Forum Onderwerpe
Algemene Inligting
Resensies
Baie besige naweek by…
Baie besige naweek by Sondela. Was 'n fietsry kompetisie plus 'n pa en dogter naweek. Die plek was stampvol. Vriendelik verwelkom deur studente met pannekoek, sak ys en sak hout. Het nie die gratis wildsrit meegemaak nie.
Daar is 'n aangename atmosfeer. Staanplek was geplavei. Daar is klein medium, groot en ekstra groot staanplekke. Staanplekke met privaat ablusie geriewe is ook beskikbaar.
Die ongeveer ses km grondpad na die woonwapark was onaangenaam. Met die uitgaan by die hoofhek is daar 'n span wat jou voertuig en woonwa vinnig en gratis was.
Sal beslis weer vir 'n naweek gaan kuier.
Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
Maart 2022
Koste
R600 per nag
Toegangbaarheid
Slegte grondpad maar kan gesleep word
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras en plaveisel opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
3uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite





Sondela
Jy kry 'n verwelkoming drankie met aankoms asook 'n sak ys, hout en 'n wild rut wat jy moet bespreek. Ons het darem so klompie diere gesien.
Dit was 'n langnaweek en tog was die oord nie so vol nie. Weens winter was die gras redelik droog en die mense dink nie aan die stof as hulle te lui is om te loop nie.
Al wat ek nie van hou nie is die uitry roete wat redelik lank en stowerig is, daar is wel by die hek mense wat jou kar en karavaan sal afspuit en buite was (gratis) maar die draai met die Exclusive was te kort.