Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -4 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -17 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Kamp veiligheid

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Sien pas op Maroela daar is vanoggend iemand, wat saam met sy gesin op vakansie was by ATKV Buffelspoort, in die vroeë oggendure doodgeskiet. As mens mooi daaroor dink is ons sekerlik die groep mense wat die maklikste teikens is vir rooftogte. Meeste oorde se sg. veiligheids wagte is nie juis 'n afskrik middel nie, swak opgelei, te min wat patroleer, heksekerheid meestal lagwekkend? Dalk net 'n kwessie van tyd voordat die soort aanvalle meer gereeld voorkom?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/02/2022 - 13:18

Sjoe, dis skokkende nuus !

Die gesin was in 'n chalet tuis toe die inbraak en roof plaasgevind het.  Ek sou dink dat ATKV en SANParke oorde redelik veilig behoort te wees  -  dis die oorde waar ons gewoonlik kamp.

Die gebeure wys egter dat 'n mens eintlik enige plek in Suid-Afrika op risiko is.  Ek weet nie wat om verder te sê nie, want 'n reaksie met aggressie gaan beslis nie die probleem oplos nie.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 17/02/2022 - 13:18

Ja ek het dit ook gesien en dit is baie tragies.  Die veiligheid raak meer 'n bekommernis. ☹

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 17/02/2022 - 16:55

Ek het nou die berig gelees in Maroela media. Ek wonder of die mense met die deur oop geslaap het. Dit is ongelooflik warm hierbo. Aan die anderkant, het al daardie chalets nie alreeds almal lugreeling in nie.

Die enigste plek waar ek veilig voel is in Kruger wildtuin, en Kalaghadi. Dalk is ek maar lekker "stupid" 

Manyane in Pilansberg het ook so 'n insident gehad. Die probleem is die onmiddelike omgewing, en swak toegangsbeheer. Ek het al die situasie mooi bekyk by laasgenoemde, en het maar my bedenkinge. Daar is weliswaar swerfwagte vroegaand, maar ek het nog nooit laatnag of vroegoggend buite gewees om te kyk of hulle sigbaar is nie.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 18/02/2022 - 05:50

Ek het al baie daaraan gedink dat mens ‘n sagte teiken is wanneer jy kampeer. Ons kies ons oorde versigtig, maar baie van hulle is redelik maklik toeganklik vir voetgangers. En mense gaan slaap oor die algemeen redelik vroeg, dan is dit doodstil in ‘n oord behalwe vir die snorkers. Nagwagte beteken niks. Hulle sit en slaap gewoonlik, of doen op vasgestelde tye vasgestelde rondtes. Die Kavango se deur kan darem van binne af sluit, en ons hou dit snags gesluit. Ek sluit ook die ritssluiters wat kan ooprits, voor aan die slaaptent en selfs voor aan die opwipdak aan mekaar vas met slotte. Ek sluit selfs ons fietse vas aan die A-raam. As hulle iets anders wegdra wat los is, gaan ek nie lag nie maar ten minste wil ek my gesin veilig hou. 

0
PRETORIA
Profile picture for user Leeutemmer

Leeutemmer

Fri, 18/02/2022 - 11:03

Waar ons kamp is ons gewoonlik heeltemal alleen, met die verskil ons het drie skaaphonde wat saamkamp. Wanner daar `n vreemde geluid baie ver is weet jy dit. Baie mense sal miskien nie met my saamstem nie, maar ek dink kamp plekke behoort honde soos skaaphonde te he wat in die kamp bly.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 19/02/2022 - 11:16

As jy groot hoeveelheid dagbesoekers toelaat....wat help sekuriteit by hek dan? Enige ou het dan toegang tot die perseel.....of hy nou n booking het of nie. Ek stem nie saam met stelling dat ATKV veilig voel nie....ek kan nie veilig voel as dagbesoekers onbeheerd tussen kamp terein en chalets beweeg nie. . Ons het onlangs by Natalia gekamp.....daar dwaal gedurig {selfs laat aande} mense in kampeer area wat nie eers daar kampeer nie. Ons was omtrent 8 karavane gewees, so jy het goeie opsomming wie daar kampeer en wie nie. Daar was egter wag wat rond geloop het....ek het hom gevra wie hulle is....hy sê toe dis òf woonstel bewoners òf dagbesoekers, maar hy weet nie en hy doen niks daaraan nie. Ek kon ook nie verstaan waaroor daai rondlopers gesels nie, want ek ken/verstaan nie hulle taal nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 22/02/2022 - 18:56

Vroeër jare het ATKV slegs 'n beperkte getal dagbesoekers toegelaat en as ek reg onthou ook net as hulle ATKV lede is. Het destyds party keer vir 'n dag deurgery na Klein Kariba of Buffelspoort toe en daar was geen groot groepe nie, jy moes vooraf bespreek en jou lidmaatskap kaart toon. Klink asof dit nou oop jagseisoen is vir dagbesoekers? Het sowat 3 jaar terug besluit lidmaatskap werk nie meer vir ons nie en na etlike dekades se lidmaatskap dit maar gekanselleer.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 23/02/2022 - 05:45

Ekself is ook al sedert die 80's 'n Lid,en gaan "miskien" 1 keer 'n jaar na een van die ATKV oorde. Weet ook nie of dit die moeite werd is nie.

Die insident by Buffelspoort is wel kommerwekkend, maar dit kan seker ook by ander plekke gebeur. As 'n skelm wil in, sal hulle inkom.

Dagbesoekers is egter 'n probleem in my oë.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 23/02/2022 - 06:23

ATKV oorde laat GEEN dag besoekers toe sedert covid nie, inwoners by oorde moet meer as 24 uur voor die tyd kennis gee as hulle dagbesoekers wil laat kom kuier.

Mens kan nie die oord uitsonder nie, dit gebeur oral. Inteendeel, dit is nou al 'n alledaagse ding in Afrika, of wêreld wyd.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 23/02/2022 - 07:51

Ek hou nie van dagbesoekers nie, want hulle gebruik geriewe waarvoor ek duur betaal het. Ek glo egter nie hulle is die misdadigers nie. Die nagbesoekers is die probleem. Hulle kom ongenooid, onwettig en hulle kom nie om te swem of te kuier nie. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 21/04/2022 - 10:51

Ek het gister vir my n' solar powered motion detector alarm gekoop. Sal hom op die middleste paal van die patio monteer waneer nodig.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 21/04/2022 - 11:06

Vlgs maroelamedia vanoggend was die Numbi hek voorval die week 'n gesin met 2 kinders en dat daar wel 'n saak van gewapende roof aanhangig gemaak is. Dit is in teenstelling met die eerste berig hieroor.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/07/2022 - 12:23

Gaan kyk op hierdie ouens se web African Snakebite Institute, nogals gekyk na die Skerpioene. 

Ek het gedink om so een te kry by hulle "Scorpion Torch", baie van die inligting sê mens moet maar oppas vir die goedkoop China goed want dit werk nie altyd so goed soos hulle sê nie.

Sien hulle het ook 'n "Download our free app" kan nogals handig pas ?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 18/07/2022 - 12:44

Ek het só 'n flitsie in Satara gekoop - meer vir die aardigheid om skerpioene in die bome te soek. Jy kan, as jy hom een aand gesien het, aand na aand op dieselfde plek gaan kyk - dit is maar sy gewone skuilplek.

Dit is egter sinneloos om só 'n flits te gebruik op die grond vir algemene gebruik. Dit maak beswaarlik lig. Gebruik maar jou gewone flits om, veral slange te sien, en trek maar eerder saans toe skoene aan om jou voete teen die verdwaalde skerspioen te beskerm.

Vriende van ons se seun is 'n paar jaar gelede in Satara, op die paadjie wat langs die swembad verbygaan, deur 'n skerpioen gesteek toe hulle die aand vanaf die restaurant teruggestap het na die kampeerterrein.

M.a.w. dit is al standaard vir ons om teen sons-ondergangtyd toe skoene aan te trek - en muskiet-afweermiddel aan te smeer. Terloops - ons gebruik nie malaria-medikasie in die wildtuin nie.

Ek het gelukkig nog nie 'n slang in die donker raakgeloop nie, maar het wel die wonderlike voorreg gehad om 'n jongerige swartmamba in Tsendze te kon dophou vir 'n lang ruk terwyl hy op die jag was agter boomrotte aan.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/07/2022 - 16:05

Ek weet darem dit is nie 'n flits om te sien waar jy loop nie.  Ek wil hom kry om vir Wijan te wys hoe kan jy dit in die aand sien.

Sal moet kyk vir 'n ordentlike flits lig om langs die draad mooi te kan sien as daar iets buite is soos 'n Jagluiperd by Shingwedzi toe ons Desember daar was.

Ek het op 'n Youtube gesien waar van die klippe so rooi skynsel het maar hulle het nie uitgebrei oor dit nie.

Terloops - ons gebruik nie malaria-medikasie in die wildtuin nie.

Ek het nog nooit enige van daai goed gebruik nie, selfs nie toe ons in Phalabowa gebly het nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus