Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 second ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -20 minutes ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -39 minutes ago
Augrabies canyon Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -47 minutes ago
Rona... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Broodjie en pap Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Maart 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.

Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 12/03/2022 - 16:37

.... wat is dit dan met Len en die ou kolon. Ek vertrou dat dit sommer gou weer beter sal gaan en dat die komende wildtuinvakansie wel gaan realiseer. Ek sien dan só uit na die mini-forumsaamtrek in Karoo Nas Park.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 13/03/2022 - 11:42

Ek het gister per WhatsApp met Len gekommunikeer. Hy moet maar self kom deel wat die uiteindelike besluit/aanbeveling deur sy chirurg sal wees. Hy hoop om hom vandag of môre te spreek.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 14/03/2022 - 09:01

[03/14, 08:55] Len Loader: Hallo Willem - die a/b het nog nie die ontsteking opgelos nie, maar die pyn is darem onder beheer. My twee dokters het nog nie 'n finale besluit geneem nie, maar dit lyk of my Wildtui trippie daarmee heen gaan wees. Dankie vir julle belangstelling.

Terugvoering van Len.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 14/03/2022 - 10:37

Goeie dag aan al die vriende, geniet die dag.

Ek is besig om reg te kry vir Donderdag se kamp, 8 dae, by Zelpy fishing. Vat die kleinkinders bietjie weg. Dit is enigste plek waar ek nog kon plek kry gedurendedie  skool vakansie wat bekostigbaar is. 

Sterkte vir Len, ai die teenspoed ry van ons lede.

0

Môre Len

.... ons bid en vertrou dat daar volkome herstel sal wees. Daar is nog heelwat tyd voor jy in die pad val.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 15/03/2022 - 17:59

Ons hoor van die springkaan swerm wat hier in die Klein Karoo rondvlieg. Wel, namiddag 3uur kom hulle hier aan, en nou amper 6uur is dit nog nie verby nie. Dit moet biljoene insekte wees. Dankie vader hulle het nie in groot getalle hier gestop nie.

Springkane

Die "stofwolk" is waar die Springkane  het so teen die berg langs gehou in n digte swerm. Bokant ons koppe het dit gedruis soos die see, maar die insekte is nie op foto sigbaar nie, te hoog vir selfoon se lens.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 15/03/2022 - 18:25

Nog so paar fotos wat ouma geneem het.Springkane 3

Van ver af, ons tuintjie hier naby

Springkaan 1

Springkane was redelik hoog, die bokant ons koppe.

Springkaan 2

Al die dowwigheid is insekte ingezoom van die boonste foto.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 15/03/2022 - 18:38

Hy's nog in die hospitaal, het minder pyn en die dikderm se werking het weer ingeskop. Hy en sy chirurg sou waarskynlik nog vandag tot finale besluite kom. Hy hoop om Saterdag ontslaan te word.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 16/03/2022 - 18:02

Neef se Springkaanplaag het die melk laat suur word in die kampers se koffie. Seker die eerste dag waar niemand hier kom inloer nie, so nou seg ek maar middag, en skuus vir die deel van n brokkie vars nuus uit my geweste.

0

Môre Neef

....tyd in die dag om lank voor rekenaar te sit nie.

Ek is verstom oor die foto's en dat die sprinkane so laag [Suid] trek. Ek was altyd onder die indruk dat hulle net in Groot Karoo en Noord Kaap voorkom. Is die voorkoms by julle dan 'n algemene tendens?

Dink jy dat hulle, hulleself sal gaan versuip in die see.? 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/03/2022 - 08:01

Was ook besig om die ST se Turbo uit te sorteer.

Ek was eenkeer ook in so sprinkaan 🦗 storm gewees, selfs in die kar was dit ook erg want die venster kan jy nie skoon kry en hou nie. ☹

Julle moet julle dag geniet.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 18/03/2022 - 13:33

Goeie middag maters !

Ek is nou op hoogte met die gebeure sedert my afwesigheid.  Lekker naweek vir almal "

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus