Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Amper... Springbok rugby Rona du Plessis -1 minute ago
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -2 hours ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -12 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -13 hours ago

Die Ekologie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn,  dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.

Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
 

Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly. 
 

Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar. 

Attachment Size
Alles oor weerlig 562.44 KB
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 09/06/2021 - 11:39

Dalk onthou julle die trofiese piramide. Ek som dit kortliks op (nie wetenskaplik korrek nie). Die basis van ‘n ekosisteem soos die Kruger wildtuin is grond. Laasgenoemde kom natuurlik van die verweer van rotse, en die aard van die rotse bepaal watse soort grond vorm. Die soort grond in kombinasie met die klimaat bepaal watter plantgemeenskap ontwikkel, en dit bepaal tot ‘n groot mate watter diergemeenskap ontstaan. Die trofiese piramide het die plantegroei as basis, herbivore op die volgende vlak en karnivore op die volgende vlak. Elke vlak is kleiner in omvang as die vorige, omdat daar ‘n verlies aan energie is elke keer wat ‘n organisme ‘n ander organisme eet. So is dit logies dat die biomassa van die herbivore nie meer as die biomassa van die plante kan wees nie, en die biomassa van karnivore nie meer as die van herbivore nie.

 

Nou kom ek terug na insekte. Afgesien van belangrike werk wat insekte soos bye, vlieë, miere en termiete doen om bv blomme te bestuif, afval af te breek en dooie plantmateriaal te hersirkuleer is hulle ook ‘n belangrike bron van voedsel. Daar is verskeie soogdiere wat insekte vreet en selfs uitsluitlik op insekte voed. Aardvarke en aardwolwe vreet bv net termiete. Uit die aard van die saak is insekte laer op die trofiese piramide as wat die diere is wat hulle vreet, en het dus ‘n groter biomassa. As ek reg onthou is daar ongeveer 60 000 verskillende spesies insekte in die Kruger wildtuin, en hulle gesamentlike biomassa is baie meer as die van al die soogdiere saam. As mens net dink dat daar ten minste 20 000 olifante, 37 000 buffels, 24 000 sebras en 133 000 rooibokke in die wildtuin is gee dit jou ‘n idee van hoe reuse massa insekte daar moet wees.

 

Die termiete is een van die insekspesies met die grootste getalle, en meeste van hulle spesies sien ‘n mens nie bo die grond nie, mens sien net hulle hope. Die sg stokkiesdraers is die enigste spesie wat deur die dag ook bo die grond is, en hulle bou nie hope nie maar leef in tonnels onder die grond. Ek raak meegevoer as ek oor termiete begin praat, want hulle is vrek interessant. Ek sal ‘n ander dag meer van hulle vertel.

 

Insekte word natuurlik nie net deur ander diere gevreet nie, maar ook deur mekaar. Mnr Boucher se vertelling en foto van die vangs wat hulle in Berg-en-Dal gesien het, het my laat besluit om iets oor insekte te skryf. Die insekwêreld is ook baie gewelddadig. Kyk nou maar hoe daardie bidsprinkaan die vlieg gryp met pote met weerhake aan, en dit lewendig begin vreet met skerp kake. Dis enige dag net so gewelddadig soos ‘n leeuvangs, net met minder geraas, stof en bloed. Soos almal weet vreet insekte soms ook hulle eie spesie en selfs hulle eie maats. Die bidsprinkaan is natuurlik ‘n sprekende voorbeeld, waar die wyfie die mannetjie dood nadat hulle gepaar het. Ander geleedpotiges soos spinnekoppe doen dit ook.

 

Julle het seker al die Matabele miere gesien in die Kruger wildtuin. Dis daardie groot swart miere met die groot knypers. Hulle is van die termiete se grootste vyande. As jy so mier alleen sien rondloop is dit na alle waarskynlikheid ‘n verkenner. As so verkenner ‘n bron van voedsel vind gaan dit terug na die nes en laat ‘n feromoonspoor wat hulle kan volg nadat hy sy makkers gaan haal het. Julle het moontlik al gesien hoe die miere in ‘n lang kolom oor die pad of in die pad loop in die wildtuin. As hulle niks dra nie, is hulle oppad na ‘n strooptog. Hulle val termiethope in, dood termiete en dra die dooie termiete, lg se eiers en lewendige termiete wat gevange geneem word terug na hulle nes. Kyk as jy weer so kolom sien of hulle die termiete (gewoonlik so ligte rooibruin kleur) en hulle wit eiers dra. Miere en bye is in dieselfde orde;Hymenoptera, en die Matabele miere se byt is amper so seer soos ‘n bysteek. Hulle besit ook ‘n angel wat hulle kan gebruik om soos ‘n by te steek. Ek weet, want dit het al met my gebeur.

 

As jy die miere optel skei hulle ‘n tipe suur af wat sleg ruik en roofdiere afsit. Hulle sal jou ook probeer byt en steek as dit nie werk nie. Ek het hulle altyd opgetel sodat my gaste hulle reuk kan kry en kan sien hoe hulle van naby lyk. Ek was versigtig om hulle weerskante van die lyf te vat sodat hulle my nie weer kan steek of byt nie. Een dag op ‘n staptoer in Botswana tel ek weer een op, en hou dit netjies tussen my duim en wysvinger vas. Die mier het nie daarvan gehou nie, en dit reggekry om sy kop ver genoeg te draai om my duim te byt. Sy kake het deur die dik velletjie aan die kant van my nael gegaan en ek het hom gegooi dat hy daar trek. Na die tyd het dit nog ‘n hele ruk gebrand. Daarna het ek hulle liewer versigtig met my Leatherman se tang opgetel. 

 

Nog ‘n wrede kalant is die perdebye wat spinnekoppe jag. Die grotes is so blink donkergroen kleur en klink amper soos ‘n klein helikopter wat verbyvlieg. Ek is seker julle het hulle al waargeneem. Hulle steek ‘n groterige spinnekop en verlam dit. Ek het al meer as een keer gesien hoe een ‘n reenspinnekop wegsleep. Hulle dra of sleep dan die spinnekop na ‘n moddernes of gat in die grond wat hulle klaar voorberei het. Voor die spinnekop toegemaak word, word ‘n eier in die spinnekop gelê met ‘n lêboor. Die spinnekop leef nog, maar is verlam en kan nie wegkom nie. Wanneer die eier uitbroei het die larwe ‘n lekker vars maaltyd. Dis sekerlik net so wreed as ‘n trop wildehonde wat soms ‘n rooibok uitmekaar begin trek voor dit nog dood is. Maar dit alles handhaaf die balans in die natuur wat net deur ons versteur word. Mens moet tog maar onthou dat al die diere – spinnekoppe en miere ingesluit – ‘n belangrike werk het wat hulle doen en hulle nie onnodig doodmaak nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 09/06/2021 - 12:45

Dankie Chris S, nog 'n baie interesante vertelling wat mens help om die werking en belangrikheid van die ekesisteem te verstaan. Dit bevestig net: dood net dit wat vir voedsel geteel is!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 15/10/2021 - 12:49

Ek het lanklaas iets hier geplaas, en dis tyd dat ek die gesprekslyn weer aan die gang kry. Ons het al elders op die forum gesels oor die meriete van die omheining van bewaarde gebiede. Ek het op die artikel afgekom op Africa Geographic, wat ongelukkig net vir lede van hulle klub is. Ek kan nie onthou hoe ek 'n lid geword het nie, ek dink dit was 'n openingsaanbod. Ek het die artikel hier probeer plak, ek hoop dit bly leesbaar. 

Human-wildlife conflict

 

Conservationists working throughout Africa have recently engaged in a fascinating debate about how best to conserve wide-ranging wildlife, such as lions. The debate centred on a single important question: should protected areas in Africa be fenced? As human populations on the continent continue to increase, this timely debate provides food for thought as we contemplate the future of Africa’s wildlife under growing human pressure.

The debate centres around lion conservation, yet has important implications for many other wildlife species. As Africa’s largest predator, the lion is seen as a key species for conservation. Because they roam over large areas, require large numbers of prey, and are especially feared by humans, it appears that if we can conserve lions effectively, then we can conserve their associated ecosystems and a host of other species. I present the cases for and against fencing, as expressed by Africa’s top predator conservation scientists, and look into some of the implications of this debate for Botswana.

 

block.images[0].filename

Fences separate community land from protected areas

The case for fencing

 

In 2013, Craig Packer and 57 other scientists put forward a compelling case for fencing large protected areas to protect the lions living within them. By examining lion populations in 42 protected areas in 11 countries, they concluded that lions were better protected in fenced, rather than unfenced, areas. In the absence of fences, lions leave protected areas and are frequently killed by people living outside the reserves. People and their livestock are also more likely to enter reserves in search of resources. This problem is exacerbated when there are many people (and livestock) living close to protected areas.

Besides providing better lion protection, they argue, fenced protected areas require only a quarter of the money needed to manage unfenced areas. Although the initial costs of predator-proof fences are high, the fence will eventually pay for itself through savings made by not having to deal with lions and people intermingling near unfenced borders. They conclude that the long-term future of lions will be more easily secured if current protected areas that encompass complete ecosystems are fenced.

 

block.images[0].filename

A bushbuck remains safe from human beings inside a protected area

The case against fencing

 

In response to the case for fencing, Scott Creel and 54 others pointed out that many of the fenced protected areas that Packer et al. included in their review were small. These small, fenced areas may contain many lions for their size (in several cases more lions than they can actually sustain), but the actual number of lions conserved in these areas is relatively tiny. Meanwhile, the large, unfenced protected areas were home to many more lions, living under more natural conditions.

Going beyond counting lions, Woodroffe and colleagues argued that there are many other negative aspects of fencing that must be borne in mind. Breaking up formerly continuous natural areas and preventing large-scale movement of herbivores were their main concerns. The scientists on this side of the debate advocate focusing on strategies to help local people living near unfenced protected areas to co-exist with wildlife.

 

block.images[0].filename

Cattle and wildlife interact on the borders of unfenced protected areas

Fencing in Botswana

 

In Botswana, two recent studies support the argument against fencing national parks.

Kesch and colleagues examined a fence that keeps wildlife away from a key resource – in this case, water from the Boteti River that flows just outside the Makgakgadi Pans National Park in central Botswana. They found that elephants and digging animals (e.g. aardvarks) played havoc with this fence, especially during the dry season when water is scarce. The resulting breakages and holes allowed other animals, including lions and cattle, to move through the fence unhindered. They conclude that fences should be placed such that elephants do not need to cross the fence to access water, and that a fence is only as effective as its maintenance budget allows.

On a larger scale, Cushman and colleagues examine the potential effects of erecting fences in the Kavango-Zambezi Trans-frontier Conservation Area (KAZA), which includes the Okavango Delta and Chobe National Park. Using a “what if?” scenario, they look at how completely fencing protected areas that are part of KAZA would affect the lion population in the region. The result? Fencing would create isolated ‘islands’ of lion habitat, thus reducing genetic exchange between lions in these areas and leaving them vulnerable to local extinction.

They recommend creating ‘corridors’ between protected areas, which will allow wildlife to move freely from one area to another and still avoid local human settlements. These strategically placed corridors could either be fenced or designated as unfenced protected areas, thus providing wildlife moving through them with official protected status.

 

block.images[0].filename

Fences protect agricultural land from the deprivations of wildlife

Conclusion

 

Like most conservation issues, the fencing debate is complex, and there are good arguments on both sides of this philosophical fence. Conservation managers should carefully consider the costs and benefits of fencing on a case-by-case basis before either erecting or removing a fence. Such decisions should not be taken lightly, as the future of lions and their ecosystems depend on them.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/10/2021 - 13:28

Chris S, dankie vir die nuutste leesstof oor omheining van wildparke.

Uit die aard van die saak is ek geen kenner op hierdie gebied nie, maar ek het in so 'n geval 'n uitkyk op die lewe om na die standpunte van die meerderheid wetenskaplikes oor 'n onderwerp te luister en dan my eie gevolgtrekking te maak aan watter kant ek as 'n leek, my wil skaar.  Byvoorbeeld die storie om in te ent of nie of die kritiek om kunsmatige waterbronne in die Wildtuin af te seël of nie.

Netso het ek besluit om die gedagte dat bewaringsareas eerder omhein moet word, aan te hang.  Veral in die Kruger Wildtuin se geval waar menslike nedersettings reg rondom die Wildtuin voorkom en dit konflik tussen mens en dier tot gevolg het.  Stropings en veral die hordes en hordes strikke wat gestel word sal beslis verminder word as die grensdrade instand gehou en gereeld gepatroleer word.  Die verwydering van die oostelike grens met Mozambiek het na my mening baie meer nadelige gevolge gehad as die positiewe gedagte dat wild makliker kan rondbeweeg.

Dis maar hoe ek oor die saak voel en sal graag na ander standpunte ook wil luister.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 18/10/2021 - 11:12

Die artikel wat ek geplaas het fokus meerendeels op die bewaring van leeus. Uiteraard is leeus en mense nie goeie bure nie, veral waar vee betrokke is. Vir leeus (en ander diere) se bewaring in ‘n reservaat soos die Kruger wildtuin glo ek ook ‘n heining is noodsaaklik. Soos die een mening in die artikel noem, is ‘n heining egter net so doeltreffend as die begroting om dit te onderhou. 
 

Daar is baie ander reservate in Afrika waar bewaring redelik effektief plaasvind sonder heinings (bv South Luangwa in Zambië), maar dis nie in sulke dig bevolkte gebiede nie, en gereeld waar tsetse vlieë boer met vee bemoeilik of onmoontlik maak. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 05/12/2021 - 16:16

Hier by ons sien ek somtyds sulke swart stofkolle wat beweeg. Die gediertjies is te klein om met die blote oog waar te neem. Vanoggend kry ek n hele "skool" van hulle op die plaveisel en hou toe so stukkie helder kleefband bokant die klomp totdat van hulle hulself vas-spring.  Beste vergrootglas is n Loupe, word in fotografie gebruik en kon toe sien wat se ougat gedroggie van minder as 1mm lank.  Gelukkig ken ek paar goeie kundiges, en dit is Collembola.

Nou ja, dit is nie n Leeustorie nie, maar die gediertetjies speel n baie belangrike rol in die grondekologie.

Is die dingetjie nie te pragtig nie.

gogga

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 05/12/2021 - 17:15

Herman, mag ek vra : watse rol speel hierdie gedroggie in die ekologie ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/12/2021 - 08:04

Dankie vir die deel hiervan Oom Neef. Dis vrek interessante en vrek oulike diertjies. En ek hou van die skaal liniaal. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/12/2021 - 10:23

Kyk net daardie "camouflage" kleure.

Ken iemand hierdie kêreltjie? Ek het dit in die Karoo Nasionale Park afgeneem (in die ruskamp). Dit is ongeveer 5 - 6 mm lank. Dit lyk amper soos 'n monster-grootte rooispinmyt.

Karoo

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/12/2021 - 10:54

Dankie Chris WH. Dit is dus 'n myt. Ek het nie geweet dat myte so groot kan word nie. Dié paar soorte wat ek ken, wat plae op gewasse is, is bykans almal die grootte (dalk 'n klein bietjie groter) as "Neef se gedroggies".

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/12/2021 - 11:23

Volgens die skakel van die LNR wat ek hier bo geplaas het is daardie myte nie ‘n plaag nie. Hulle word inteendeel as voordelig gesien. Nogal mooi met die helder rooi fluweel ook. 
 

A

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 06/12/2021 - 11:32

Chris B verwys na wat ons "Rooispinnekop" noem. Dit is n erge probleem , as hulle vastrap gekry het is dit net chemie wat hulle kan beheer.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/12/2021 - 12:43

As gewese gifsmous ken ek as't ware maar net rooispinnekop, tweekolmyt en Europese rooimyt. Dit is waar wat Chris WH sê - hierdie helderrooi fluweelmyt (my vertaling) is inderdaad mooi.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 06/12/2021 - 14:23

Voorskool toe ons in Misiena se Blikkiesdorp gebly het was daar ook sulke rooi verweel goetertjies gewees wat on die reën goga genoem het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus