As gevolg van die beperkte spasie in die tent het ek 'n dubbel tafel gebou. My eerste een was van melamine gebou maar dit was te swaar gewees.

Daarna het ek twee plastiek tafels gebruik en die een waar die pote inpas het ek die gate deur die blad gemaak en penne gebruik om die blad te ondersteun.

As ek reg onthou het Andre toe ook vir hom so 'n eenheid gebou
VOORTREKKER: Ek kan nogal sien dat dit n baie handige patent kan wees. Pak gou al die boeke en laptop en fone en verkyker onder om plek te maak vir middagete en iets om te drink bo op.
ANDRE SMIT:
Hi Dusty,
Dis die nimlike hy daai groen tafel(s).
Wat egter by ons gebeur het is dat daai tafel net een keer op 'n kamp gebruik was en toe ons dogter se eerste Bulletjie in Mrt 2014 sy verskyning maak, annekseer Ouma hom vir babawas, doeke ruil en sommer algemene Baba tafel.
Ouma ky 3 dae 'n week na die kleinding en toe ek nog dink Tristan is nou van die doeke af toe arriveer Keagan en daar is tafel vir die volgende twee jaar vasgekontrakteer in Ouma se Babakamer.
Bly egter 'n relatief goedkoop oplossing en baie bruikbaar.




