Ek begin hierdié gesprekslyn sommer hier onder die Welkom groep waar ons vir die wat ons van weet geluk kan sê met hulle se verjaarsdag en troudag.
BAIE GELUK met jou verjaarsdag of huweliks herdenking.
👏 👏 🎊 🎁 🥂
ChrisS
Chris, geluk met Saterdag se 50 en ek hoop jou verjaarsdag-geskenk (die ratkas-storie) is net 'n klein geskenkie ! Jy moet nog die helfde van jou huidige ouderdom byvoeg voor jy by myne arriveer.
(Willem se inleidende paragraaf van 2017 hierbo kan misleidend wees - ek noem dit maar indien iemand my dalk per abuis wil geluk wens ! Julle sal nog 6 maande moet wag.)
Baie geluk Chris! My half…
Baie geluk Chris! My half eeu kruip nader. Ek sal seker nou vir jou "oom" moet begin sê?
Oom Chris
Só vier maande gelede het mense in die winkels hier my begin aanspreek as Oom ipv meneer. Lg tesame met mevrou is maar nog die aanspreekvorm hier, en dit word deur alle rasse gebruik. Maar soos ‘n kollega my verlede week vra; “Wanneer het jy so silwer geraak?” Dalk dra dit by tot my oom voorkoms?
Baie dankie vir die goeie wense almal.
Troos jou....
Hello Chris S
....in Brits is die aanspreekvorm oom en tannie, en ek byt maar op my tande!!
Ek het onlangs met 'n oom…
Ek het onlangs met 'n oom gesels by Keimoes, sommer so 'n lekker geselsie oor kamp en reën en allerhande dinge, ek wou op 'n stadium vir hom oom noem want sy jare het volgens my al mooi gewys - totdat hy my vertel dat hulle by die betrokke kampeerplek die komende jaar gaan kamp vir sy 50ste verjaardag - dus is die oom net 2 jaar voor my - dit was 'n aardige gevoel en ek het onmiddelik na die gesprek badkamer toe geloop om myself in die spieël te aanskou. My vrou sê ek dra my jare baie goed, maar ek wonder of sy nie dalk net my ego streel nie?
Mooi jare vorentoe Chris, en…
Mooi jare vorentoe Chris, en ja, ek geniet dit veral as die jong klonkies, en jong mense my Oom noem. Die ge-meneer is te saaklik, en net vir werknemers.
Verjaarsdag 👏
Dusty - Stoffel, baie geluk met jou verjaarsdag. 👏🎁🎊
Hendrik Craukamp, baie geluk met jou verjaarsdag. 👏🎁🎊🍺
Verjaarsdag 👏
Baie geluk met jou verby verjaarsdag.
noem dit maar indien iemand my dalk per abuis wil geluk wens ! Julle sal nog 6 maande moet wag
Ek het wel vir Len geluk gesê op 24 Julie, maar vergeet om hier op Kampforum dit ook te doen, dit is mos waar kamp vriende kuier ?
Huweliksherdenking ...
Ek is vandag 10 jaar getroud met my "lekker dingetjie" Jonika Louw . Dit was 'n goeie move om jou te kies om 'n lewe saam mee te bou en babatjies te maak. Ek is lief vir jou en sien uit na die volgende 10 jaar met jou!
Baie geluk Anton & Jonika met julle huweliks herdenking. 🎊👏🥂👍🙏
Geluk Jonika Louw
Geluk Jonika met jou verjaarsdag mag daar nog vele wees vertrou Anton en kidz gaan jou lekke bederf
Jonika ...
Baie geluk met jou verjaarsdag geniet dit voluit. 👏🏻🎊🥂
Ja geluk my Lolla! Sy wou…
Ja geluk my Lolla! Sy wou graag begin "treasure hunt" toe kry ek vir haar "treasure detector" vir haar verjaarsdag. ![]()





Baie dankie
Ek het op 22/1/22 my halfeeu gevier. Vanoggend vra Salomien hoe voel dit om 50 te wees. Toe sê ek vir haar ek voel geseënd. Ouderdom (of dit nou 1 of 100 is) is nie ‘n prestasie nie, dis net Genade.