Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -1 hour ago
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -3 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -4 hours ago

My Huis - Willem

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Ek weet wraggies nie waar om dit te sit nie ?

So ruk terug geeis vir die geyser wat gebars het en die een badkamer se plafon.

Toe die ou die plafon kom reg maak vra ek hom oor 'n ander gat in die sitkamer plafon.  Toe merk ons op dat daar orals krake is in die muur en ook die plafom wat weg trek van die muur.  Dit loop van Noord na Suid deur die huis tussen die sitkamer/kombuis aan die Ooste kant en die res aan die Weste kant.

Daar is geen turf in dié area nie en daar is ook geen groot boom naby nie.  Absa het 'n bou kontrakteur gestuur, hy het kom foto's neem en gesê hy kan niks doen nie maar sal sy verslag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.

Vanoggend kry ek 'n e-pos van Gerhard 'n "Loss Validator" hy was nou hier en het weer klomp foto's geneem en gesê hy sal sy verslag vandag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.

Die krake is al van lankterug maar mens merk dit nie as jy elke dag daarin vas kyk nie.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 31/01/2022 - 16:50

☹
Sitkamer vloer is net screet met gruis onder. 😭😤  Die hele vloer is vol krake.

.

Die eetkamer en gang lyk nie so sleg nie.  Hierdie is tussen kombuis en eetkamer.

.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 31/01/2022 - 18:49

Willem, ek het wragties nog nooit so iets teegekom nie. Geen beton blad nie? Dit wil vir my voorkom of jou huis gebou is in die tyd toe al die slim manne , wens ek kan se uit wat se beroepe hulle kom, maar liefs nie  " Specbouers" was op die sideline. So laat sewentigs tot in die tagtigs.Was eendag op so n terrein waar n madala besig was om dagha te meng. vra hom wat is sy mengsel, en hy se toe 8 en 1.  8 kruiwaens sand met 1 sak sement.... dit grens aan krimineel. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 31/01/2022 - 19:48

Het jy destyds die huis laat bou of het jy dit gekoop ?  Na hoeveel jare het hierdie probleme nou kop uitgesteek ?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 01/02/2022 - 07:04

Herman, ek stem want ek het dit nog nooit so iets gesien nie.

Len, die huis is in 1982 gebou, maar ek het hom so gekoop.

Hennie, ja ek wens dit wil nou end kry. 😭😤🤷‍♂️

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 01/02/2022 - 07:24

Willem, ja ongelukig is daar bouers en bouers!!!

Soos ek vir Wessel genoem het met sy tuinmuur probleme, maak baie seker van jou bouer!!!

Daar is gelukig nog goeie bouers ook, masr ja hulle is uiterasrd duurder. Goeie vakmansksp en goeie materiaal kan ongrlukig nie met prys kompeteer teen die ander fly by nights nie!

Ek het vir jare, toe ek nog gewerk het hard baklei teen beter en strenger wetgewing vir kontrakteurs. Masr ja ongelukig kan elkeen wat ń bakkie en kruiwa besit, mawt ń kontrakteur word!

Ek  was in die 70 tigs, toe ek nog gebou het gerigestreer by die Masterbuilders Association, hulle was baie streng en kliente kon redelik gerus wees dat hulle gehalte werk sou kry.

Ek is nie seker of Masterbuilders nog bestaan nie?

Dit is vir my baie hartseer om te sien hoeveel huiseienaars finansieele skade ly ad gevolg van swak kontrakteurs!!!

Ek voel vir jou Willem!!!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/03/2022 - 15:16

Nou ja, dit is 'n maand later en kan weer asemhaal.  Die kontrakteur is klaar en weg.

So paar foto's om te wys waardeur ons is.

Hierdie vertrek (eetkamer) was geteël wat gelyk het soos bakstene, baie grof en ons het reeds een muur voorheen (links) verwyder waar ons die skuifdeur ingesit het.
.

Die deel wat baie krake gehad het is waar die boog was (foto's terug in die gesprek) wat nou uit is.
.

Omdat die Eetkamer, Kombuis, Sitkamer en gang geen deure tussenin het nie het ons besluit om dit die selfde teëls te maak (die gang se vloer is ok) die kamers en badkamers het ons besluit om so te hou. (Eetkamer, Kombuis, Sitkamer en gang is soos die foto's geplaas is)
.

.

.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/03/2022 - 15:31

Die krake in die sitkamer x 3 en eetkamer teen die muur is herstel (hopenlik)

.

.

.

.

Met die het ek besluit om al die krag bokse en lig skakelaars die selfde te maak soos van die wat ek reeds vervang het, lank terug.  So het ek gekry dat Wijan se kamer se muur prop heel los is en ook een in ons kamer en toe kry ek nog een in die sitkamer.  Ek moes plan maak om dit reg te stel.  Die was seker die werk van miere wat altyd die pad kry na 'n holte en glo hulle het die vog in gedra en daarom het die goed so geroes.  Maar die bouers het ook baie droog gemaak want al-drie was of so diep in dit kon eerder vir die ander kan gewees het, almal was in 'n dubbel muur.  Die een met die plaatjie bo op was in Wijan se kamer, toe ek die ou boks uit trek kry ek die gat is baie hoër as wat die boks is en moes toe daai plaatjie in sit om die sement te keer om binne en agter in te val. (boer-maak-'n-plan )
.

.

.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/03/2022 - 15:38

Soos reeds gesê was, is daar nie 'n sement blad onder die vloer nie en aangesien die eetkamer nie vol krake was nie het ek besluit om net die sitkamer se vloer uit te grou en 'n behoorlike beton blad te gooi.  Daar was so stuk in die eetkamer wat gekraak was en ek het laat hulle het hom so 300mm wyd oop gekap en so 250mm diep uit gegrou en oom vol beton gegooi.  Selfde tussen die kombuis en eetkamer.

.

.

.

.

.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/03/2022 - 15:44

Ons het ook besluit om die hele huis binne oor te verf want als is mos nou deurmekaar en vol stof.  Die vloer teëls is heel anders as die ou teëls, Surette wou eers hout ins gesit het maar na vele oorwegings besluit op 'n grys teël wat 'n hout voorkoms het.

.

.

.

.

Hulle was nie baie ingenome met my toe ek met 'n ou besemstok loop en tik op teëls wat nie mooi vas was nie, maar dit is gedoen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/03/2022 - 15:48

Nou is dit tyd om die onnodige goed weg te gooi en net die nodige terug te dra in die huis.  Die gordyn reëlings moes ek ook weer vas sit (alleen is nogals 'n uitdaging).  Dinge kom darm stadig maar seker terug na normaal, behalwe vir die kolle op my plaveisel waaroor ek nog met hulle vas sit.

Die Einde yes

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 03/03/2022 - 15:52

...................jy sien vir baie meer kans as ek !  Wat 'n moedelose groot gemors en om dan nog daagliks dit te moet beleef.

Lyk darem vir my daar waar hulle die betonvloer gegooi het is deeglike staal ingevoeg en dit behoort nie weer te kraak nie.

Is alles nou klaar gedoen wat julle wou doen ?

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 04/03/2022 - 06:30

Willem, die lyk sommer spoggerig. Ek is so 20 maande terug deur dieselfde "exersize" . Ook 'n 3 weke projek. 

Het my kombuis, sitkamer, eetkamer, tv kamer en 2 van my badkamers laat teël. Die kombuis is heeltemal oorgedoen en daar is ook 'n muur uitgebreek deur na die eetkamer. Altwee die genoemde badkamers is totaal oorgedoen en herontwerp. Nuwe plafonne ook in die badkamers en kombuis laat insit.

Ek verstaan dus 100%, die gemors.  Ons een slaapkamer was 'n "custom" kombuis waarin ons yskaste en gasstoof gestaan het. Die laundry was ons opwas gedeelte. Gelukkig het ons nog ons eie badkamer in die hoofslaapkamer gehad.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/03/2022 - 07:37

... jy't vir baie kans gesien. Hulle het onlangs by my slegs 'n balkon (en dit is buite die huis) se teëls opgekap, "torch-on" gedoen en weer geteël. Dit was klaar erg genoeg. Het julle nog in die huis gebly terwyl hulle gewerk het - of in die karavaan?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 04/03/2022 - 09:07

Ek het gesê ons moet in die karavaan gaan slaap maar Surette het gesê NEE.  Ons het maar die karavaan se "holiday" aan gesit en buite gekuier elke aand want die yskas was ook buite en daar is genoeg van als om kos te maak, toilet, net nie 'n stort nie.

Maar ja dit was 'n gemors gewees.  Die teëls het hulle vroeg begin met die gang en eetkamer en so teen 9uur die aand het ons ingegaan want die kontrakteur het gesê ons kan na 5 versigtig op die teëls loop.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 04/03/2022 - 09:25

Môre Willem

....ek sal crack as ek so 'n projek moet aanpak. 

Nou is jou huis bouprojek voltooi, nou nog net die Ford se turbo, dan MAG jy maar rus en kampeer.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus