Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
120490 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert... November gesels Wessel Strydom -21 minutes ago
Robertson November gesels Geert -10 hours ago
Grootwind... Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -9 hours ago
Oom Trompie.... November gesels Grootwind -11 hours ago
Konteks.... Alternatiewe sleepvoertuie Grootwind -11 hours ago
Wessel.                     … November gesels Jan Meyer -14 hours ago

Strydoms in Kruger '24

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Fri, 23/06/2023 - 14:00
Forums

Middag vriende

Nou wag ek maar dat die besprekings oopmaak vir Junie 2024. Gister gebel en kan eers van 24 Julie af bespreek. 

Ons finale datums vir Julie'24 in Kruger is as volg;

Tsendze  9 tot 15 Julie

Satara     15 tot 21

Onder Sabie  21 tot 27

Berg en Dal    27 tot 29 Julie

Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/06/2023 - 14:33

Middag vriende

Ek dink aan die volgende reisplan;

1] gaan in by P.Borwa hek, en ry tot by Tsendze.

2] beweeg na Satara, dalk 1 aand in Letaba

3] af na Onder Sabie

4] vandaar via Skukuza en slaap laaste aand in B&Dal, om maklik en vroeg op N4 te kom.

Dis maar 108km teerpad vir punt 4 se roete. Dalk moet ek rof raak en met S23,S26 en H5 sleep na B&Dal. 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/06/2023 - 14:50

...........ek sal daardie laaste aand eerder by Malelane satelietkampie oorslaap om vinnig die volgende dag op die N4 te kom.

Ons hou van Krokodilbrug, maar die Komatiepoort trokke is 'n nagmerrie.  Aan die anderkant, jy hoef nie tot in Komatiepoort te ry nie  -  heelwat voor Komatiepoort is daar 'n verbindingspad wat jy links kan afdraai Krokodilbrug-hek toe.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/06/2023 - 15:33

Len, is dit die 2de indraai na Marloth toe[ Olifant rylaan], en dan weer regs vit Ten Bosch.??

Baie dankie, ek dog dis nog 'n grondpad deur die suikerplantasies.

Pretoria

Geert

Fri, 23/06/2023 - 15:50

Hi Wessel. Ons het ook op n tyd net 1x aand in Berg en Dal geslaap en dan die volgende oggend uitgegaan, maar met die goeie wildsbesigtiging in daai omgewing bly ons nou ten minste 3x aande daar. Oorweeg dit, die roetes om Berg en Dal is miskien nie so baie nie, maar diè wat daar is, is pragtig....ons het al soms n roete 3x op een dag gery en elke keer iets anders besonders gekry. Ek is ook baie lief vir daai kamp.....daai uitkyk area oor dam by ontvangs/restaurant is vir my heerlik rustig. Laasjaar Julie was daar net buite die kamp 3x jagluiperde wat n bok ge-eet het en die volgende dag het klomp wildehonde n bok vasgetrek wat jy vanuit kampeer area kon aanskou. Dit gaan seker nie altyd so wees nie, maar soos genoem wildsbesigtiging was nog nooit vir ons n teleurstelling daar nie

Geniet jou beplanning....altyd n opwindende "projek"

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/06/2023 - 16:46

.....ek is nie seker of dit die Marloth-pad is nie.  Ek het dit nog net eenkeer gery vanaf Krokodilbrug tot by die N4  -  alles teerpad en jy skakel Komatipoort heeltemal uit.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/06/2023 - 18:09

Ek deel jou sentiment oor die Berg-&-Dal omgewing. Ons vind dit 'n uitstekende wild-omgewing. Ons ry omtrent net die S110 - soggens dalk kloksgewys en namiddae in die teenoorgestelde rigting. In die verlede was dit een van die beste paaie om renosters te sien. Uitstekende wildehond-omgewing. Sien ook gereeld leeus en luiperds. Ons was egter nog nooit gelukkig om jagluiperds in dié omgewing te sien nie. Toe Matjulu nog water gehad het, het ons letterlik ure by die suiping deurgebring.

Berg-&-Dal is die kamp wat die grootste indruk op my seun (as jong knaap) gemaak het. Deesdae is dit sy voorkeur-kamp. So ook my skoondogter wat haar wildtuin bekendstelling in B-&-D gehad het.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/06/2023 - 19:16

Naand Geert en ander

Ons het die afgelope vakansie 2 aande daar vertoef. In 2021 ook 'n aand daar oorgebly.

Die kamp is goed, dit is net daai 10km teerpad na hoofpad wat mens omtrent elke keer moet ry, wat pla. Die keer het ons die kamp oorvol aangetref, maar dit was die langnaweek se skuld.

Dit kan moontlik 'n goeie plaasvervanger word, as ons nie plek in Onder Sabie kan kry nie.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/06/2023 - 20:06

... ons vind dan juis die S110 teerpad só 'n produktiewe pad. Ons het al wonderlike leeu "sightings op dié pad gehad, 'n luiperd wat 'n kwaggavul in 'n wildevy opgetrek het, wildehonde in die pad, hiënas wat 'n groot koedoebul moeg jaag en uiteindelik plattrek (ongelukkig net buite ons sig), renosters by die hope (toe daar nog vele meer as deesdae was), klipspringers by die hope ens, ens.

Die gruispad-gedeelte van die S110 is nét so produktief. Ál van die "wil-graag-sien" diere wat ons almal maar graag wil sien, maar nog nie hier gesien het nie, is jagluiperds. 

Die naby-geleë S118 en S119 is ook uitstekende wildroetes. Al waarvan ek nie hou in Berg-&-Dal nie (as jy kamp) is die onpraktiese uitleg van die prag-kamp se ablusies - heel netjies, maar onprakties.

My eerste (van slegs twee) swartrenosters wat ek al in die wildtuin gesien het, was tussen die S110 teerpad-aansluiting by die H3 en Malelane-hek.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/01/2024 - 10:07

Ons bespreekte reisplan vir Julie 2024 lyk as volg;

Tsencze  9 tot 15 

Satara     15 tot 21

Onder Sabie  21 tot 27

Berg&Dal      27 tot 29

Len: Dis naby genoeg Brits toe, dit is dus nie noodsaaklik om so naby aan Malelane hek te wees nie.

Het iemand al met enige van die grondpaaie tussen Onder Sabie en Berg&Dal 'n woonwa gesleep. Die S21 en S112 mag dalk 'n opsie wees. So ook die H5-S23- S113 roete. Dalk moet ek daai paaie ry/verken sonder die wa, terwyl ons nou lank vertoef in Onder Sabie. As dit te nou lyk vir my, om te deel met my aards vyand, sleep ek maar Skukuza om. Laasgenoemde is moontlik 'n meet ontspannende wildrit. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/01/2024 - 10:20

.... hoe maak jy nou my pappery nat. Ek wil ok mos so bietjie "off road" sleep met my 2x4 Hilux en sagte boswoonwaentjie.

My groot bekommernis is daai ou diertjie met die sopskottel pote en lang trompet tussen die ivore.

Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 13/01/2024 - 10:29

Hi Wessel, jy skrik mos nie vir daai outjie nie, gaan toets jou sleep kombinasie op die grondpad en dan vertel jy vir ons ook. Ek sleep ook 'n pad wa en sal maar op die teerpad bly sso ver ek kan. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 13/01/2024 - 13:50

Waar het ons gepraat van langer flappe agter die agterwiele ? Ek kry dit nie. My seun het syne aangebring op sy Hilux waarmee hy 'n Bushlapa Ratel sleep.  Hulle was pas deur Namibië tot by Hentiesbaai.  Dis ongelooflik belangrik in modder of dik sand en jy sit vas. Ry jy dan effens agteruit, hou die kettinkie die flap weg van die wiel en keer dat jy nie bo-oor dit ry en afruk nie.

.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/01/2024 - 15:48

Dankie vir die foto. Jou seun het die ketting dus as voorsorgmaatreel aangebring, om nie die flap af te ry nie.

As ek so na die foto kyk, het hy nie die standaard agterflap verleng om nader aan die grond te wees nie. 

Het jou seun enige ander klipspatskerms ook aangesit, om klippe van sy Bush Lapa te keer.?

Ek wou ekstra voorsorg tref vir harde grondpad ry, waar klippe dalk kan spat teen die veselglas Kavango. Die ervare manne het my afgeraai, die stukkie pad na Mokala regverdig dit nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 13/01/2024 - 16:41

  • Dis 'n splinternuwe, langer agterflap wat hy laat aanbring het  -  dus, nie 'n verlengde bestaande flap nie.
  • Die ketting het saam met die langer agterflap gekom.
  • Hy het wel 'n beskermingsnet oor die Bushlapa se neus wat Bushlapa vir hom aangebring het
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/01/2024 - 19:12

...dis dan n baie netjiese oplossing, veel beter as 'n gesukkel om verlengstuk aan te las. Het hy dit by Toyota bekom, of  waar??. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/05/2024 - 09:54

...is nou om die draai. Ons het lekker getoer deur die kleiner wildtuine, nou kom die poeding----Kruger toe, in Julie.

Kavango moet moontlik remskoene kry, die af kasdeur moet reggemaak word, en Grompie is altyd sleep-gereed. Oeps, ek sal sekermaak die batterykabels is deeglik vas, wil nie Pathfinder-Len verrassing kry nie..

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/06/2024 - 12:55

Ek het nou ons oorslaap by Phalaborwa Safari Park [Aventura] bespreek. Ten minste weet ek dat daar 8 Julie vir my 'n staanplek is. 

Kos my 'n volle R190 vir die aand, ek dink dis billik.

Pretoria

Geert

Sun, 02/06/2024 - 15:51

Ek dink ek sal maklik vir n maand by Forever Phalaborwa kampeer. Nie dat kamp veel bied nie, maar die netheid en heerlike atmosfeer wat daar heers