Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏
Baie dankie Willem Len,…
Baie dankie Willem![]()
Len, sterkte, nou is dit net vorentoe kyk🙏
Len se op terugvoering ...
Het nou 08:29 dié boodskap van sy dogter gekry.
Goeie more. Dit gaan baie goed met my pa - so goed dat hulle hom wel gister geskuif het na n gewone saal. Hy het gelukkig 'n privaatkamer wat doodstil is en het deur die nag baie goed geslaap. Hy het ook vroeg vanoggend sy eerste stort gehad wat hom nog beter laat voel het. Hy is nog baie uitgeput maar is aansienlik beter. Lekker Saterdag vir almal!
👍👏👏 🙏
My ma is nou wel
My ma is nou nie n forum lid nie maar wil met julle deel na dokter haar ondersoek het se hy sy moet heup vervanging kry ek se toe wag bietjie kry vir haar n spesialis in Pretoria vlieg haar deur vannaf Hoedspruit na Pretoria en lang storie kort na toetse x rays ens se spesialis my ma se heup makeer niks net erge spier inflammasie 4 dae later sonder kurke en sy loop weer amper weer haar self ![]()
Goeie griet
Middag Shaun
Sulke insidente maak my bang en dan moerig. Ek wil glo dat die 1ste dokter slegs 'n algemene praktisyn is, wat nie jou ma vir verdere toetse na 'n ortopeed verwys het nie.
Het hulle ooit X-strale geneem van haar heup in Phalaborwa, dan het iemand 'n swak analise van die plate gemaak.
Baie bly vir julle, heelwat geld gespaar met 2de opinie.
Wessel jip
Algemene praktisyn vandaar my rede dat ek my ma na n spesialis laat gaan het in Pretoria ek geweet iets klink nie reg sorry ek besig om die draad te kap
Len se op terugvoering ...
Het gisteraand 20:06 dié boodskap van Len se dogter gekry en als lyk goed.
Hallo! Vanmiddag lank by my pa gekuier. Hy lyk goed en sy dokters wat waarneem oor hom, is baie tevrede. Die chirurg wat geopereer het, is more terug en sal dan besluit wanneer my pa ontslaan sal word....lyk op die stadium asof Dinsdag dalk n moontlikheid kan wees. Lekler aand verder. Groete S
Goeie nuus dankie Willem👍 …
Goeie nuus dankie Willem👍
Het gisteraand 20:06 dié boodskap van Len se dogter gekry en als lyk goed.
Goeie nuus ook vir jou maa Shaun👍
net erge spier inflammasie 4 dae later sonder kurke en sy loop weer amper weer haar self
Len se op terugvoering ...
Ek het gisteraand 21:20 die boodskap van Len se dogter gekry. 🙏
Goeienaand. Dit gaan baie goed met my pa. Hulle het die "port" uit sy nek gehaal en alle aarvoeding en drips uitgehaal. Sy primêre chirurg wat die lang naweek nie op diens was nie, was baie verbaas met hoe goed my pa lyk. Hy sal ontslaan word later in die week maar moet eers bietjie kragte opbou met gereelde fisio sessies. Ons is baie dankbaar!🙏
Dit is beter dat Len bietjie…
Dit is beter dat Len bietjie krag opbou en fisio kry sodat hy reg kan wees om weer te gaan kamp!
Len se op terugvoering ...
Nou die boodskap gekry.
Dis nie goeie nuus nie, maar glo as sal mooi loop. 🙏
Goeienaand. My pa is ongelukkig nie vandag ontslaan nie. Hy het bloeding in sy stoelgang. Die dr het n klompie bloedtoetse vanoggend laat doen en was eers nie baie bekommerd daaroor nie, maar dit het heeldag so aangehou. So die dr gaan verdere toetse doen en my pa eers hou vir observasie. My pa is lighoofdig en voel nie lekker nie. Alhoewel dit 'n groot teleurstelling is, stem my pa (en ons) saam met die dr om hom vir eers nog in die hospitaal te hou totdat als uitgesorteer is.Goeienaand. My pa is ongelukkig nie vandag ontslaan nie. Hy het bloeding in sy stoelgang. Die dr het n klompie bloedtoetse vanoggend laat doen en was eers nie baie bekommerd daaroor nie, maar dit het heeldag so aangehou. So die dr gaan verdere toetse doen en my pa eers hou vir observasie. My pa is lighoofdig en voel nie lekker nie. Alhoewel dit 'n groot teleurstelling is, stem my pa (en ons) saam met die dr om hom vir eers nog in die hospitaal te hou totdat als uitgesorteer is.
Ons hou duim vas ....
... dat alles vorentoe goed sal verloop en dat Len wel binnekort ontslaan sal word. Ons (ek en Ralie) wens hom 'n spoedige herstel toe.
Dankie Willem dat jy ons op hoogte hou. Alhoewel ek en Len ook direkte kontak het en wel soms kommunikeer, wil ek hom nie pla nie en maak maar grootliks staat op sy dogter se terugvoering via jou.
Sterkte aan Len en hoop die…
Sterkte aan Len en hoop die terugslag is van korte duur en hy gou sterk sal wees en ontslaan sal word.
Len ...
Chris, ja ek pla hom ook nie maar is deel van sy "WhatsApp" groep en dit is hoekom ek die inligting kry en ook met Kampforum deel. Dit laat my goed voel om dié soort inligting met mede Kampforum lede te deel. 👍🙏
Alhoewel ek en Len ook direkte kontak het en wel soms kommunikeer, wil ek hom nie pla nie en maak maar grootliks staat op sy dogter se terugvoering
Sterkte Len, oms bid dat Hy…
Sterkte Len, oms bid dat Hy jou sal aanraak en gou weer op die been sal bring🙏
Willem, dankie vir die moeite om almal op datum te hou ons waardeer dit. Ek weet jy doen dit met liefde.
Dit laat my goed voel om dié soort inligting met mede Kampforum lede te deel. 👍🙏
Len se op terugvoering ...
Nou 20:20 hierdie boodskap gekry, glo als sal goed verloop. 🙏
Goeienaand. Dit gaan beter met my pa. Hulle doen spesifieke toetse om te bepaal of die langdurige gebruik van antibiotika (in die weke voor die operasie) dalk slegte organismes in die derm gestimuleer het wat nou kort kort die bloeding veroorsaak. As dit geidentifiseer kan word., kan hulle dit behandel, wat op die lang termyn my pa se herstel baie sal help. My pa sal hopelik more ontslaan kan word. Lekker aand!
Len se op terugvoering ...
Vanmiddag 16:10 dié boodskap gekry, sterkte daar Len. 🙏
Goeie middag. My pa is by die huis. Hy is nog baie swak maar ons is dankbaar dat hy darem nou al so ver gevorder het. Weereens baie dankie vir almal se ondersteuning.🌸Goeie middag. My pa is by die huis. Hy is nog baie swak maar ons is dankbaar dat hy darem nou al so ver gevorder het. Weereens baie dankie vir almal se ondersteuning.🌸
Onthou ek kan nie julle boodskappe op die WhatsApp groep plaas nie, net Admin kan.
By die huis.
As n mens by die huis is gaan dit sommer klaar beter. Die herstel proses sal sekerlik maar n tydjie neem en Oom Len moet maar geduldig wees.
Sterkte vir hulle en dankie vir die op hoogte hou Willem.
Hartspesialis
Naand Chris B
Ek antwoord jou vraag, " waarom ons nie lank weggaan nie", sommer hier.
Ons sien komende Dinsdag 'n hartspesialis oor Marie se hartkondisie wat soms klop teen 170slae/minuut. Die gesprek sal bepaal hoe die res van ons kampeerjaar gaan lyk.
Dit is onder andere waarom sy so effe "af" was in die Karoo.





Len se op terugvoering ...
Goeie nuus van Len self nou gekry. Ek glo nie hy het die Kampforum op sy foon nie maar glo hy het nou weer hande op sy foon gelê. Sterkte met die herstel en luister maar na die ouens in die wit jaste. 👍🙏