Oppad
Veilig ry Geert. Geniet die…
Veilig ry Geert. Geniet die vakansie.
Môre Geert, geniet die rit…
Môre Geert, geniet die rit net soos die die kampering, ry veilig en geniet daai lieflike kaap.
Wees veilig Geert, en geniet…
Wees veilig Geert, en geniet elke oomblik van hierdie Kaapse draai.
Krugersdorp
Waar was die wegspring geneem, lyk soos Zambezi/N1 omgewing??
Net voor Krugersdorp
Orania
Naand Geert, ek is bly julle is veilig daar. Klink of jy kole gegooi het.
Volgens die bietjie wat ek op foto sien, lyk die oord heel netjies. Geniet Orania, en gaan op die toer deur die dorp. Onthou net, julle moet op eie uitry na die koppie met al die monumente, of vra spesifiek om soheentoe ook te gaan.
Ry gerus uit na die Van der kloofdam, neem ook die paadjie onder die damwal oor die enkelbaan bruggie.
Wildehont
Ek is nie n groot bierdrinker nie....nog minder n craft bier aanhanger. Die wat ek al gedrink het elders was om die regte woord te gebruik, vieslik. Maar ek weet nie of dit die dors...of hitte....of gemoeds toestand was nie, maar het soos n muis met slippers geloop. Seker alles saam. Ek wou bottel saamneem, maar moes dan R10 ekstra betaal
Geert, dit lyk lekker daar,…
Geert, dit lyk lekker daar, dink so goue koue in daai temperatuur kan amper net so lekker wees as 'n groot glas yskoue Coke wat ek met een sluk weg sluk![]()
Geniet die dorp en maak soos Wessel sê, daar is die museum in die dorp en dan bo-op die koppie soos genoem, moeite werd om te besoek.
Watter oord staan julle op, is dit die een in die dorp as jy inkom van Uppington af?
Die mileu maak ‘n verskil
Alles smaak en is mos lekkerder op vakansie, en die omstandighede het sekerlik bygedra tot die genieting. As jy dit saamgeneem het was jy dalk later teleurgesteld.
Blikemmer maar dit is warm…
Blikemmer maar dit is warm daar..
Julle moet die toer geniet Geert!
Sandgat by Van der Kloof
More Geert
Indien die tyd in Orania julle begin verveel, en julle gaan na die dam kyk, ry julle by Sandgat se ingang verby. Kyk of julle ingelaat sal word, en gaan kyk na die oord.
Soos julle dam toe ry, seker so ongeveer <10km voor dit, is Sandgat se ingang op linkerkant. Jy kan dit eintlik nie mis kyk nie.
Gaan jy steeds tot na Krismis daar kuier? Waarheen dan, na KarooNP
Aan die oewer is weer oop
Aan die Oewer is weer oop. Skaduwee is skraps nadat winde laasjaar hul bome omgewaai het. Vol bespreek vanaf môre. Baie netjiese plek





Oppad
Oppad