Kom ons gesels 'n bietjie oor die mees sinvolle verandering wat jy aangebring het aan jou karavaan, boswa, ryhuis, tent-opset of sleepvoertuig waarmee jy sommer baie in jou skik is. 'n Foto as bewys sal natuurlik baie waardeer word.
Ek los myne vir later.
Len se sleepstrop
Middag Len
Jy is darem werklik 'n hulpvaardige man. Ek vermoed egter dat jy daardie sleepstrop nog nooit gebruik het nie![]()
Groete
Middag Chris WH,ek kan nie…
Middag Chris WH,ek kan nie vir jou voorskryf wat se batery boor om te kry nie, ek sou egter aanbeveel dat jy eerder 'n paar rand ekstra betaal, en kwaliteit kry.
My aanbevelings sou wees: (vir wat dit werd is)
1. Dewalt
2. Bosch
Die ander goeie make raak te duur vir my.
Albei, wel meeste, kom met twee baterye plus 'n laaier, sodra my een batery pap raak ruil ek dit dadelik en laai die pap batery ook dadelik.
Ek het twee, 'n Bosch sonder impak aksie (wat vir my more van geld was, en 'n Dewalt met hamer aksie, dit Dewalt is al wat ek gebruik.
Watter model?
Dankie Johann
Watter model DeWalt? Daar is soveel verskillendes, en ek het nog nooit een gehad nie so ek weet nie waarvoor om uit te kyk nie.
Môre Chris, eksal moet gaan…
Môre Chris, eksal moet gaan kyk as ek by die huis is, nie seker van model nie, maar dit is 'n 18 volt impak.
Dankie Johann
Dit sal vir eers op my wens lysie moet bly. Nuwe bande vir die Everest en ‘n ekstra week verpligte verlof waarvoor ek nie beplan het nie eet in my begroting in. Kara verjaar ook oormôre en Chris Jnr 16 Januarie en elkeen kry ‘n fiets (nog R5 000) ![]()
My buurman hier by Weesgerus…
My buurman hier by Weesgerus het ook vir my 'n blink idee vir 'n opwas.
Ek heg, met sy toestemming, hier fotos van sy opwas opset.
Nog fotos van die opwas bo…
Nog fotos van die opwas bo genoem.
Intussen het ek ook die…
Intussen het ek ook die draad (220 volt) braai lig met 'n herlaaibare LED lig vervang, geen drade meer al oor die plek nie.
Nou sit ek met 'n vraag. …
Nou sit ek met 'n vraag.
Kry mens 'n 12 volt "valve", rede is, ek het nou ook die binne en buite was bakke op dieselfde 60L kan gekoppel. Die probleem is as volg.
Nou moet ons die krane toe maak om water na die regte wasbak te laat vloei, net die wasbak wat gebruik word se kraan moet oop wees, anders spuit die water ook by die "verkeerde" wasbak uit.
Ek het altyd die krane op beste grote vir optimale hitte oop gelos, dan het ons net die skakelaar van die betrokke wasbak aan geskakel, maar met die weg doen van 'n apparte tenk, is dit nie meer moontlik nie?
Kan dit moontlik wees om dit te beheer dmv 'n 12v kleppie wat saam met die nodige skakelaar beheer woord?
Ek het ge-google, in SA kry…
Ek het ge-google, in SA kry ek 12v selinoide 1/2 duim kleppe, maar teen meer as R400.00 elk, op Bang Good kry ek vir R100.00 en op Wish vir R99.00. Ek kom nie reg op ban good met betaling nie. Op ban good is die prys R273.00 vir twee, pos geld ingesluit.
Willlem ek het net een tenk…
Willlem ek het net een tenk wat twee was bakke voer, elke was bak (met eie geiser) het sy eie skakelaar, die pyp split dmv 'n T-stuk en as ek die pomp start (met een van die twee skakelaars) gaan die water na altwee krane. Waar ek in die verlede twee tenks met afsonderlike pompies gebruik het, gebruik ek nou net een.
Ek het altyd die krane oop, op maksimale temp, gelos, nou moet ek die krane oe maak, om te beheer na watter was bak ek wil gebruik. maw, die krane moet nou toe gemaak wees, en die was bak wat jy wil gebruik, se kraan moet oop gemaak word, en oor "gestel" word om lekker warm water te kry.
Ons het altyd net die skakelaaraf gesit, en die kraan op sy optimale posisie gelos.
Willem, baie dankie dit is …
Willem, baie dankie dit is 'n goeie prys, ek soek twee.
Ek sal kyk as ek iemand hier kan vra om vir my te gaan kry, sal Grootwind se swaer kontak ![]()
Johann ...
Ek het nou nie op Takealot gekyk nie, dalk het hulle ook eie vir jou dit aflewer ?
Willem, ek het toe reg gekom…
Willem, ek het toe reg gekom by Communca, 2 x R73.91 plus R80.00 vir kourier, baie dankie vir jou hulp, ek waardeer dit opreg.





Mooi so ChrisWH
Mooi so Chris, baie goeie idee nog nooit daaraan gedink om dit vir 'n pennekas te gebruik nie.
In my geval het ek ook so 'n "tool box" vir al my karavaan goetertjies wat moontlik herstelling gaan benodig. Ek het ook nog 'n plastiek kissie wat permanent in die Pathfinder bly met 'n sleepstrop daarin (om Toyota ouens wat uitgesleep moet word te help), "jumper"-kabels en 'n stelletjie "spanners" asook skroewedraaiers.
Wat die tentpenne en bybehore betref, gebruik ek nog maar seilsakkies - die veerpenne in een, die ?-penne in 'n tweede en die dakspykers (vir grondnette) in 'n derde sakkie. Ek het ook nog 'n vierde seilsakkie vir ekstra tenttoue, rekke en stormtoue. Hierdie sakkies word oral in oop plekkies in die neuskas gestoor.