Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -4 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago

Klappers en nuwe jaar

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Klappers is gisteraand tot na 00H00 vanoggend geskiet ek weet dis nice maar mense steur hulle nie aan die afgebakende plekke waar daar klappers geskiet mag word nie . Dis tussen die huise gedoen ek wonder vanoggend hoeveel honde loop weer rond na dit.

Meyerton

Segekok

Mon, 01/01/2018 - 10:40

Ek haat die goed.  Dit besoedel en bemors als. Die wat skiet sal nie die gemors opruim nie. 

Die diere, voëls ingesluit word nie in aggeneem nie.  Nie eers die oumense in die ouetehuis word ontsien nie.

Wens hulle wil dit geheel en al verbied.  Kon baie honger mense met daardie geld gevoed het.

 

Gelukkig hier by ons is daar darem soort van orde. As iemand dit waag word sy tjank sommer baie vinnig afgetrap...

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 01/01/2018 - 12:11

Ek haat ook die goed.

Gelukkig het ons hond Spinnekop deur alles geslaap. Hy self is nie gepla oor dit nie, maar my suster en baie ander mense se diere was erg geraak.

Moet sê hierdie jaar was dit baie stiller as die vorrige jaar gewees.

Dit lyk nie of daar n voorbeelde van mense gemaak word nie, wat die goed so skiet nie.

Kan ook nie verstaan, dit is altyd die mense wat kla oor geld wat die k@k koop.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/01/2018 - 21:48

Die skiet van klappers is hierdie jaar in Kaapstad verbied om veral brande te voorkom want ons het nie water om te vermors op die blus van brande nie.  Hier by ons in Brackenfell het ek nie een klapper gehoor of gesien nie.

Stem saam, dis boonop ook 'n mors van geld wat baie beter aangewend kan word, veral as ons so graag die Regering kapittel oor hulle vermorsing van geld.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 01/01/2018 - 22:08

Ek stem saam met die "ek haat dit" groep

Al is dit mooi om daar in die verte te kyk na die vuurpyle, sit jy die heeltyd en bid dat jou huis nie af gebrand gaan word deur so onnosele ou in die woonbuurt wat roekeloos met die goed werk nie.

Vroeg vanoggend bel ons alarm se beheer kamer, eerste ding wat deur jou kop gaan, is dat die lapa af gebrand is of dalk iets erger. Gelukkig was dit het 'n vals alarm.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 02/01/2018 - 06:10

Hier in ons woonbuurt het ons ook niks gehoor nie.  Maar blykbaar was dit baie erg by die strandfront waar die skares toesak oor oujaar en nuwe jaar.   Die mense in Summerstrand en Humewood kla erg oor die effek op hul katte en honde.  

Gister was daar "fire work displays" in ander lande op TV waar miljoene spandeer is.   Dit lyk my die lande wedywer al om te sien wie s'n gaan die grootste en beste wees.   Pleks die geld eerder vir iets goed aangewend word.

Ja, verban die goed!

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 03/01/2018 - 11:50

Nuwejaarsdag word klappers geskiet en `n week later is daar geen kos op die tafel dit gebeur oral.

Ons het ons tradisie van die middernag diens opgesê die jaar omdat ons bekommerd was oor ons honde en die van ons kinders wat by by ons kuier terwyl hulle op vakansie is. Ook maar goed so want selfs na die pille wat al 2 dae voor die tyd beginne gee was het dit nie veel gehelp nie.

Ek en die vrou het buite om `n vuurtjie gesit en die nuwe jaar inwag toe daar `n helse kabaal losbars voor in die straat. Buurman se boerboel van seker 80kg het geskrik en is deur die heining straat in.

Gelukkig het hy na my toe gekom toe ek hom roep maar moes met hom sit in my pypsteel erf tussen 2 hekke sodat hy nie by ons honde kon uitkom nie. Been gebreuk met `n helse sny wat erg bloei. Kon dit so op `n manier stop maar moes daar in die oprit sit en wag vir `n uur en 45 min vir buurman om by die huis te kom. Hoe daai hond my nie opgevreet het nie weet nugter

Dit is sleg dat die goed nog verkoop word. Het selfs Metro polisie dit sien aankoop (In iniform en met verkeers moter nogals)

Ek sien my nuwejaarswens het nie waar geword nie (Geen klappers) sal maar seker vir iets anders moet wens want jaar na jaar word ek teleurgestel.

 

Groetnis

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus