Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -1 hour ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -14 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -15 hours ago
Hael November 2026 Geert -15 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Mei 2022 algemene praatjies.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Goeie môre Kampforum vriende, geniet die dag.

Die mense wat vandag weer in die pad val, moenie seer kry nie, ry veilig en kom veiligby jul bestemmings aan

Brackenfell

HennieBo

Wed, 04/05/2022 - 09:21

My petrol tuin blaser het gister begin probleme gee, dus moet ek vandag Vanderbijlpark toe om parte te gaan kry.

Ek het vir my 'n Stihl battery aangedrewe een gekoop en dit werk soos 'n bom. Al my tuingereedskap was nog altyd die Stihl maak. Ek gebruik nog so af en toe wel die petrol blaser. 

Geniet klein saterdag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/05/2022 - 09:58

.. besprekings vir volgende jaar April gemis het. Ek het gister weer gekyk, maar tydens die skoolvakansie is daar nie dae agter mekaar beskikbaar nie. ...Nossob is ongelukkig die moeilikste van die drie hoofkampe om by plek te kry. 

 Ek was gister verstom toe ek op die internet kyk om te sien dat daar (na die skoolvakansie) nie 'n enkele nag. in geen tipe akkommodasie, in Nossob plek beskikbaar is nie. Maar ek is baie bly dat ek wel plek kon kry vir drie agtereenvolgende nagte in Mata Mata in 'n 2-bed chalet. Ons was nog altyd baie lief vir die Mata Mata-omgewing.

Dit lê nog ver in die verskiet, maar dit is beslis iets om na uit te sien. En dit is danksy Chris WH se melding van Kgalagadi dat die idee eensklaps posgevat het om 'n slag daarnatoe te gaan. My laaste verblyf in dié park was 15 jaar gelede.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 04/05/2022 - 10:13

Hennie ek het (vir die Penta) 'n Ryobi batery blaser, en gebruik dit by die huis as "back up" ek haat dit om die huis en karavaan goed heen en weer te karing. Die karavaan goed bly in die karavaan, en andersom.blush

Ek is nie baie mal oor Ryobi nie, maar kon die blaser op 'n "goeie" prys kry.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 04/05/2022 - 10:17

Chris, sulke ver toere moet mos maar altyd lank vooruit beplan word, of so het ek nog altyd geredeneer.

Dit lê nog ver in die verskiet, maar dit is beslis iets om na uit te sien.

Tensy diesel weer af kom in prys, beplan ek niks verder as 500 kilometer meer nie, al verlang ek my self stukken na die wes kaap.😭

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/05/2022 - 19:33

Vriend het dit gister op WhatsApp gestuur.

Ons brandstof pryse is n grappie, vanoggend in suid afrika amper R25 n liter diesel betaal, vanmiddag R18 iets in Mozambiek

.

.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/05/2022 - 19:49

.... klink my jy's baie gek oor jou bek mechanic - want jy besoek hom darem wragtig baie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 05/05/2022 - 06:31

Goeie môre almal, lekker dag vir almal, môre is dit alweer lekker ou naweek.

Willem die koordlose gereedskap is duur, maar wragties so handig. Ek sal net nooit weer onder 18 volt koop nie, het vroeër 'n 12 v boor gehad wat enkele dae langer as die waarborg gehou het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 05/05/2022 - 07:22

Johann, dit gebeur as die netwerk opvangs swak is ☹, maar ek het die dubbel gebruik vir Diesel prys wat 'n vriend gedtuur het.

Geniet die res van julle dag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 05/05/2022 - 07:33

Willem dit gebeur met ons almal, ek moes net spot, jy ken my mos😇

Mosambiek: as diesel R18 'n liter is daar, dan is dit nie so vreeslik baie goedkoper as wat party mense beweer nie, ek het al gehoor van, tot soveel as 50% goedkoper as hier?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 07/05/2022 - 07:18

Alhoewel hier nie 'n enkele kind in die huis is nie - net 2 oumense - heers hier kinderlike vreugde in die huis vanoggend. Ons ver kinders land in Kaapstad vanoggend vir 'n kuiertjie tot 1 Jun. Ons is reg vir die groot bederf. Hulle word vanoggend ingewag met biltong (volgens my kleindogter se versoek), Cream Soda (wat hulle nie in Roemenië kry nie) en hul gunsteling sjokolade-stafies - Crunchies.

Vanaand sal die JC le Roux se proppe klap (my dogter se gunsteling) en lamstjops en boerewors gebraai word - wat my skoonseun bestel het.

Verskoon dus as hierdie ouballie 'n bietjie stiller word op die forum gedurende die volgende 3 weke.

Mooi dag vir almal.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 07/05/2022 - 07:28

Chris, ek kan net dink hoe die opgewonde borrel, dan is dit ook mooi intyd vir Moedersdag.  Geniet die tyd saam die kinders.

Die skoon familie kom juis van so 12:00 ook hier braai vir moedersdag.

Julle moet die Saterdag geniet.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 07/05/2022 - 07:31

Dit is julle voorreg om stil te word en die tyd saam met die kinders te geniet. Julle wag nou al lank vir die besoek. Bederf hulle uit hulle skoene uit. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus