My huidige 2013 Pathfinder (en ook die vorige 2006 Pathfinder) is uit Spanje ingevoer met Good Year Wrangler bande wat in Duitsland vervaardig is. Ek kon nog altyd die Duitse Good Years plaaslik te koop kry om my bande te vervang, maar hulle het eintlik nooit meer as 40 000km gehaal nie. Verlede jaar in Mei moes ek weer bande vervang en kon toe net die plaaslik vervaardigde Good Year Wranglers bekom, maar was uiters teleurgesteld omdat hulle nie eens 20 000km kon haal nie. (Ek is 'n bande perfeksionis, pomp, ruil, balanseer en stel wielsporing gereeld.
Ek begin toe met my rondsoek na iets anders, maar die ervaring van 'n vriend se Prado en my skoondogter se Ranger met Cooper Discoverer A/R3 bande, het my aandag baie getrek - hierdie bande gee uitstekende leeftyd. Ek het pryse begin navors, maar hierdie bande is baie duur - die algemene prys wat ek kon bekom was R3250. Gelukkig vir my het 'n bande-handelaar 'n nuwe tak hier naby ons geopen en ek kry toe 'n baie spesiale aanbieding van R2550 per band ! Teen hierdie prys het ek sommer 5 bande gekoop !
Cooper bande word in Amerika vervaardig en Cooper Tyres SA (Pty) Ltd versprei die bande net na hulle geakkrediteerde handelaars. Die groot trekpleister is die bande se lang leeftyd en hulle TyreLife waarborg. Die Discoverer A/T3 reeks word kontraktueel vir 85 000 km gewaarborg en ook vir enige padgebruik skade indien die band nie normaalweg veilig herstel kan word nie. Die waarborg het egter streng voorwaardes. Elke band se reeksnommer moet aanlyn aangedui word waar dit op die voertuig gemonteer is, dit moet elke 8 000km geroteer en gebalanseer word en die wielsporing moet getoets en verstel word. Die aankoopfaktuur en elke wielsporing verslag moet op die stelsel geskandeer word. Hierdie take moet by 'n geakkrediteerde Cooper handelaar gedoen word. Dit klink erger as wat dit werklik is, maar die waarborg word deeglik geadministreer.
Cooper bande hou 'n lae profiel, maar is baie bedrywig in Suid-Afrika, veral op 4X4 aktiwiteite - Google gerus hulle SA webtuiste vir baie interessante inligting.
FRIKADEL: Ek het weer heelwat sin gekry in die Hankook ATR's na ek die bande shootout gelees het in die Wegry tydskrif. Uitstekend op nat pad, teerpad en vrotpad en hy hou is taai sonder padgeraas.
Het hulle op die Hilux gesit op 50 000 kilos en nou op 98000 kilos lyk hulle nog so te se nuut.
JOHAN K: Ek ry nou al die afgelope 9 jaar uitsluitlik op Cooper A/T's - eers met 'n Isuzu 280 DK 4X4 en later met 'n KB300 DK 4X4. Ek het nog net goeie diens uit hulle gekry. Die gemiddelde leeftyd van 'n stel bande is 110 000km wat rofweg verdeel kan word as 80% op teer en 20% grondpaaie en "off-road" roetes.
Wou ook nog sê dat ek altyd versigtig is op 'n nat pad, maar die kere dat dit nodig was, het hulle hulself ook goed gedra op nat teer.
LEN LOADER: Wow Johan, dit is sommer baie goeie nuus!
Mooi nê ?
DUSTY: My huidige voertuig soos die voriges het met continental uit gekom en omdat ek gewoonlik net 2 op 'n slag vervang het ek by dit gebly. die voorstes het gewoonlik so by die 50 000km gehou en die agterstes hier by die 80 000km
Die huidige een is 'n AWD en sal maar moet kyk wat gebeur. Die Cooper A/T's klink of dit die antwoord gaan wees
JAQUESK: Ja nee Len, daardie is 'n gawe prys.
Ek sal enige goeie band koop, veral as die prys reg is en dit die aplikasie pas.
Met die Everest is die verskeidenheid maar min so ek sal lank voor die tyd moet begin soek.
WILSUR:
Dusty het geskryf:
My huidige voertuig soos die voriges het met continental uit gekom en omdat ek gewoonlik net 2 op 'n slag vervang het ek by dit gebly. die voorstes het gewoonlik so by die 50 000km gehou en die agterstes hier by die 80 000km
Die huidige een is 'n AWD en sal maar moet kyk wat gebeur. Die Cooper A/T's klink of dit die antwoord gaan wees
Maak net seker met die AWD, want die Territory moet ek al 4 vervan, kan nie net 2 vervang nie want dit beinvloed die AWD en ratkas.
WILSUR:
JaquesK het geskryf:
Ja nee Len, daardie is 'n gawe prys.
Ek sal enige goeie band koop, veral as die prys reg is en dit die aplikasie pas.
Met die Everest is die verskeidenheid maar min so ek sal lank voor die tyd moet begin soek.
Die Territory se bande is ook skaars.
JAQUESK:
WilSur het geskryf:
JaquesK het geskryf:Ja nee Len, daardie is 'n gawe prys.
Ek sal enige goeie band koop, veral as die prys reg is en dit die aplikasie pas.
Met die Everest is die verskeidenheid maar min so ek sal lank voor die tyd moet begin soek.Die Territory se bande is ook skaars.
Jy is heeltemal reg.
Weet nie wat dink Form met al die "odd size" bande nie.
Ruk net jou sak as jy hulle moet vervang.





2018 was a Good Year for us…
2018 was a Good Year for us on the kampforum, we can now Dunlop onto others grand names😂