Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -10 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -18 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -18 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -19 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -20 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -22 hours ago

Die Louw's se Desember 2021 Diamant Kus toer

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Toer

En so kan ek rustig sit met my beker koffie na ons eerste nag se kamp hier by Port Nolloth.   

Ons het die 14de Desember besluit om die pad weswaarts te vat en weer 'n onbeplande toer met geen besprekings aan te pak...

Ons het gistermiddag so teen 2pm hier aangekom nadat ons oornag het by Keimoes se Punt karavaanpark.  

Aangesien dit nou piek tyd is kon hulle ons net 3 nagte aanbied om hier te kamp, want die 31ste is dit glo propvol hier by Port Nolloth se Mc Dougal Bay karavaanpark.  Ook maar goed so, want ek dink nie ek wil in die midde van deur die nag se kuier hier kamp nie en soek eerder rustigheid.  Ons sal in die volgende 2 dae besluit waarheen ons sal gaan op dien 30ste.

Die kinders speel heerlik op die strand en die hek wat toegang bied daartoe is so 50m van ons staanplek af.  

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 29/12/2021 - 06:16

Punt

Hierrbo staan ons by Punt karavaanpark in Keimoes.  Dit is baie eenvoudig maar netjies en baie mooi.  Dit is geleë op die punt van een van die groot eilande.  Hier is die skokkende gedeelte: Ons het slegs R150 betaal vir die nag se kamp!

Vannaf Keimoes gery tot op Springbok waar ek weer brandstof ingegooi het.  Ons het darem vinnig op Pofadder gestop om ietse te ete te kry en tussen Pofadder en Aggeneys langs die pad gestop om bene te rek en te eet...

Padkos

En so lyk ons kampie hier by Port Nolloth, en met kinders wat in die see baljaar.

Port Nolloth

Port Nolloth

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 29/12/2021 - 06:36

Ek heg hieronder 'n youtube video aan van ons kamp by McDougalls Bay in Port Nolloth

video
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 29/12/2021 - 06:55

Dit is 'n deel van ons land wat ek glad nie ken nie. Dus - jy kan maar laat waai met verslae en foto's.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 29/12/2021 - 07:06

Môre Anton

Ek lees in die Weg-sleep, Junie 2020 dat genoemde staanplekke is teen die strand. Soms met hoogwater stoot die see bo-oor die plekke.

Het jy dalk al in Warren vasgeloop, die ou is ook daar in die geweste, langs die Oranje

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 29/12/2021 - 15:03

Juple moet die geniet volhou, lekker.

Onthou om vir my paar van daai blink klippies saam te bring om 2022 net beter te maak. 😉👍

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 30/12/2021 - 10:15

Dit doen Len, het hom gesien toe hy hier by my was toe hy die snorkel laat op sit hie naby my.   Lyk soos 'n nuwe mens 🙎‍♂️

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 31/12/2021 - 16:25

Hierdie twee krimpies (ek skat hulle naby aan 8o) het gister hier aangekom en net die blou speelgoed tentjie opgeslaan en twee opvou stoele en ‘n opvou tafeltje uitgesit. Vanoggend het hulle weer opgepak en het toe aan beweeg.

A

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 31/12/2021 - 19:57

ons het vanoggend so teen 9am uit Port Nolloth gery en besluit om noordwaarts na Alexanderbaai te ry.

alex

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 31/12/2021 - 21:40

Krimpie is ‘n troetelnaam vir ‘n bejaarde. Ek is baie lief vir bejaardes want hulle is wys en hulle waardeer dinge. Ek het my laaste drie jaar in toerisme net bejaardes (die meerderheid oor 70 en die oudste 87) op toer gevat in SA, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Zambië, Madagaskar, Gaboen, Kameroen en Sentraal Afrika Rep. Dit was ‘n absolute plesier. 

Ek wou nog vra oor die rigtings wat korthaar Anton in sy video wys. Het hy nie N en S omgeruil nie?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 01/01/2022 - 05:25

Ons het na ons vinnig deur die verlate Alexanderbaai gery het besluit om langs die Oranjerivier ooswaarts te toer met die idee om by Vioolsdrift te oornag.

Wat ek gedink het sou 'n 2 en half ure 120km lekker grondpad roete wees het ontaard in 'n 180km grondpad / bergpasse en 4x4 roete wat 7 ure geneem het om te ry.   Ons het deur die Richtersveld gery meestal Wes en Suid van die Ai Ais Park.  Ons het deur Eksteenfontein gery en toe so teen 5pm in Vioolsdrift aangekom waar ons gelukkig was om 'n kampeerplekkie te kry by Orange River Lodge.

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus