Gister het ons omtrent iets beleef. Colin se seun in Uitenhage verjaar en ons gaan 4 nm soontoe vir 'n braai saam met 'n paar van hul vriende. Hulle woon in 'n gegoede buurt met mooi huise.
Toe ons in hul straat inry, sien ons net motors sovêr jou oog kan sien, albei kante van die pad. Skuins oorkant ons seun se huis, is 'n mooi siersteenhuis met 'n reuse rooi tent afdak wat gespan is oor die hele voortuin. Langs die huis is daar 'n straat met 'n leë erf en daarop staan 'n wit tent. Jy sien net swart mense, hordes wat oral en ook op die pad rondstaan. Ons sukkel om by ons seun se huis uit te kom en gelukkig is die oprit na die hek darem oop maar op die grasperk voor sy muur staan motors parkeer. Net links van sy oprit staan 'n voertuig en 'n paar swart mans is besig om drank te skink uit die kattebak.
Ons ry toe in en vra Colin se seun wat gaan hier aan. Hy reken toe dit is 'n Xhosa viering vir die stemproses van die ANC. Maar later toe hoor ons dit is toe nie dit nie. 'n Seun wat bos toe gegaan het vir besnyding en om man te word, kom huistoe en die viering is daarvoor.
Ons seun se huis het 'n hoë muur so ons het nie van binne 'n uitsig gehad op wat alles gebeur nie, maar ons kon alles hoor. Al die gepraat en geskree en harde Xhosa musiek wat oral speel. Die een buurman vertel vir ons, oor die muur, dat daar gisteroggend twee skape vasgemaak was aan 'n boom op die leë erf. Die was vroeër die middag in die huis se agterplaas geslag en al die mense wat daar was, seker ten minste 120+ gaan by die huis eet. Ek het, op 'n stadium, die karre probeer tel en dit was 40 of meer. Die hele teerpad was later geblok met motors en mense.
Die polisie het toe opgedaag en deurgery en met die mense gepraat. Colin se seun stop hulle toe ook en hulle deel hom mee dat die mense toestemming gekry het om die skape te slag maar hulle het nie besef daar gaan so baie mense wees nie. Hulle het hul egter gewaarsku om nie probleme met enige van die inwoners van die straat te veroorsaak nie en hul motors te verwyder waar dit die huise se opritte en die pad versper. Hul het omtrent 'n uur later weer deurgery.
Toe hoor ons 'n gesing, amper soos 'n koor en drie van ons maak toe die hek effens oop om te gaan kyk. Toe is daar omtrent 30 vrouens, aangetrek in hul Xhosa klere, wat in 'n sirkel dans en sing in die middel van die pad. Maar elkeen van daai vroue hou 'n vol bottel drank in elke hand. Hul hou dit by die nek van die bottel met die bodem na bo en hul hande is hoog gelig en die bottels drank wat ten toon gestel word.
Later is meeste van hulle by die huis met die rooi tent in. Die wit tent het nie veel aftrek gekry nie. Almal kon sekerlik nie by die huis in nie, so intussen was daar buite oral groepe wat drink en raas. Of almal ooit kos gekry het sal mens nie weet nie. Ek kan my net die chaos in daai huis voorstel toe almal wou eet.
Ons het 9.30 gery, toe staan daar nog baie motors maar Colin se seun het vanoggend vir hom gesê teen 11 uur het almal vertrek en was dit stil. Die party het die heeldag geduur so teen daardie tyd het almal seker genoeg gehad. Ons seun sê ook die pad is darem netjies vanoggend met geen teken van gemors of drankbottels te sien nie.
Mens voel maar redelik weerloos in so situasie want jy weet nie wat kan gebeur nie. Veral met soveel drank wat gevloei het. Ek en Colin het vir die jongmense gesê om nie betrokke te raak en hul misnoeë te wys nie want dit kos net een opstroppeles dronk ou om 'n wapen tevoorskyn te bring.
Dit was omtrent 'n ondervinding.
Freda dit is baie…
Freda dit is baie interessant. Dit was nou eintlik die ideale geleentheid om te gaan inloer en die kultuur met die mense te deel en gaan kyk het hoë daai skape gaar gemaak wore. Dalk spitbraai hulle hom soos die boere.
Ek spot sommer oor die gaan inloer....
Ja, dit kan nogal ’n gemors afgee as die mense so saamdrom vir troues begrafnisse ens. Veral omdat ons dit nie gewoond is nie, Dit val buite ons raamwerk van wat vir ons aanvaarbaar is.
Dit is egter hulle kultuur en dit word al vir baie jare in die TOWNSHIPS gedoen.
Ek het baie te doen met die “UNVAILING” van die grafsteen van ’n afgestorwene. Dit is ongelooflik hoeveel geld aan hierdie soort van seremonies spandeer word.
Die drankwinkel is natuurlik die wenner.....
Dans moves
Dit moes nou 'n ondrvinding gewees het. Ek het al baie in die Transkei saam Xhosa mense gebly in hulle hutte en het dit nog altyd geniet en was ook altyd soos 'n koning behandel.
Jy moes hulle gaan join het en vir die Xhosa aunties gevra het om jou 'n paar dans moves te wys! ![]()
Ek het gebrand om nader te…
Ek het gebrand om nader te gaan en te gaan kyk na alles!! Segekok, ek sou wat wou gee om in daai huis te kon ingaan.
Ek het, die paar keer wat ons by die hek gaan loer het, geglimlag vir enige een wat in my rigting gekyk het en elke keer 'n baie breë glimlag teruggekry.
Ek wou nog vir julle sê wat…
Ek wou nog vir julle sê wat ons ook lekker oor gelag het. Terwyl die gedoente aan die gang was, het ons almal op die groot voorstoep gekuier. Binne in die huis was die TV aan op die ANC se verkiesing. Die van julle wat dit gekyk het, sal weet hoeveel dansery ens. daar aangegaan het. So, ons het toe 'n dubbeldosis gehad. Binne in die huis en buite ook. ![]()
Kultuur verskille
Freda dit moes n gesig gewees het met al daai mense wat so jolyt hou .Ek sou se hulle was ongeskik om nie die bure te nooi
Soos genoem het hulle jare al die vieringe in die "townships " gehad so vir hulle is dit normaal dis ons wat dink nee jel dit kan mos nie wees nie .Jare gelede het my suster n swart buurman gehad .Daar vind in troue plaas en soos die Zulu tradisie word n bees geslag vir die geleentheid .Een klein probleem die huis is baie laag onder die pad en baie trappies wat afly na die huis so daar is geen manier om die bees onder te kry .Maklik se hulle slag die bees in die pad en dra die vleis stuk stuk af .Moet se dit was n lelike storie geweees met bloed wat in die pad afloop en bure met kinders was lekker warm onder die kraag . Julle kan dankbaar wees dit was skape en nie 2 groot beeste wat in die slag gebly het nie






Wat kan...................
Wat kan 'n mens nou eintlik sê en doen van so 'n situasie ? Op nadenke dink ek soos volg oor die geval :-