Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Broodjie en pap Kruger 2026 Wessel Strydom -13 seconds ago
Braaibroodjies ... Kruger 2026 Chris Boucher -9 minutes ago
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Augrabies - 21 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Kampeer staanplek Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago

Maart 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.

Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 01/03/2022 - 08:26

Net terwille van Willem se moeite om 'n nuwe Maart-Koffie draad te open, Goeie Môre Kampmaters !  Dis nog 51 dae voor vertrektyd en as ek dalk nog 'n ekstra daggie by Karoo sou byvoeg, dan is dit nog 50 dae !

Die Kaap lyk maar dooierig en stowwerig so voor ons reënseisoen, die wind bly lastig en ons kry vrek warm.  Vandag se voorspelling is darem nie te erg nie, net 27º.

Die gestelery in kampterreine in die suide van die Kruger Wildtuin is darem 'n lelike ding wat sy kop nou uitsteek  -  kyk gerus op my Kruger Wildtuin-draad vir besonderhede as jy dit dalk gemis het.

Nouja, geniet jou dag en ek gaan nou kyk waarvoor is ek  lus vir vandag.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 01/03/2022 - 08:50

Net terwille van Willem se moeite om 'n nuwe Maart-Koffie draad te open

Ag, baie dankie Len wink dit word hoog-op-prys gestel.  

Is dit nou 'n "Draad" of 'n "Gesprek lyn" ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 02/03/2022 - 06:47

Ek sal maar hierdié "gesprekslyn" aan die gang hou deur te groed.

Die weer het lekker gedreun maar nie veel gereën 🌧 nie, skat so 2-3mm.

Julle moet die dag geniet.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/03/2022 - 09:10

Ai maar dis 'n gesukkel om ouens aan die gesels te kry.  Daar was die laaste paar dae 'n lekker oplewing maar nou skielik is alles weer doodstil.

Hier by ons is dit koelerig vanoggend met 'n voorspelling van 2-3mm reën waarvan daar ongelukkig nog net 0 mm geval het.  My huis se weerhaan (en die bure s'n) waai noord-wes, ons reënwind, dus miskien kry ons tog 'n paar druppels.

My annerhelfte reken nou die dag ek kan gerus vir my 'n bietjie nuwe klere vir ons Wildtuin-vakansie gaan koop want myne kom al van Zimbabwe-dae al saam !  Nouja toe begin ek gister en het 'n klomp nuwe onderbroeke gekoop  -  goeie begin dink ek.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 02/03/2022 - 09:20

Dagse maters. Ai on neef is baie beswaard vanoggend, My swaer het slukderm en maag kanker, die ou is nou op pad. My sus se die ou huil en se hy het nog nooit so seer in sy lewe gehad nie. Hy was n tawwe ou bliksem in sy dae.  Mooi dag vir almal.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 02/03/2022 - 10:56

Baie sterkte daar vir julle as familie Neef. Vertrou dat julle krag van die Vader sal ontvang.

Vandag ook die dag vir Wessel om uiteindelik sy nuwe "trokkie" te kry. Ek dink hy het by die Handelaar uitgekamp gisteraand.

Lekker dag vir almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 03/03/2022 - 08:07

Sal maar weer groet al is Oom Len nog nie op nie. 😉

10 aanlyn

Jan Meyer,  Johann L,  neef Herman, Slowstrike, Wildehont, Lapskag, Arie, wessels, HennieBo.

Geniet julle dag verder. 👍

0

Goeie dag al my vriende

Ek vrees ook altyd daai daai opdrag-----tyd vir nuwe klere. 

Net sodra die goed lekker dra, sag op die lyf ensovoorts, is dit mos tyd vir nuwe stywe goete. 

Len: Jy moes gevra het dat jou miesies uit meelsakkies vir jou 'n paar kledingstukke aanmekaar stik, met slagspreke op soos;

soos sunflower, self raising, poffertjies, tert mixdevil 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 07/03/2022 - 06:49

Goeiemôre mense!   Sterkte met die week en al sy uitdagings en plesiertjies.

Ek moet weer begin voorberei om 'n sterrekunde kursus aan te bied vannaf die 18 de Maart tot 24 Maart in Dinokeng.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 07/03/2022 - 09:22

Goeie môre kampmaters !

Die ou suid-oos blaas ons weer in 'n moedelose bui vandag.

Ek adverteer toe mos 'n maand gelede'n Pathfinder spaarwiel met staal velling op Gumtree.  Met die koop van my Cooper bande so twee jaar terug, het ek hierdie spaarwiel vervang met 'n "mag".  Geen reaksie gekry nie, behalwe Saterdag daag hier 'n ou op met netso 'n P/F soos myne, maar 'n jaar jonger.  Hy het sy P/F met verbasend lae kilos op, ses maande gelede gekoop en is 'n baie ernstige 4x4 geesdriftige. Hulle is 'n klompie ouens wat die Tankwa Karoo gaan aanpak en hy benodig 'n tweede spaarwiel  -  en weg is my surplus spaarwiel !  Die ou vertel my hy was aanvanklik 'n Jeep-man, maar sedert hy van die Jeep met sy swaar brandstof-verbruik ontslae geraak het, het hy uiteindelik 'n P/F opgespoor wat sy behoeftes soos 'n handskoen pas.  Volgens hom staan die P/F in geen opsig terug as dit kom by ernstige 4x4 roetes nie.  4x4 is nou nie juis my "cup of tea" nie, maar dit was lekker om te hoor die ou Pathie doen ook sy ding op hierdie terrein.

Willem, ek kry vanmiddag my voor-venster afdakkie (volgens jou skets) by my tentmaker.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/03/2022 - 10:37

 ek kry vanmiddag my voor-venster afdakkie (volgens jou skets) by my tentmaker

👍 Wys ons as jy hom opgesit het, van watse materiaal het hulle gebruik ?  Glo selfde as jou tent ?

0

Middag Len

My swaer het die 6 silinder petrol outomaties gehad. Volgens hom die lekkerste 4x4 waarmee hy Namib sandduine gery het. 

Om ander ouens se ego te beskerm, sal ek nie noem waarmee hy dit vergelyk het nie, dit is nou voertuie wat hyself ook gehad het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus