Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brits oorverhit ook November 2026 Wessel Strydom -8 minutes ago
Rona... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 minutes ago
Impromptu besoeke Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -38 minutes ago
Dankie Rona Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Fortunator se Jurgens 500 projek 1970 Jurgens 500 Deluxe… Wessel Strydom -1 hour ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -5 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Brackenfell

HennieBo

Wed, 20/07/2022 - 06:17

Ek het gistermiddag met Shaun gepraat en dit gaan baie goed met Berdien. Sy Ma is nog nie ge-opereer nie. Hopenlik word sy vandag gedoen maar sy is baie positief. Hy sê dat hy die laaste week so 1200km gery het tussen sy vrou en Ma in die hospitale.

Hy stuur groete vir almal en sal weer kom groet as tyd aan sy kant is.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/07/2022 - 06:55

Dankie Hennie, Shaun het ook laat weet dat Berdien gister ontslaan sou word, 

Len, hoe gaan dit met jou, jy is te stil hier?

Wessel is die voet nou 100% en beplan jy jou volgende tog.

Herman, hoe gaan dit met jou, weet jy het baie dinge op die oomblik, maar gooi tog so nou en dan 'n houtjie op die vuurtjie hier.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/07/2022 - 07:51

Môre vriende

Ek gaan weer 1 Augustus die spesialis sien. Hopenlik word die laaste steke dan uitgehaal. Die hegting tussen ou en nuwe vel het so 'n verdikking gemaak, of dalk roof/dooie vel. Dit sal seker vanself mettertyd verbeter. 

Ek is dus amper weer 100%, maar sodra steke uit is, en groenlig kry, wil ek kaalvoete loop waar dit veilig is.laugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 20/07/2022 - 08:18

Annatjie, Len se vrou het gister vir my hierdie boodskap gestuur.

My internis het nou gebel en terugvoer gegee. Al die bloedtoetse is binne perke van die normale behalwe die B12-vlak. Die afwyking is veroorsaak deur die permanente ingryping in my spysverteringstelsel. Ek moet 'n reeks ispuitings oor 'n tydperk van 6 maande kry om die B12-vlak herstel te probeer kry. Daar is nog 'n paar ander toetse wat later gedoen moet word. Ek hoop dit sal nou beter gaan.

Sterkte daar Len. 🙏

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/07/2022 - 08:26

ons bid steeds vir al ons forum lede wat ongesteld is

Amen 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 20/07/2022 - 14:40

Maandag is dit D day vir my. Gaan George toe vir n scan van bors, buik en pelvis. Sien regtig nie uit na die verslag nie, maar dit sal finaliteit gee. Of ek behandeling gaan kry, of huistoe kom en wag vir die son om te sak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/07/2022 - 15:09

Sien regtig nie uit na die verslag nie, maar dit sal finaliteit gee.

Ek kan my indink hoe swaar dit op mens se gemoed moet druk. Mag die uitslag wees dat dit behandelbaar is en die prognose goed wees.  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/07/2022 - 15:10

Herman, baie sterkte vir Maandag, ons bid dat die Groot Geneesheer jou sal genees.

My broer se toon word Maandag af gesit, dit word nie beter nie en die dokter reken hulle het nie meer opsies nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/07/2022 - 15:36

Middag Herman

Ek wil ook net sê, byt vas, bly glo en ons almal hoop dat daar 'n oplossing en genesing wag.

Ons sien uit na goeie nuus volgende week Maandagaand, of daarna.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 20/07/2022 - 16:00

Wat meer kan ek sê wat reeds gesê is ...

Sterkte en bly glo dat als volgens plan sal verloop al is dit nie jou plan nie.  🙏🙏🙏

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 20/07/2022 - 21:14

.... dalk is ek verkeerd, maar ek het die afleiding gemaak (waarskynlik verkeerd) dat ek en jy min of meer op dieselfde golflengte is t.o.v. verskeie aspekte, waaronder geloof/godsdiens -"eish", hier begeef ek myself weer op dun ys. Nietemin wens ek jou die allerbeste en -mooiste toe t.o.v. van jou gesondheidsprobleme.

Mag die "outcome" van jou mediese ondersoek baie positief wees. My ou vroutjie gaan ook môre vir buik-"scan" om agter die kap van die byl te kom ten einde sekere ongemaklikehede op die krop van haar maag te ontsyfer.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 20/07/2022 - 23:01

Chris,  my ou groot nuwe maat.  Het so oor die jare dieselfde gevoel gekry van jou, en ja, jy is reg.

Vanaand het ek en ouma Von weer lank gesels, sy veg met my, sy is kwaad vir my, maar bly lief vir my. Ek vra  kwaliteit , Von  vra kwantiteit . 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 21/07/2022 - 09:33

Ek vra  kwaliteit , Von  vra kwantiteit . 

Herman, baie sterkte en ons hoop dat jy nie te slegte nuus sal ontvang nie. Die aangehaalde opmerking van jou is ook iets wat by my vassteek. Ons het 2 vriende die afgelope 5 jaar verloor waar die behandeling  hulle net 'n paar maande ekstra gegee het, maar teen 'n helse "premie" . Geen kwaliteit bygevoeg. My siening is self dat sou ek gediagnoseer moet word in 'n ergere graad, sal ek GEEN behandeling wil ontvang.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 21/07/2022 - 10:38

Dit is 'n moeilike besluit, wat net jy alleen kan maak op die tyd wat saak maak. Ons pastoor het eendag so lekker vir my gelag, ek sê "ek is nie bang vir dood gaan nie en is gereed, maar as ek wel voor 'n gewapende persoon staan, gaan ek dalk bang broek wees".

Maklik om vooruit te praat, nie maklik as jy daar staan nie, baie sterkte Herman, jy het jouself eerstens, dan jou vrou en jou kinders om in ag te neem. Wil jy hê  hulle moet langer met jou wees en sien swaar kry, wil jy vinnig gaan, weet nie, geen ander mens kan jou besluit vir jou neem nie, baie moeilik.

Ek vra  kwaliteit , Von  vra kwantiteit . 

Kom ons vertrou dat jy volgende week beter nuus kry, in 'n beter posisie is om 'n finale besluit te neem.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/07/2022 - 11:18

.....wanneer neem mens daai besluit om behandeling van die hand te wys. Wanneer is die finale geskrif teen die muur, om met sekerheid te weet?  Hoeveel spesialis-opinies kry mens voordat mens 'n sinvolle besluit neem?

Kan spesialiste werklik kwantiteit en kwaliteit vooruit postuleer, gegrond op sekere behandelinge. Deesdae het voorgesette mediese ingryping/behandeling ook 'n finansiele impak en bydraes van mediese fondse, of gebrek daaraan, kan ook 'n bepalende faktor wees.  

Op geestelike gebied is daar baie om hier te deel, sekerlik menings te deel, selfs ons moontlike uiteenlopende sienings oor geloofsgenesing. Ek gaan nie verder op die forum daaroor uitbrei nie, bloot om niemand aanstoot te gee nie.

Wat ek wel weet is, daar is geen opgetekende resep of voorskrif wat vir elke/alle persone geld nie.  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/07/2022 - 12:12

My ma het ‘n living will gehad wat gespesifiseer het dat sy nie op life support geplaas mag word nie. Toe haar kanker nie op behandeling gereageer het nie, het ons vir haar ‘n tuisversorger gekry om haar laaste dae so gemaklik moontlik te maak want dit was haar wens om tuis te sterf. Ek en sy het jare vroeër saam langs haar ouer suster se bed gestaan toe die masjiene afgeskakel is. Dalk moet ek ook maar so lewende testament opstel. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 21/07/2022 - 12:24

Chris, ek en my vrou het met ons kinders oor een gekom dat ons nooit op "life support" gesit sal word nie, ek praat nie van ondersteuning tydens nood gevalle nie, (hier verwys ek meer na bv CPR ens)  maar verseker nie om geld te mors en 'n lewende lyk te wees nie.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus