Môre sê.
Ek sien trokke blokkeer weer die N3 op Van Reenenspas.
Seker te doen met dreigemente om te staak oor die hoë brabdstofpryse.
Sal hulle nooit leer dat hulle niks sal bereik nie
Wessel ek stem saam! …
Wessel ek stem saam!
Terloops jy was seker baie lanklaas by die Uniegebou, daai eens pragtige tuine is niks van oor nie!
Wat maak mens
Môre vriende
Ek kyk vanoggend na die video op die nuus, hoe die N3 versper was. Onwillekeurig dink ek toe aan;
1] wat maak mens as jy met woonwa en al, direk agter die eerste 3 trokke is. Gaan hulle jou laat verbykom?
2] Wat as die latere trokke jou vastrek, toemaak agter jou.
3] Kan mens waag om 'n U-dtaai te maak, en teen die verkeer in terug te ry.
4] Probeer mens oor die middelste stuk grond ry om saam met teenoorgestelde verkeer te ry.
5] Of, sit mens maar die kantseil op, haal die braaier uit en begin kampeer.
6] Wie het 'n tenkvol water en eetgoed om 24 uur tussen trokke re oorleef.
Wat sal julle maak?
Wat sal ek maak ?
Ek ry gelukkig nooit weer die N3 KZN toe nie dus hoef ek nie paraat te wees nie !
Grappies op 'n stokkie - ek sal maar probeer omdraai met my kombinasie en al. Selfs al moet ek afhak en met die "movers" die wa omdraai,





Buitelanders wat werk het
Ek vermoed dit gaan steeds oor die feit dat baie uitlanders werk as trokdrywers het, bo plaaslike inwoners.
Ek raak skoon skuins beneuk as mense ongelukkig is en dan my vryheid van beweging aan bande lê. As ek wil see toe ry, wil ek in veiligheid, onbelemmerd beweeg.
Hoekom trek hulle nie 'n laer van trokke by die Uniegebou nie, ry daai tuine alles tot pappery, dan hoop ons hulle saak kry aandag.