Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Aai die morning after is n…
Aai die morning after is n lelike ding.
Wonder nou net wat sou die…
Wonder nou net wat sou die kostes per dag/nag vir ń staanplek?
Vir so privaat eiland is R1200 per nag seker aanvaarbaar?
Trap ek dalk nou op lid dorings?
Ek gaan nou 'n kan wurms…
Ek gaan nou 'n kan wurms gooi, ek't gehoor dit is 'n aledaagse ding in Brakpan.😅![]()
REüNIES
Die ou manne hou reünie.
40. 'n Groep 40-jariges besluit om by mekaar te kom vir 'n aandete. Uiteindelik bereik hulle konsensus: Hulle sal by die Gasthaus Gutenberger gaan eet, want die kelnerinne daar het sulke lae halslyne en mooi tieties.
50. Tien jaar later - hulle is nou 50 - besluit hulle om weer 'n reünie te hou. Hulle besluit om weer na die Gasthaus Gutenberger te gaan omdat die kos daar so lekker is en omdat daar 'n goeie wynlys is.
60. Toe hulle 60 word, is dit weer sulke tyd. Ná 'n lang geredekawel besluit hulle om weer na die Gasthaus Gutenberger te gaan omdat die plek rookvry is en nie harde musiek speel nie.
70. Nog tien jaar verloop, en die groep is nou 70 jaar oud. Hulle bereik gou eenstemmigheid: Hulle sal weer na die Gasthaus Gutenberger gaan omdat die plek rolstoel-vriendelik is en selfs 'n hysbak het.
80. Toe hulle 80 word is daar weer 'n reünie. Reg geraai: Hulle besluit op die Gasthaus Gutenberger, omdat hulle nog nooit daar geëet het nie.
Willem....
Willem, wat soek jy voor die rekenaar hierdie tyd van die dag in die Wildtuin ? - Nogal by "Lag 'n slag " !
Is die Territory-probleem nou iets van die verlede ?
Waar is 'n kampeer-foto ?
Oom Len, outoppies het rus…
Oom Len, outoppies het rus nodig, ek glo oom sal verstaan. 😇













Ja Shaun ek ken jou ook nie…
Ja Shaun ek ken jou ook nie as 'n "looser" nie