Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -42 minutes ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -1 hour ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -8 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -11 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -11 hours ago

Geluk Wense - Verjaarsdae & Herdenkings

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdié gesprekslyn sommer hier onder die Welkom groep waar ons vir die wat ons van weet geluk kan sê met hulle se verjaarsdag en troudag.

BAIE GELUK met jou verjaarsdag of huweliks herdenking.

 👏 👏 🎊 🎁 🥂

Worcester

Wildehont

Sun, 23/01/2022 - 20:04

Ek het op 22/1/22 my halfeeu gevier. Vanoggend vra Salomien hoe voel dit om 50 te wees. Toe sê ek vir haar ek voel geseënd. Ouderdom (of dit nou 1 of 100 is) is nie ‘n prestasie nie, dis net Genade. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/01/2022 - 08:48

Chris, geluk met Saterdag se 50 en ek hoop jou verjaarsdag-geskenk (die ratkas-storie) is net 'n klein geskenkie !  Jy moet nog die helfde van jou huidige ouderdom byvoeg voor jy by myne arriveer.

(Willem se inleidende paragraaf van 2017 hierbo kan misleidend wees  -  ek noem dit maar indien iemand my dalk per abuis wil geluk wens !  Julle sal nog 6 maande moet wag.)

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 24/01/2022 - 10:08

Willem se inleidende paragraaf van 2017 hierbo kan misleidend wees  -  ek noem dit maar indien iemand my dalk per abuis wil geluk wens ! 

Ek het dit verwyder want jy sal nooit weer daai 70 sien nie. 😉

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/01/2022 - 15:21

Só vier maande gelede het mense in die winkels hier my begin aanspreek as Oom ipv meneer. Lg tesame met mevrou is maar nog die aanspreekvorm hier, en dit word deur alle rasse gebruik. Maar soos ‘n kollega my verlede week vra; “Wanneer het jy so silwer geraak?” Dalk dra dit by tot my oom voorkoms?
 

Baie dankie vir die goeie wense almal. 

0

Hello Chris S

....in Brits is die aanspreekvorm oom en tannie, en ek byt maar op my tande!!

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 24/01/2022 - 15:56

Ek het onlangs met 'n oom gesels by Keimoes, sommer so 'n lekker geselsie oor kamp en reën en allerhande dinge, ek wou op 'n stadium vir hom oom noem want sy jare het volgens my al mooi gewys - totdat hy my vertel dat hulle by die betrokke kampeerplek die komende jaar gaan kamp vir sy 50ste verjaardag -  dus is die oom net 2 jaar voor my - dit was 'n aardige gevoel en ek het onmiddelik na die gesprek badkamer toe geloop om myself in die spieël te aanskou.    My vrou sê ek dra my jare baie goed, maar ek wonder of sy nie dalk net my ego streel nie? 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 24/01/2022 - 18:54

Mooi jare vorentoe Chris, en ja, ek geniet dit veral as die jong klonkies, en jong mense my Oom noem. Die ge-meneer is te saaklik, en net vir werknemers.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 29/01/2022 - 08:51

Baie geluk met jou verjaarsdag.  👏👏🎁🎊🥂 geniet dit voluit.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/02/2022 - 08:11

En daar mis on Arie se verjaarsdag gister.

Baie geluk met jou verjaarsdag, glo jy het die bederf voluit geniet. 👏👏🎁🎊🥂

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 03/03/2022 - 10:12

Dusty - Stoffel, baie geluk met jou verjaarsdag. 👏🎁🎊

Hendrik Craukamp, baie geluk met jou verjaarsdag. 👏🎁🎊🍺

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/07/2022 - 13:06

Baie geluk met jou  verby verjaarsdag. 

noem dit maar indien iemand my dalk per abuis wil geluk wens !  Julle sal nog 6 maande moet wag

Ek het wel vir Len geluk gesê op 24 Julie, maar vergeet om hier op Kampforum dit ook te doen, dit is mos waar kamp vriende kuier ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 27/10/2022 - 10:09

Ek is vandag 10 jaar getroud met my "lekker dingetjie" Jonika Louw  .  Dit was 'n goeie move om jou te kies om 'n lewe saam mee te bou en babatjies te maak.  Ek is lief vir jou en sien uit na die volgende 10 jaar met jou!

Baie geluk Anton & Jonika met julle huweliks herdenking. 🎊👏🥂👍🙏

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 20/12/2022 - 09:51

Baie geluk met jou verjaarsdag geniet dit voluit. 👏🏻🎊🥂

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus