More vriende, Ek het plek geboek vir die langnaweek in Maart want ek was Sondag daar verby en die plek, veral die sekuriteit lyk baie goed. Enige ander menings oor die kamp plek?
Hahahaha! Julle lyk baie…
Hahahaha! Julle lyk baie trots! Een van die dae kan ek ook so staan!

My seun het ook altyd vir my…
My seun het ook altyd vir my gelag met my boepie. Ek het hom gesê dat sy dag gaan kom.
Eish, en dit het begin gebeur hier kort na sy 33ste verjaardag. Nou lag ek ook lekker.
Dit is nou 3 motorfiets…
Dit is nou 3 motorfiets ryers. Dit is waar die helmuts gebêre word.
As ek eendag groot is????
Julle kan seker raai watter…
Julle kan seker raai watter een is ek.
Julle kan seker raai watter…
Julle kan seker raai watter een is ek.
Die een met die stukkende knieë? Hahahaha
Julle kan seker raai watter…
Julle kan seker raai watter een is ek.
Die een met die meeste plooie??![]()
Op 'n meer ernstige noot. Ek oorweeg dit om by Waterberg oord te gaan oorstaan vir 'n paar dae as ek in September terugkeer vanaf Eiland Spa. Ek let op dat Frikadel is met die verby-ry beïndruk met die sekuriteit. Ons sal waarskynlik tydens mid-week daar wees (buite-seisoen). Ek sien op CP.com se "ratings" dat 22 persone dié oord ge-"rate" het en dat hulle gemiddeld vir sekuriteit is 5 uit 5.
Enige kommentaar van ons forum se mense wat die plek ken?
Willem, die een naaste aan…
Willem, die een naaste aan die kamera.
naaste aan die kamera …
naaste aan die kamera
Hennie, ek dink jy is reg. Die een wie se voete nie wys nue
Noudat ek die manne so sien…
Noudat ek die manne so sien met daai mage waarvoor hard gewerk is en baie geld in is voel ek sommer dat ek baie tuis gaan wees daar tussen die bome.
Was net bang hulle vra my ekstra vir 'gewig"!!
Frik en Waterberg
Was jy toe daar gewees Frik ek was op Waterberg Resort se web gewees dit lyk regtig na n nice plek
Was jy toe daar gewees Frik…
Was jy toe daar gewees Frik ek was op Waterberg Resort se web gewees dit lyk regtig na n nice plek
More almal,
So vinnige review van die oord.
Seker een van die lekkerste kampe wat ons in n lang tyd gehad het.
Veiligheid - Uit die boonste rake, sal die kamp 5/5 gee.
Dit is nie n groot besige oord nie en jy is nie in jou buurman se face nie.
Ek sal volgende keer die boskamp staanplekke bespreek, lekker groot en toeganklik vir enige tipe wa met krag en puik ablusies.
Die BC staanplekke is ook so gelee dat gesinne saam kan kamp.
Swembad was kristal helder skoon en dit lyk of net die oord eienaar en sy vrou al die werk doen.
Pragtige stainless steel braaiers wat maklik stoot en altyd silverskoon was.
laagtepunt - die houding van die eienaar se vrou, persoonlik dink ek uit observasie dat sy een uiters bittere mens is en dat die gaste by die oord vir haar n las is!!
Daai pragtige oord was 20% gevul en ek dink sy jag gaste weg deur te se dat die oord vol is, en dit is wat werklik gebeur het.
Lyk my die oord is te koop en as iemand met biki kliente diens die plek koop gaan hy nommer een wees binne 6 maande want die geriewe en algehele indruk van die plek is puik.
Maar nou ja, ons het ons nie aan die vrou gesteur nie en lekker gekuier en gekamp!
Boskamp is volgende op my bespreking.
Dankie ou Frik
Dankie Frik ja sy gaan haar self skade aanbring as sy ongeskuk is
Dankie Frik. EK gaan jou…
Dankie Frik. EK gaan jou review sommer copy en paste na die resensie blad toe.
Ek sal nie name noem nie, maar daar is ook so 2 oorde watek nie sommer wil besoek nie asgevolg van 'n antie / bestuurders wat ongeskik en vol van hulle self is.





Vleisbal, Ons was daar is…
Vleisbal,
Ons was daar is 2014 en dit geniet, behalwe Surette wat haar toon gebreek het.