Forums
Ek het sondag al begin met die nuwe hout trappie vir die "Ou Lady" oor haar staal trappie reeds beter dae gesien het. So paar jaar terug het my skoonpa so hout kas gebruik met hulle Wilk en ek het besluit om ook so kas te bou oor dit 'n 2 in 1 is. Die kas weeg 4kg maar en daar word spasie bespaar in die wa oor dat ons nie nog 'n trommel nodig het nie en ook nie spasie nodig het onder 1 van die bankies vir al die penne en hammer nie. Die trappie/kas moet nog beidge geverf word, rubber kry bo op en spons binne in.





Haha, Colin sal maar so 'n…
Haha, Colin sal maar so 'n trappie moet bou