daardie kenmerkende geraas maak - veral soggens as ons nog lus is vir 'n bietjie inlê en jy word donker-oggend daardeur wakker gemaak. Ek het eenkeer in die Karoo Nas Park my die gramskap van my kampbuurman op die hals gehaal toe ek hom (na my mening) vriendelik en diplomaties gevra het of hy eers later in die dag die 'tank buddy' kan gebruik. 

Maar ek glo dit is 'n fantastiese apparaat vir diegene wat so-iets kan gebruik. Neem net jou bure in ag.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/10/2021 - 14:19

Skies ek weet nie of ek met Hom of Haar praat nie. wink

Soos ek genoem het kan jy 'n gewone "level valve" in sit sou die tenk dik genoeg is.

.

.

Of soos wat ek op die Exclusive het, die elektroniese een met 'n 12v "solenoid valve"

Hier is skakels na 'n web bald vir "solenoid valve" klik net op hom.

 Ek het die pdf van die "Liquid Level Controller" op jou oorspronklike plasing aangeheg, maar hier is ook 'n skakel na ACDC toe.  Ek sien STEP Building Supplies sin is goedkoper. 

Dit is baie maklik om dit te installeer, die "controller" het een draad vir die "earth" wat altyd die water moet raak en dan een vir "Bo" om die klep toe te maak en een "laer af" om die klep oop te maak.  

Die volmaak pyp koppel bo op die tenk (as jy die "solenoid valve foto vergroot sal jy aan die onderkant sien waar die klamp is waar die pyp gekoppel is)  As ek reg onthou is dit die tenk se "breather" pyp.

Hierdie is waar ek die tuinslang koppel na die tenk.

.

Hierdie is die "solenoid valve"

.

Dan om die klagte van ander kampers wat ook die kraan wil gebruik te oorkom, sit ek hierdie aan die oord se kraan en daar is steeds vir die ander 'n kraan beskikbaar vir hulle gebruik met 'n tuinslang koppeling.

.

Vir die koppeling aan die oord se kraan het ek eers die plastiek "Gardenia "Y splitter" gebruik, maar stout kinders het hom gebreek.  Dit is toe ek besluit het om eerder 'n stuk tuinslang met Brass koppelings te gebruik, ek het 2 opgemaak wat verskillende grotes het om aan die oord se kraan te koppel.  Dan strap ek myne aan die oord se kraan pyp vas sodat daar 'n kraan altyd beskikbaar is vir ander gebruikers. (Ek het ook 'n lang pen [paal] wat ek by die oord kraan inslaan waaraan ek my kraan vasmaak sou die oord kraan moeilik is). 
Die blink S/S ding onder die kraan is 'n "Pressure Reducing Valve" wat ek by die huis gestel het op 1 Bar dit hou my tuinslang dan op 'n maksimum druk van 1 bar om te voorkom dat die koppelings los kom van te hoë druk.  (Ek het hom by SA Plastikor in  Pta.Noord gekoop) of Google dit net.

Hoop die inligting is van waarde.

Sterkte.

0

Sjoe Willem, dis n baie gedetailleerde bes kry wing. Baie dankie! Dink ek sal dalk die roete moet volg. 
 

Die probleem wat ek nou het is dat die inlet cap nie in n 3 prong cap kom nie, slegs bayonet en skroef draad. My water inlet

0
Centurion

G-Jan

Thu, 18/09/2025 - 14:26

Oor Tank Buddy,

Ek verneem dat daar 'n soortgelyke produk beskikbaar is. Dis nou Top-It-Up wat dieselfde werk as die Tank Buddy. Daar is ook verskeie prope beskikbaar vir seker elke karavaan. Die prope is van aluminium wat virseker baie lank sal hou. 

Moet sê dat ek reeds 'n paar in die karvaan parke sien soos ons kamp.Top-It-Up fotos

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus