Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -3 hours ago
Bygelowig Geert - Ballito Geert -5 hours ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -8 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -11 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -11 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Die Ekologie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn,  dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.

Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
 

Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly. 
 

Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar. 

Attachment Size
Alles oor weerlig 562.44 KB
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 08/12/2021 - 10:16

Daar is ‘n hele paar soogdiere waaraan ek kan dink wat uitsluitlik insekte vreet. Dink maar aan erdvarke (termiete), aardwolwe (termiete), bakoorjakkalse (kewers), en krimpvarkies (skerpioene en ander insekte). Daar is natuurlik baie voëlspesies ook wat insekte vreet. Insekte is ‘n goeie bron van proteïne, en waarskynlik baie gesonder as bv vleis. Uiteraard is daar nog nie werklik in ons deel van die wêreld mense wat ‘n insek dieet volg nie, maar insekte word tog geëet. 
 

Mopaniewurms is baie gewild in onder andere Botswana. Ek het al ‘n paar keer mopaniewurms geëet toe ek in Botswana gebly het. Aanvanklik gril mens vir die idee, maar as die wurms reg geöes word smaak hulle eintlik na niks. Omdat hulle mopanie blare vreet en die blare baie tannien bevat smaak hulle bitter as die mopanie blare in hulle spysvertering nie uitgedruk word nie. As dit wel gedoen word is hulle redelik smaakloos. Hulle word gewoonlik gedroog en kan net so geëet word, of voorberei word met bv tamatie en uie sodat dit darem na iets smaak en nie so droog is nie. 
 

Ek het toe ek op skool was een keer op ‘n avontuur kamp tydens skoolvakansie ‘n sprinkaan ook geëet. Sommer net die bene afgebreek en gekou en gesluk. Dit het ook na niks gesmaak nie. Natuurlik sal mens versigtig moet wees om nie giftige insekte te eet nie. Ek weet daar is al navorsing gedoen oor kommersiële produksie van insekte as voedsel vir mense. Dalk sien ons nog in ons leeftyd hoe dit algemeen beskikbaar raak. Maar ons is so bederf, ons sal seker by ‘n lekker spyskaart bly soos die een wat Warren vir sy eersdaagse toer opgestel het. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/01/2022 - 08:49

Ek weet nie wat gebeur het voor die Everest soos ‘n speelgoedkarretjie hanteer was die afgelope Sondag in die Isimangaliso Vleiland park nie (hier is ‘n artikel en video daaroor). Ek ken daardie reservaat redelik goed, want ek het daar gewerk voor en na die pad tussen St Lucia en Cape Vidal (waar die voorval plaasgevind het) geteer is. Nadat dit geteer is was daar gereeld diere doodgery, want mens kan mos lekker vinnig ry op ‘n teerpad om vroeër lyn nat te maak. Die kele was ook goed natgemaak oppad Cape Vidal toe. 
 

Renosters, olifante en buffels is hervestig in die reservaat. Dit het net begin in die tyd wat ek daar gewerk het. Olifante se sosiale struktuur beteken dat ‘n teeltrop as geheel hervestig moet word. Teeltroppe het altyd onvolwasse bulletjies ook, en hulle word so rondom 15 jaar oud uit die trop geskop. Kyk maar in die Kruger wildtuin. By amper elke teeltrop is daar een olifant wat so ent weg van die trop agter hulle aanloop. Mens sien ook soms hoe die koeie hom verwilder. Uiteindelik soek hy die geselskap van ouer bulle op, en volg hulle. Hulle maak hom touwys, en deur interaksie (skermutselinge en soms gevegte tot die dood) met die bulle in die omgewing word ‘n rangorde bepaal wat onder andere parings geleenthede reguleer. 
 

Nou my punt met die lang storie. Met hervestiging van olifante in SA is keer op keer dieselfde fout gemaak deur nie volwasse, ouer bulle in te sit waar die teeltroppe ingesit word nie. Dan is daar ‘n vakuum wanneer die tienerbulle die trop verlaat en ontwikkel hulle gedragsprobleme. As julle Pilanesberg besoek het jare gelede na olifante daar hervestig is onthou julle dalk hoe die bulle mense daar geterroriseer het en selfs infrastruktuur beskadig het. Toe bring hulle ouer bulle in, en dit het die probleem opgelos. Een van die jonger bulle is egter eers geskiet, en ‘n ander is aan Randall Moore gegee. 
 

Hy is ‘n Amerikaner en het olifante uit sirkusse en dieretuine in Amerika hierheen gebring. Toe het hy hulle gebruik vir ritte by Mabalingwe as ek reg onthou. Later is hy Botswana toe en het daar ‘n konsessie langs die Okavango Delta gekry waar hy ‘n lodge gebou het en elephant back safaris aangebied het. Ek het die kamp bestuur vir agt maande en ook met die olifante gewerk en self geleer om een te ry. Een van die olifante daar was die bul wat uit Pilanesberg verwyder is. Hy was toe al volwasse, en was vrek groot en pragtig. Maar ek dwaal af. 
 

Dalk het die bul wat die Everest bietjie platter gemaak het ook aan swak dissipline of gebrek daaraan gely weens hervestiging soos hierbo verduidelik?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 18/01/2022 - 08:55

Môre Chris S

Dankie vir jou ekologiese insette. Ek het grootliks my respek, en meer versigter benadering vir olifante juis in Pilansberg geleer. Daardie lot bulletjies was rerig arrogant en rammetjie uitnek. 

Tot hede is ek steeds uiters ongemaklik rondom olifante, hetsy in Pilansberg of Kruger. Selfs mooi opgevoed bly hulle groter en sterker as ek en my trokkie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 25/01/2022 - 10:50

n Goedvoelstorie.

Saterdag sit ek en ouma op die stoep en kyk na 2 ringnkduifkuikens wat vreeslik tekere gaan in hul nessie. Die is in n Olien, naby die huis, so die ouers is gewoond aan ons. Volgende val enetjie uit en ouma sien dit is oortrek van die miere. Nog net penntjies, die miere het die ogies en hele lyfie aan vasgebyt. oomblikke later val die ander een ook uit, selfde storie. Arme goedjies het besluit om liefs uit die nes te val as om lewend opgevreet te word.

Nou maak ek 2 stukkies hout aan mekaar vas,ouma skenk so klein gevlegde bakkie en ons skroef dit, met die hulp van n langerige leer teen n tak vas. Die regop hout word eers goed met ghries gesmeer, en die 2 word in die bakkie gesit. Terwyl ons met die duifies en die nessie doenig is, sit die mamma ons en dophou, net so entjie weg.

Die verhaal eindig goed, die ouers het die nessie aanvaar, en daar is n gelukkige klompie.

En die mense praat van n "Birdbrain" die het my bietjie laat dink.

duifie

Die foto hang op sy sy, maar daar is die wyfie op die nessie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 25/01/2022 - 12:26

...............nou sommer uitstekend  -  om te dink die ou wat vir 'n ander siek ou boeke stuur help ook vir voël-kinders uit hulle oorlewing probleem !

Mooi so Herman, 'n waarlike goed voel storie !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 26/01/2022 - 06:43

Môre vriende

Gaan lees asb die artikel in vandag se koerant -Daily Maverick. Dit gee mens so 'n effens ander insig oor die probleme waarmee die KNP bestuur sukkel.

Dit sal makliker wees vir julle om dit te gaan lees, as wat ek my persepsie van die berig gaan probeer gee.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 26/01/2022 - 09:33

.......Wessel.  Dis 'n ramp.  Ek het 'n lang storie geskryf en het probeer om die artikel se webblad te kopieër en hier te plaas, maar toe verdwyn alles.  Ek beveel egter aan belangstellendes moet by Daily Maverick gister se artikel probeer opspoor om te help om SANparke se probleme te  verstaan.  Die slim klakouse oor KNP op sosiale media behoort dan ook beter begrip te toon.

Ek is bly my kort oorblywende lewensverwagting sal hopelik nie die uiteinde hiervan sien nie, maar ek huil as ek aan my kinders en kleinkinders dink wat moontlik hierdie wonderlike plek nie enduit gaan sien nie as die Regering van die dag nie deeglik ingryp en onder andere die nodige fondse voorsien nie  -  veral die maatskaplike probleme rondom die Wildtuin verg dringende aandag.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/01/2022 - 10:21

Dis ongelukkig hoe dit werk. Die aarde is oorbevolk en die natuurlike hulpbronne is onder druk. Dis nie net langs die Kruger wildtuin wat daar honger mense bly terwyl die vleis daar naby rondloop en afgeneem word deur toeriste nie. 
 

Soos die artikel stel was veral die Kruger wildtuin en Tafelberg NP die inkomstebronne vir SANPARKE. Die meerderheid van die ander nasionale parke werk teen ‘n verlies. Nou het die pandemie die inkomste kraantjies toegedraai en twee jaar later is alles op die rand van ineenstorting. 
 

Covid sal verbygaan, maar dit klink asof dit klaar te laat is. Dis waarskynlik ook die geval met die renosters in die Kruger wildtuin. Hulle teel te stadig om die onnatuurlike hoë sterftesyfer aan te vul. Dit sal uiteraard bitter hartseer wees as hulle plaaslik uitsterf in die Kruger wildtuin. Ek twyfel egter of dit so groot impak op besoekers getalle sal hê.
 

Renosters het lankal plaaslik uitgesterf  in Botswana se gewilde reservate. Daar is wel weer renosters gevestig op Chiefs Island in die Okavango delta, maar daar is net peperduur en baie beperkte verblyf in die deel van noordelike Botswana waar renosters hervestig is. Tog besoek mense die res van die noorde van Botswana deurentyd, al gaan hulle nie renosters daar sien nie. Lg is ongelukkig nie so ‘n charismatiese spesie soos bv leeus, olifante en luiperds nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 26/01/2022 - 11:14

Chris, noudat jy dit noem, as renosters in KNP dalk sou uitsterf, is hervestiging hopelik 'n uitkoms.  Ek onthou vroeg in die sestigerjare toe ek in die laerskool was is die eerste renosters in KNP langs die Voortrekkerpad tussen Pretoriuskop en Afsaal in 'n boma hervestig  -  die betrokke boma se pale staan nou nog daar.  En kyk hoe mooi het hulle aangeteel.

Dit laat my sommer iewat beter voel.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/01/2022 - 12:08

Ek onthou vroeg in die sestigerjare toe ek in die laerskool was is die eerste renosters in KNP langs die Voortrekkerpad tussen Pretoriuskop en Afsaal in 'n boma hervestig

Dis waar; hulle was reeds voorheen plaaslik uitgesterf (uitgeskiet deur jagters - dit was toe nog nie as stroping gesien nie. Inteendeel, as ek dit nie mis het nie was Oom Paul se oogmerk met die eerste deel van wat vandag die Kruger NP is juis om die gewilde spesies wat gejag was te beskerm sodat jag op hulle kon voortgaan). Die paar Suidelike wit renosters wat oor was is in Hluhluwe-Umfolozi is bewaar deur Dr Ian Player, en toe van daar af hervestig in bv die Kruger wildtuin (en dis maar redelik onlangs in 1966 as ek reg onthou).
 

Van daar het die getalle goed toegeneem vanwee goeie bewaring en beskikbare habitat. Nature hates an empty niche. Renosters is ook later van die Kruger af na ander reservate in en buite SA hervestig. Daar is selfs renosters geneem na ‘n reservaat in Australië. Die oogmerk was om volhoubare en genetiese diverse satelliet bevolkings te vestig. Sou daar dan ‘n omgewings- of politieke ramp (of beide soos wat tans gebeur) die Kruger NP tref en al die renosters daar vrek, bly daar elders bevolkings van die spesie oor om algehele uitsterwing te voorkom. 
 

Die sleutel tot die voortbestaan van die Kruger NP is dat aangrensende gemeenskappe daadwerklik finansiële voordeel uit die wildtuin moet trek, sodat dit vir hulle meer werd is as dit bewaar word as wat die kortstondige voordeel uit die eet van die diere sou wees. Dis ongelukkig ‘n numbers game. Dis bv nie Suid-Luangwa of Botswana waar ‘n goot genoeg persentasie van relatiewe klein aangrensende gemeenskappe voordeel trek uit indiensname en ander ekonomiese spin-offs nie. En die getalle van mense teen die wildtuin raak al hoe meer, want daar is inmigrasie afgesien van natuurlike aanwas. En elke poging wat Moeder Aarde aanwend om ons getalle drasties te verminder word deur ons briljante medici gefnuik. MIV/VIGS is lankal nie meer ‘n doodsvonnis nie, Covid ook nie meer nie…

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 26/01/2022 - 13:41

KrugerNPark 

Ek hoop ek het die skakel reg soos wat ek dit gekry het, die Daily Maverick berig

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 26/01/2022 - 14:44

......Willem, die skakel werk perfek  -  beter as wat ek probeer doen het !

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 04/03/2022 - 09:28

Hier is ‘n artikel oor die aangeleentheid. Daar is permitte goedgekeur vir die jag van 10 luiperds (dis eintlik baie min, ek onthou 20 jaar gelede was daar net in Limpopo 70 permitte uitgereik), 10 swart renosters en 150 olifante. Lees gerus die artikel. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/03/2022 - 11:20

.... vir wanneer diere, hetsy plaasdiere of wilde diere uitgedun moet word. Ek het absoluut niks teen etiese jag nie, alhoewel ek nie self 'n jagter is nie. Maar die kleintjie wat tussen my ore sit kon nog nooit begryp hoedat 'n mens 'n "kick" daaruit kan kry om 'n dier vir trofee-doeleindes te skiet nie. Ek weet die eienaar van die betrokke trofeë verdien waardevolle inkomste daaruit. Maar ek verstaan nie hoe die trofee-jagter se kop bedraad is om dit lekker te vind om nog 'n dier op sy trofeelys te plaas nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 04/03/2022 - 13:24

Stem heelhartig saam met jou Chris. Dit is ook nie in my Dna om meer te dood nie, ek het toe ek jonk was. Nou trap  ek versigtig in die veld om nie die miere te raak nie. Ja dat dit nodig is om getalle te beheer, en om te boer met wild is ook reg. Ja dat my vleis spesifiek ook n dier is wat mense gedood het, vir my aanvraag.  Self die skoot aftrek of keel afsny, nie maklik nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 04/03/2022 - 14:13

Ek het nie ‘n probleem met biltong jagters nie want hulle eet die vleis en daardie soort jag word as instrument gebruik in wildplaasbestuur. As die ramme/bulle nie uitgedun word nie mors hulle tyd op veg met mekaar in plaas van paar met die ooie/koeie (party mans is ook so). Dan is aanwas minder as wanneer daar gejag word. Self sal ek nie deelneem nie, want dis nie vir my lekker nie. Ek verwonder my eerder aan die lewende diere. 
 

Trofeejag is ‘n ego ding. Niemand kan my anders oortuig nie. Ek het op ‘n tyd vryskut gidswerk gedoen in die Kruger wildtuin en omstreke. Om my inkomste aan te vul het ek ‘n vriend wat jag video’s vir oorsese kliente gemaak het gehelp met kamera werk. Dit het my telkens opgeval hoe die jagter en PH elke keer wanneer die dier dood op die grond lê, soms met bloed wat by die bek uitskuim, gesê het; “What a beautiful animal!”
 

Hulle het dit nooit van ‘n lewendige dier gesê nie. Die blote feit dat hulle die trofee huis toe neem om dit in ‘n trofee kamer op te hang, bewys dat dit net oor ego gaan. As jy die dier wou bewonder sou jy dit mos eerder in lewende lywe of op ‘n video of foto van ‘n lewendige dier bewonder het. 

Wat vir my die ergste van die artikel is, is dat trofeejag op swart renosters toegelaat word. Soos die artikel ook uitwys, soek trofeejagters ‘n trofee - dus ‘n dier met ‘n groot lyf en/of horings of tande. So word daardie gene verwyder uit die genepoel. In Suid-Luangwa NP in Zambië het grootskaalse olifant stropery daartoe gelei dat al die koeie tandloos is en die bulle klein tande het en ook nie die groot lywe waaraan ons gewoond is in bv die Kruger wildtuin nie.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 31/05/2022 - 08:03

Alles is siklies, die seisoene, die klimaat, die ekonomie ens. Ek stem saam met Oom Neef se stelling vanoggend op die Mei 2022 algemene praatjies gesprekslyn; ons is nie in die eerste fase van aard verwarming nie. Na elke ys tydperk was daar ‘n redelike radikale fase van aard verwarming. Hierdie keer is die mens se aktiwiteite weliswaar ‘n bydraende faktor. 
 

Ek het ‘n teorie, dat die mens ‘n katalisator is wat moontlik kan bydra tot die volgende massa uitsterwing vanwee ons onvolhoubare gedrag en getalle. Dit sal egter nie die einde van die aarde beteken nie. Ons sal eenvoudig plek maak vir ‘n ander gemeenskap van organismes wat by die veranderde omstandighede sal aanpas. Die aarde is ‘n geslote stelsel met ‘n beperkte hoeveelheid hulpbronne. Suurstof, voedingstowwe en water word nie van buite die aarde se atmosfeer aangevul nie. Dit word gehersirkuleer om lewe aan te hou ondersteun. 
 

Al wat ons van buite die stelsel kry is energie van die son af. Dit vloei in ‘n reglynige manier. Dit kom in van buite deur sonstrale, en verlaat weer die atmosfeer dmv straling (radiation).  Dis natuurlik waarom die aarde verwarm; ons kweekhuis gasse keer van die straling om die atmosfeer te verlaat of weerkaats dit eintlik, sodat dit langer hier bly as wat dit moet en die atmosfeer verwarm. 
 

As ons almal weg is en nie meer besoedel nie, sal die atmosfeer waarskynlik weer afkoel. En so hou die siklus aan…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus