6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -6 hours ago

Ryloop of duim gooi

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Gee julle nog iemand n saam ry geleentheid as hy duimgooi / ryloop ? In my weermag dae het ek redelik duim gegooi sien deesdae baie mense duim gooi persoonlik gee ek geen saam ry geleentheid nie soveel gehoor van motor kapings vertel bietjie jou opinie

Centurion

Voortrekker

Tue, 16/01/2018 - 06:10

Nee wat. Mens kan nie meer sulke kanse vat  nie al wil jy hoe graag. 

Ek dit ook baie gedoen, tydens weermag ook baie tussen Pta en CPT ge-ryloop.  Vandag is ek so bang ek sal nie eens stoo en  myself 'n lift gee niesmiley

Meyerton

Segekok

Tue, 16/01/2018 - 06:52

Ek dink ek het nog een van daai "Ry veilig" bande iewers.

Nee ek gee ook nie vie iemand n "lift" nie maar sal wel nog onder sekere omstandighede stop om mense te help wat langs die pad staan met voertiug moeilikheid. Maar ons eie Veiligheid kom eerste.

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 16/01/2018 - 08:04

Nooit as te nimmer sal ons rylopers oplaai nie.   Jammer, al is hul goeie mense wat desperaat is vir 'n saamry geleentheid, mens kan net nie seker wees nie.   Aan die ander kant kan ek ook nie verstaan dat rylopers nog bereid is om die kans te vat om in 'n vreemdeling se motor te klim nie.  Hoe weet hulle hul gaan veilig wees?

Pretoria

Slowstrike

Tue, 16/01/2018 - 09:14

Ek sal nog iemand `n "lift" gee as ek met die bakkie ry en die bak is oop (geen seiltjie of kappie op nie) maar dit is hoever ek sal gaan. 

Ek het `n plot tussen pretoria en Cullinan en net na die kruising van Zambezi en die Molotopad is daar Derdepark winkelsentrum. Ek het een keer daar gestop en toe spring van die ander plotwerkers sommer op die bak sonder om te vra of hulle kan saamry. So duskant my plek klop die manne op die dak dat ek moet stop maar ek hou net aan ry. Net so neffens Cullinan moes stadig ry vir ander verkeer toe spring hulle soos vlooie van die bakkie af. Dit het nooit weer gebeur nie. Nou se dae vra hulle eers voor hulle opklim

 

Groetnis

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 16/01/2018 - 12:16

Die probleem met so ou wat jy "lift" agter op 'n bakkie.  As hy daar afval of in 'n ongeluk 'n besering opdoen, sit jy met 'n klomp probleme.

Meyerton

Segekok

Tue, 16/01/2018 - 12:22

Agter op die bakkie  en jy word as n rassis uitgemaak.  Veiliger om dit nie te doen nie. ( met verwysing van die man wad die swart swanger vrou n geleentheid gegee het.)

 

Pretoria

Slowstrike

Tue, 16/01/2018 - 13:16

Ek hoor julle. Dit is maar `n ongeskrewe "reël" in die plaas plotte gemeenskap dat die werkers (joune en die buurmense) `n geleentheid aangebied word agter op die bakkie na en van die winkels.

Het nooit aan die wettige aspekte daarvan gedink wat Freda noem nie. Mens dink mos almal "ag dit is net `n paar kilometer niks kan tog gebeur nie" 

Die rassisme ding daaroor voel ek vere dis my bakkie en as jy nie agterop wil ry nie loop met die poot.

Toe my boerboel nog gelewe het en omtrent altyd saamgery het het sy voor by my gesit. Niemand anders wou eers naby die bakkie kom nie want sy wou hulle opvreet (blank of ander) 

Dis die legal ding wat Freda genoem het wat my pla en my heel moontlik twee keer sal laat dink voor ek weer iemand oplaai (agter op die bakkie)

om nie 

Guys, be warned. Picking up hitchhiker’s can easily become a nightmare...

Long story short, when I was an apprentice 1974 – 78....Thereabouts, (at SAA Jan-Smuts) believe it or not I’m a qualified aviation technician turner machinist by trade.... I was resident in the JH Kruger hostel in Elandsfontein

Basically, a senior apprentice, at SAA technical who was renting a flat once gave a lift to a lady hitchhiking one evening

Early hours that morning, the police arrested him for rape....

Seems the lady was not such a “lady”, and got herself knocked up by a boyfriend and cooked up a plan to deceive her husband, claiming that the guy who gave her a lift raped her. (Apparantly took his registration as he left her where she wanted to be dropped off then went to the police)

He was thrown in jail, not given his due rights, went to court, was refused bail lost his flat & contents got suspended from SAA, HIs girlfriend broke up with him and landed up with huge costs for legal representation...

He was proven innocent, but by then the damage was done. All he could do was sue her, but she had nothing as hubby then divorced.....

Lifts?

Nope.....  not about to make that mistake....

But there are times when one can make a judgment call.. Car & van broken down, family standing around, yes, I’ll help... Biker standing next to his bike that kind of thing.....

With the advent of cell phones and so on, it’s a rare case indeed that the other person is 100 % stranded....

Centurion

Dusty

Tue, 16/01/2018 - 17:05

Ek het laas in die vloot geryloop. Wanneer ons wou gaan fliek moes on ryloop terug kamp toe. Die laaste bus na die bluff was om 19:00. Die fliek het 22:00 uit gekom. Het darem gereeld geleentheid gehad dat iemand ons op gelaai het. Het ook altyd seker gemaak dat ons twee was wat geryloop het.

Vandag, nie maklik nie. Nie ryloop of iemand oplaai nie.

Vaalpark

Johann L

Thu, 18/01/2018 - 20:48

Never ever, nooit as te nimmers nie.

Ek het ook baie "gehike" in my army dae, dit was veilig, vandag, nee wat, ek voel jammer vir hulle maar my veiligheid is belangriker.

En die wet gaan jou op hang as jy in 'n ongeluk kom en so persoon kry seer agter op 'n bakkie.

Secunda

Sleep nou

Fri, 19/01/2018 - 05:43

My kleinkinders sit nie eers meer agter my 1400 nie vandag se paaie en mense se gedrag laat veel te wense oor

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus