ATKV Klein Kariba

Algemene inligting

Resensies

Vaalpark

Johann L

Mon, 12/11/2018 - 05:39

Toegangs pad is teerpad en ook binne die oord self.

Ontvangs en alle personeel is baie vriendelik  en behulpsaam.

Hier is baie om te doen vir alle ouderdoms groepe, selfs 'n "wild rit", as mens dit so wil noem, na die kapel waar jy heelwat bokke en vlakvarke te sien kry.

Die enigste probleem hier, is die apies, en "banded mongoos" hulle (die apies) kan baie lastig wees en plinder enige ding wat lyk of dit kos kan  bevat.  Jy moet maar alles weg sit as jy van jou kamp plek af weg gaan vir watter rede ook al.

Ons het wel bobejane in die omgewing gesien, maar nooit binne die kamp terein nie.

Zebras loop so naby die kamp en wei, dit voel jy is terug in die natuur.

Ons sou net vir drie nagte gaan, maar het ons tyd verleng na ses nagte.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Plaveisel
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel en restaurant
Vir kinders?
Baie fasiliteite
0
Centurion

Voortrekker

Mon, 12/11/2018 - 15:24

Ons het in 2013 Daar gekamp net voor die oorstroming plaas gevind het toe die dam wal gebreek het.   Dit was baie lekker gewees en ons moet defnitief weer 'n draai daar gaan maak.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 12/11/2018 - 15:36

 

Ons het Desember 2016 daar gekamp langs ons vriende Gideon en Elsabé.

.

Lekker straat braai gehou en hulle het vir ons die musiek, vuur en pap met sous verskaf.

.

.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Enige tipe voertuig
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus