Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -27 minutes ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -58 minutes ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 18/07/2019 - 07:39

Môre vriende,
   Ons kamp nog steeds by Monks Cowl.Oom Suurknol en tannie Suurlemoen nog steeds oorkant ons op Die Duitser en sy oulike vroutjie se plek. Gister het ek jul vertel van Bacon& Eggs daar van Klerksdorp,Orkney se wêreld.Toe ons ontbyt gemaak het gister het ek gedink ek moet jul van daai twee vertel voor ek vergeet.
    Ek en Ann is baie lief om saam kos te maak.So besluit ons om die aand Ovis Aries sterte te braai.Nou vir die wat dit ken het ek n fototjie (kaalge-eet) aangeheg.Nou laat ek jul vertel daar is niks lekkerder saam met hulle as lekker stywe pap nie.
   Wat ons doen is om hul eers n bietjie sag te kook in n drukkoker.Dan word hul met suurlemoensap en geelsout(aromat) gebraai. Elke keer as jy draai gooi jy van daai tweetjies bo-oor.
    Vroegaand het ons klaar ge-eet.Ons oorkantste bure is nog besig om te braai. Ons groet elke dag vriendelik maar kry maar nie n smile op hul suurgesigte nie.So was dit ook vandag, net n kopknik en staar teruggekry.
   So na aandete, met die stilte van die nag,is dit vir ons lekker om dan stompe op die kole te gooi en met n lekker wyntjie terug te sit en "ons tyd" saam te spandeer. Gesels sommer dan oor alles en nog wat.Sê Ann sy wonder wat gaan met 7 De Laan aan.Ek kyk hom nie meer nie,sal miskien nog daar by haar sit maar dan dink ek eerder wat kan ek jul vertel.Hy het my begin verveel.
    Met die wat ons nie TV kampeerders is nie kry ek toe n blink idee.Sê sy moet net daar wag.Gaan haal ek die karavaan se stofdoek wat van ou lakens gemaak is en n klomp wasgoedpennetjies.
     Soos n wafferse Hilda knip ek daai doek aan die voorkant van die canopy vas.Ann bly vra, wat maak jy.Oom suurknol en tannie suurlemoen kyk ook nuuskierig wat gaan aan.
    Met al die buiteligte van die karavaan aan is die canopy nou mooi verlig binne.
     Die lig by die braai skakel ek af.Draai Ann se stoel sodat sy vir hierdie kampgemaakte bigscreen TV kan kyk.Die suur nuuskierige bure se stoele is uit die aard van die saak ook in ons rigting gedraai.Die vlamme wat so n vlekkende skynsel gee teen die doek laat dit baie spookagtig lyk. 
   Gaan staan ek so voor die screen en kondig af."Dames en here,Die Spook van Monks Cowl"
  Ek glip agter die laken in so hul sien nou net my skadu teen die laken.
    Met n diep stem sê ek toe,terwyl ek baie beweeg en beduie. 
    Jul kamp so lekker,het jul nou regtig gedink n spook hou nie van kamp nie.Ons VREK oor kamp.
     Dit is hoe ek tot my einde gekom het,so by n kampery.(beduie en skop so met my bene asof ek nou die emmer skop) 
      Wie sit nou daar langs julle,o my magties ek sien nou dit is van my ou vrinne hier van Monks Cowl. Welkom, welkom ook vir julle.Ou Nic,spesiale welkom vir jou.Vriende,Nic het laas maand hier bo van n krans afgeval. 
     Vriend Barry,jy sit nou so knus daar langs Ann,gaan sit daar langs die tannie oorkant die straat. Daarsy,ek is bly jul luister nog so mooi na my.Ek is darem after all die hoofspook.
   So met my laaste beweging het ek naderbeweeg aan die skakelaar en met n "Sweet Dreams" het ek die ligte afgeskakel,die laken afgepluk en langs Ann gaan sit.
   Oorkant ons was dit doodstil, die ou oom hul had nie woorde nie.Naderhand het die tannie net gesê "ek moet badkamer toe ek dink ek het in my broek ge...."
Sy het geweier om alleen te stap.
    Terwyl hul by die badkamer was het ek so twee van die fotomannetjies op ons gesamentlike asdrom deksel gaan uitpak.Toe die tannie hul braaivleis bene gaan weggooi toe hul terug is, het ek net een hengse gil gehoor en n asdrom wat sy wegskop soos sy probeer wegkom,hul is toe maar weer daar weg badkamer toe.
    Daai nag het al wat n lig is daar by hul gebrand en die volgende oggend vroeg is hul toe daar weg met hul karavaantjie.Net so suur na ons kant toe gekyk. 
  
Veugde en vrede vir elkeen.

NS. Ovis Aries is maar net die wetenskaplike naam vir n skaap.So ons het skaapsterte ge-eet.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 13:59

"n Tannie sit en naaldwerk doen op die wal van "n rivier.

'n Feetjie kom verby en hoor die tannie huil. Feetjie vra wat is fout. Tannie sê haar vingerhoed het in die rivier geval. Feetjie duik in en kom met goue vingerhoed te voorskyn.

Tannie sê nee dis nie haar vingerhoed nie. Feetjie duik weer in an kom met diamant versierde vingerhoed te voorskyn. Tannie sê nee dis nie hare nie. Feetjie duik in en kom met regte vingerhoed . Tannie is baie dankbaar.

Feetjie sê oor sy so eerlik was kan sy die ander 2 hou.Paar maande later kom feetjie weer daar verby waar tannie verdrietig huil. Feetje vra wat makeer. Tannie sê haar ou man her in die rivier geval. Feetjie duik in en kom met George Clooney te voorskyn. Tannie sê baie dankie, haak by George in en stap weg.

Feetjie is bitter teleurgestel en sê met die vingerhoed was sy so eerlik.

Ja sê tannie maar as ek sê dis nie my man nie duik jy in en kom met Brad Pitt en as ek sé dis nie my man dan duik jy in en kom met my man en dan sê  jy ek kan die ander 2 hou en op my ouderdom sien ek nie vir 3 mans kans nie

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 24/07/2019 - 11:47

Ek was gisteraand by 'n funksie waar Pietman Geldenhuys opgetree het, skreeusnaaks!
Hy vertel van die man wat dokter toe gaan want hy voel gladnie goed nie.
Dokter trek bloed en bel hom 2 dae daarna.
Sê hy het slegte nuus en nog slegter...
Man sê gee maar eers die slegte nuus.
Dokter sê hy het ongelukkig net 48 uur oor om te lewe.
Man vreeslik geskok vra wat kan dan nog slegter wees.
Dokter sê: 'ek kon jou nie gister in die hande kry nie'! 🤭

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus