Kom ons gesels 'n bietjie oor die mees sinvolle verandering wat jy aangebring het aan jou karavaan, boswa, ryhuis, tent-opset of sleepvoertuig waarmee jy sommer baie in jou skik is. 'n Foto as bewys sal natuurlik baie waardeer word.
Ek los myne vir later.
Puik diens van Communca,…
Puik diens van Communca, gister oggend is die bestelling geplaas, vanoggend voor 09:00 is dit af gelewer.
Willem, ek sien op my vorige inset, die prys kan verwarring bring, dit moet lees 2 x Selinoide valves teen R73.91 ELK, die inset kon die uitdrukkingl os dat dit vir albei saam was![]()
Johann ...
Dit is steeds 'n groot besparing sou ek dink teen jou invoer prys 👍
Soms vergeet mens waar om te soek ?
Ek het autofill gebou vir my…
Ek het autofill gebou vir my en Ben se wa gebou met daai solenoid's en vacuum switch omtrent R300 n wa gekos om te bou en werk baie goed
Johann, jy sal moet…
Johann, jy sal moet verduidelik hoe die plumbing en 12v valves gaan werk.
Mens kry normaal oop, of toe valves. Ek is net bloot nuuskierig, want ek verstaan jy het n mengkraan wat jy klaar gestel het op n temperatuur, en met n aparte skakelaar die pomp aansit. Waar jy my ook verloor, is dat jy noem dat daar twee aparte geisers is en een watertenk en pomp. Klink na n ingewikkelde klomp skakelaars en relays wat jy daar beplan.
Maak n diagramatiese skets dat neef kan verstaan asb.
Eish neef, met sketse gaan…
Eish neef, met sketse gaan ek self uit die bus val![]()
Sal maar eerder probeer verduidelik.
1. Die selinoide kleppe is n/c, ek koppel een op elke geiser se skakelaar, in parallel met die skakelaar se aan / af na die pomp. (Die 12v skakel,dus die selinoide en die pomp gelyk aan / af) (elke was bak afsonderlik)
2. Die selinoide kleppe kom inlyn met elke wasbak se pyp. (na die t-stuk)
3. Twee was bakke, een binne vir gesig was ens, en een buite die karavaan vir skottelgoed was, elkeen met sy eie geiser. Die werk elk met 'n eie skakelaar na die pompie.
4. Die water toevoer het ek met 'n T--stuk verbind na elke wasbak sy eie pyp.
5. Die geisers is 220 v en het reeds 'n "supply" op elk.
Hoop maar ek maak darem sin?
Hoor jou Johann. Maar as jy…
Hoor jou Johann. Maar as jy slegs een pomp het, wat van beide kante, skakelaars af n +feed ontvang, gaan die feed brug na die ander solenoid en geiser,. Ek verstaan seker verkeerd, want dit werk seker al.
Herman die skakelaars, sover…
Herman die skakelaars, sover, werk honderd persent, maar ek sal more die selinoide kleppe in sit en kyk. Het dit wel afsonderlik getoets vandag en dit werk goed. Hou in gedagte dat net een skakelaar op 'n keer aan sal wees.
Dalk in my onkunde, het ek iets "ontwerp"![]()
Ek is nie tegniese gekwalifiseerd nie, was maar 'n pen "pusher" in my werk loop baan.
As jy egter iets kan voorstel wat veilig is, sal ek dit waardeer, wil nie iets blaas / brand nie?
Hierdie sin van jou maak my…
Hierdie sin van jou maak my bekommerd, as ek jou reg verstaan, beteken dit eindlik dat die selinoide kleppe geen nut gaan hê nie?
wat van beide kante, skakelaars af n +feed ontvang, gaan die feed brug na die ander solenoid en geiser,.
Herman...
Ek verstaan nou wat jy sê, as dit die geval is, en ek glo dit is, gaan ek liewer more weer 'n apparte pompie vir die binne opwas in sit met eie krag toevoer en sodoende die positief brug probleem uit skakel op die vlaves?
My probleem is die twee kanne met water, veral die 20L in die neus, ekmvergeet baie om dit leeg te maak ennry met daai onodige gewig op die neus.
Johann, sou jy vir elke…
Johann, sou jy vir elke wasbak n eie pomp insit, gaan die een tenk nie pla nie. Jy kan hulle met n T verbind en een pyp tot by die stoortenk. Soos gese, ek wou net verstaan dat die "ander"wasbak se geiser en valve nie dalk aangesit word nie. Sou dit slegs die ander geyser aansit, kan daar n situasie ontstaan van oorverhitting agv geen watervloei nie. Is jou bedrading soos ek verstaan, het die "ander wasbak solenoid ook oopgemaak. Back to square one.
Herman, net so, ek het nie…
Herman, net so, ek het nie vir 'n oomblik daaraan gedink nie, baie dankie vir die kopseer gespaar. Kan al sien hoe sou ek gesukkel het.
Ek sal more die apparte pompie terug sit en die water, wat die issue was, dan so beheer, met die 2 x valves as blokeerder (is daar so woord
) vir die "ander" wasbak.
Maw. een water tenk wat twee was bakke kan supply, met twee pompies en eie 12v krag voorsiening.
NB. Die geisertjies werk op druk / vloei van water, dit sal nie oor verhit nie, maar mens wil nie dat die kleinkinders 'n prop in die wasbak los, en dan iemamd buite water aansit nie.![]()
Herman, ek het 'n nuwe draad…
Herman, ek het 'n nuwe draad begin om nie die een te kaap nie.
Johann, jy het seker reg…
Johann, jy het seker reg gekom, die draad het verdwyn.
Herman, nee en ja. Daai…
Herman, nee en ja.
Daai kite gaan nie vlieg nie, ek het besluit dit gaaan baie makliker wees en werk dmv die krane, net te veel drade en pype ens wat fout mee kan gaan. (As 'n kraan toe is gaan daar niks water of lug lek nie)
Ek het die draad verwyder, dit is 'n mors van tyd wat my betref.
Maar baie dankie vir jou hulp!
"Keep it simple" is n goeie…
"Keep it simple" is n goeie benadering. As ek reg gelees het so entjie terug, is n groot deel van jou probleem die Chinese pompie wat te sterk druk. Ek het een in my kweekhuisie, en die druk is beslis te hoog vir karavaan plumbing.
Die Whale pompies wat in baie karavane gebruik word, het goeie vloei maar min druk. Wat gebeur by hulle as jy bv die kraan toedraai, sal die pompie "cavitate" en dus nie druk op jou plumbing sit nie.
Nico ek wil nie vir auto…
Nico ek wil nie vir auto fill gaan nie, dan moet ek 'n splitter en pyp op die oop kraan los,dit het al gebeur dat 'n duur koper splitter verdwyn het.
Baie oorde het net een kraan tussen twee staanplekke en dan moet mens 'n splitter gebruik. Die plastiek splitter wat ek het is ongemaklik (nie user friendly nie) en kan ander kampeerders om krap.
Herman, ek wil mos altyd alles te ingewikeld maak, dan backfire dit![]()
Water deel ...
Johann op my WilSur draad het ek gewys hoe ek die water kraan deel. Dan kan jy by jou karavaan weer 'n "T" stuk insit vir die opwas kraan met warm water. As jy die reguleerder gebruik kan jy die druk stel.

Jy kan die druk maklik stel.
Ek het intussen die koppeling aan die oord se kraan vervang met twee kort stukkies pyp en staal (brass) koppelstukke want die plastiek het iemand een nag by Klein Kariba gebreek.

Die twee pype het verskillende koppelings om die oord se kraan te pas.
Chris B ... mover ...
Jy het genoem van die mover, kontak Pine (dink Len ken hom ook.

Dankie Willem .....
.... ek het reeds Pine se besonderhede opgespoor en beplan om hom te kontak sodra ons tuis is.





Johann ...
Ek is bly jy het groot gespaar 👍