Waterberg Resort

Forum Onderwerpe

Algemene Inligting

Resensies

So vinnige review van die oord.

Seker een van die lekkerste kampe wat ons in n lang tyd gehad het.

Veiligheid - Uit die boonste rake, sal die kamp 5/5 gee.

Dit is nie n groot besige oord nie en jy is nie in jou buurman se face nie.

Ek sal volgende keer die boskamp staanplekke bespreek, lekker groot en toeganklik vir enige tipe wa met krag en puik ablusies.

Die BC staanplekke is ook so gelee dat gesinne saam kan kamp.

Swembad was kristal helder skoon en dit lyk of net die oord eienaar en sy vrou al die werk doen.

Pragtige stainless steel braaiers wat maklik stoot en altyd silverskoon was.

laagtepunt - die houding van die eienaar se vrou, persoonlik dink ek uit observasie dat sy een uiters bittere mens is en dat die gaste by die oord vir haar n las is!!

Daai pragtige oord was 20% gevul en ek dink sy jag gaste weg deur te se dat die oord vol is, en dit is wat werklik gebeur het.

Lyk my die oord is te koop en as iemand met biki kliente diens die plek koop gaan hy nommer een wees binne 6 maande want die geriewe en algehele indruk van die plek is puik.

Maar nou ja, ons het ons nie aan die vrou gesteur nie en lekker gekuier en gekamp!

Boskamp is volgende op my bespreking.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus