Sit ek nou so rustig [nie regtig nie] hier binne in die wa met 'n beker koffie in die hand.
Honger pyne begin so knaag aan my maag, nou wonder ek hoe maak mens nou kos so in die reen?
Gister oggend vir ons lekker omelette gemaak met gebraaide paddastoele bacon en tamaties, 4 eiers elk. Baie lekker gewees maar sal nie nou werk om in die reen te maak nie?
Gisteraand 'n lekker groot pot vissop gemaak, lekker dik sop met mossels, 12 prawns, paar stukke stokvis en so meer. Petra het vir ons 'Sandwitch Squares gemaak met cheddar, mozerella en bietjie blou kaas bo-op. sit onder die grill tot al die kaas lekker gesmelt het, werk baie lekker saam met sop, ideaal vir so koel aand soos gister.
Maar,,, vandag - weet nie so mooi nie, ek het al vir ons voorheen sandwich squares met gerasperde mozerella, chedar, en fyn gesnyde agurkies, gemeng met mayonaise, ook onder die grill. As kaas gesmelt is sit jy 'n sagte 'poached egg" bo-op ook baie lekker, maar weer ons tent is te nat om dit te doen?
Miskien moet ek maar in gaan Warmbad toe en daar gaan ontbyt soek, en met die terug kom by gaan 4x4 ry?
As dit reën of koud is,…
As dit reën of koud is, Kerrie & Rys!! Darem nie vir ontbyt nie.![]()
Dis snaaks oom Arie het…
Dis snaaks oom Arie het nognie vir tannie Petra winkel toe gestuur in die reen om vir hom 'n toasted sandwich te gaan kry nie. Dan bly jy mos mooi droog?![]()
Nie soo snaaks nie...
Tannie Petra sal vir Arrie....... Hoe om te se.....
Stel dit so......
Net mooi se wat om met daaaaaaaaaaaai suggestion te doen
Arie ek is seker hulle sal…
Arie ek is seker hulle sal vir jou takeaways aflewer? Wat is vandag se pensionaris special?
Julle mense verstaan nie…
Julle mense verstaan nie mooi nie, ontbyd is die belangrikste maal van die dag, nou kom julle met kerrie en rys, panekoek, toasted sandwich, en nog erger 2 min noodles!!!????
Op gery na die restourant hierbo op die berg, langs die kroeg met die mooiste uitsig in die land.
Lekker stewige ontbyd genutig, vrugte slaai, gebakte eiers, hoenderlewertjies, mushrooms, bacon en boerewors, en dan om af te rond toast met kaas en bitter lemoen marmelade, lekker verby!
Toe so vinnige 4x4 roetetjie gaan ry, Voorie die spruit wat ons deur gery het [toe die kabouters so bang was] nou nie meer 'n spruit nie, so 600mm diep. Lekker gegly en klippe geklim teen die berg op, so en so dat annetjie wou he ons moet omdraai. Nou ja ongelukig kan mens glad nie omdraai op daai nou paaidjie nie, en agteruit af te ry is my nek te styf voor. Moes maar klaar maak.
Probeer soos ek wil maar my getroue ou Pajerotjie weier net eenvoudig om erens te gaan vas sit!!
Tannie Frieps, jy praat waar…
Tannie Frieps, jy praat waar met daai kerrie, ongelukig kan Petra glad nie meer warm of efens warm kos eet nie. Enige iets met kerrie, peper, piri piri, en so is uit. Kan ook glad nie yskoue of baie warm drankies drink nie.
Ek loose maar saam met haar daar, wil nou nie aan lekker piri piri hoender eet en sy kan nie!
Pannekoek met Roomys. Dit…
Pannekoek met Roomys. Dit sous al heeldag hier in Potch, en ek is nogsteeds besig met gister se Taakies ( Niksdoen )
Hier in Pretoria ook. Het…
Hier in Pretoria ook. Het die swembad pomp terug gekry maar kan nie nou die ding in sit nie so ek probeer ook nog om gister se niks takie klaar te kry.
Ek sien in Pretoria en…
Ek sien in Pretoria en Johannesburg, op Maroela Media, het dit erg gereen. Hier by ons is dit 'n sagte tot redelike buie reen wat deurlopend val. Vanderbijl het ook baie meer reen as ons gekry, strate lyk soos riviere.
Jammer Arie, kaap nou jou draad?
Johann ek het so net voor 6…
Johann ek het so net voor 6 gekyk toevstaan ons op 42 mm van 8uur vanoggend af.
Ek maak elke oggend 8uur die meter leeg.
Deon gewoonlik maak ek ook…
Deon gewoonlik maak ek ook agt uur leeg, maar vanoggend moes ek kleinkinders skool toe vat, my dogter se kar in vat vir die front suspension. Daar was netnie tyd nie.
Mense,maar so suspension is duur op 'n Renault Megan?
Skuus Arie, daar highjack ek…
Skuus Arie, daar highjack ek alweer, maar ek glo jy het darem nou al middag en aand ete gehad?
Nat koue oggend
Arie jou ontbyd begin so op n nat oggend n lekke rooi Jeripico gevolg met vetkoek met braaivleis fulsel en rond hom af met n warm koffie met 2 proppe whiskey. Gaan groot en geniet
Nee wat julle mag kaap net…
Nee wat julle mag kaap net so veel soos julle wil, ek is min gepla oor sulke goetertjies en hier is nie moddergooiers om elke keer 'n stok in die speek te steek nie.
Noudat dit so reen kon ek…
Noudat dit so reen kon ek niks om die huis doen nie, nie eers die wa se A-Raam service nie.
Sien toe die weerlig het my TV uitgeslaan.
Begin toe maar met die wyfie gesels....... wat `n aangename mens is sy nie!!!!
Weet jy Gesie, mens kom…
Weet jy Gesie, mens kom nogals partykeer agter hoekom mens met hulle getrou het?
Ek was ook al in 48 jaar van getroude lewe maar soms, seker maklik al 4 keer verplig om met Petra te gesels.
Dan onthou ek weer sy kan ook soms inteligent gesels, mens is maar geneig om dit te vergeet.





Mag ek voorstel, vra die…
Mag ek voorstel, vra die Aunty van Gauteng vir raad. Gaan met die Red Heart saam. Soos ek verstaan los Red Heart min praat probleem gou gou op..... baie ander probleme ook.