HI Almal.
Ek deel graag met julle oor hoe ons met ons Camplite en Caddy-Van Kamp.
Lees gerus hier en kyk foto's van hoe die Louw gesin dit doen met Jurgens se goedkoopste kamp Sleep opsie!
Kyk hoe kamp Voortrekker - KampBlad
Voorsmakie:
"Ons het tot op dag al 45 keer met ons Camplite gekamp"

HARRY DU RANDT: Het gaan loer op KampBlad.
Dit is nou hoe mens kamp
Die regte kamp gevoel.
Daai 1.9 Tdi is ysters
Wens ek kon een in my Suzuki bou, hy is bietjie dors.
LEN LOADER: Anton, dankie vir 'n lekker-lees kampverslag. Lyk vir my julle was al op meer kampeerplekke in die Kaap as ek ! Jy sal nog sien, daardie twee bulletjies van julle gaan ware kampeerders word as hulle eendag volwassenes is. Ons drie kinders is saam met hulle gesinne gek oor kampering en het ook elkeen hul eie karavaan. Julle opset lyk uiters doelmatig en gerieflik, netsoos 'n kampopset moet lyk.
Lees ek tussen die lyne iewers 'n Nederlandse herkoms, want ek merk hier en daar 'n Nederlandse woord ?
VOORTREKKER:
Len Loader het geskryf:
Lees ek tussen die lyne iewers 'n Nederlandse herkoms, want ek merk hier en daar 'n Nederlandse woord ?
Nee Len, dit is die Macbook waarop ek werk by my huis, hy het een of ander woordeboek in wat Afrikaanse woorde na Nederlands wil verander, ek sien darem hy leer en na 'n paar keer weet hy ek soek nie die Nederlandse woord nie
Al gewonder of ek dit nie so moet los nie, dit lees en klink nogal mooi.
Ek het self ook 'n uittrek…
Ek het self ook 'n uittrek kombuis ding agter my Camplite ingebou - het sommer 'n groot staal trommel op heavy duty rails gesit, gas stoof en kompartemente ingebou, afslaan tafel blaaie en deksel met eetgerei en braai goed in. Dit werk soos 'n bom. Dink daar is so stuk stuk foto's daarvan op die volle artikel - (volg skakel heelbo)
Anton, nou eers jou artikel…
Anton, nou eers jou artikel op kampblad gelees. Ek dink jy maak baie mense jaloers met jou kamp opset, dit lyk en klink soos regte egte kampsake, die ware jakob.
Dankie Koos. Ja ons geniet…
Dankie Koos. Ja ons geniet hom vreeslik baie, sleep lekker lig en bied alles wat ons nodig het om lekker gemaklik te kamp.





Ek kamp lekker met my…
Ek kamp lekker met my camplite. Gaan nou kombuis agter by klap inbou en nuwe nosecone laat maak waar my yskas inpas. Gaan ook my batery skuif na onder die sleepwa se vloer om spasie los te maak.