Goeie more almal.
Koffie is weer lekker vanoggend.
Lekker ligte bui reen verlede nag gehad
Geniet die Sondag.
Hello weer!
Ek het gisteraand die Ghoema toekennings opgeneem en dit nou eers lekker rustig sit en kyk vanoggend. Vir die van julle wat dalkies nie weet nie, dit is die toekennings aan almal in die Afrikaanse musiekbedryf. Dit was 'n "great show" en het my weereens trots Afrikaans gemaak. Noddy kan gerus Saterdagaand vir Klipwerf Boereorkes gelukwens. Hulle is al 50 jaar in die bedryf en aan die gang en het 'n ere-Ghoema gekry (die Diamant toekenning). Oor die jare het hulle 16 orkeslede gehad, die twee wat van die begin af in die orkes is, het die Ghoema gaan haal. Nouja, vir die van ons wat gedink het Steve Hofmeyr se dae van glorie is verby, hy het twee Ghoemas gekry, een daarvan Gewildste Afrikaans sanger, soos gestem net deur die publiek. Joe Black het omtrent 8 Ghoemas gekry. Baie jong kunstenaars het Ghoemas gekry.
Arie, ek is baie bly dat Petra beter is. Ek weet dit, nie omdat sy (kastig) al die werk doen nie, maar omdat jy weer jou selwers is oor haar gepakkery. ![]()
![]()
Wilsur, hou aan om die niks doen te geniet! Gesie, jy het mos 'n vakansiedag vandag, jy kan dit altyd verander na VMK.![]()
Dit was nou 'n lui lekker…
Dit was nou 'n lui lekker dag
Willem jy moet jou laaste aandjie geniet by Marula
. Ek wonder waar trek Len?
Len is seker al by Riviera. …
Len is seker al by Riviera. Hulle sou 9 uur vertrek het, omtrent 5 - 6 ure se ry, of hoe? Ek glo hy neem nou foto's om vir ons te wys. ![]()
Hello almal
Dagse se maats jaaaa lekker lui dag en daar waai so koel windjie in Durban vandag .Die van julle wat kamp geniet dit more is die laaste dag ne
Sien weer moleste op die N3 by Mooirivier so die vriende wat terug ry van die kus af beplan julle route
Vir my n besige dag gewees…
Vir my n besige dag gewees. Het weer bietjie aan die laaikas vir die bakkie gewerk
Oom Stoffel
Oom Stoffel jy maak dat ons manne wat niks doen sleg lyk .Geen foto's It didn't happen ![]()
Dassie, Marula Oase oorkant…
Dassie, Marula Oase oorkant ATKV Klein Kariba.
Ohhh ek sien
Dankie Willem partykeer raak ek deurmekaar met die uitspreek van die 2 plekke ![]()
Oom Dassie, sal die fotos…
Oom Dassie, sal die fotos Woensdag oplaai sodat jy kan sien.
So bek moet jam kry
Omie Stoffel sien uit met graagte na daai "pictures"
Goeie naand !
Hallo Freda, ja ons het so net na 5nm hier by Riviera gearriveer. Albei reeds klaar gestort en ons gaan vroeg in die bed spring ! Glad nie so koud hier soos naby Drie Susters nie. Môre is dit Pretoria toe waar ons vir 3 dae by Rivierfront aan die noord-weste kant van Pretoria gaan staan en dan vertrek ons eers Saterdag Phalaborwa toe om Sondag by die Wildtuin in te gaan. Ons gaan môreoggend tussen 7 en 8 hier wegspring en behoort net na middagete by ons bestemming te wees.
Lekker slaap almal - ek gaan beslis.
Als behalwe lui dag...
Als behalwe lui dag, fotos op my draad kom nou. ![]()
Naand al die mense
Goeie naand is ook al amper bedtyd maar hier is ek .Geniet julle werk more ( die werkers klas mense )![]()
Goeienaand dassie , ja nee…
Goeienaand dassie
, ja nee dit is swaar swaer ![]()
Toemaar Vorrie
Ag Vorrie as ek in my kristal bal kyk sien ek nog 20 jaar se werk voor jou dan gaan jy n lotto wen maar intussen sal jy arm bly en oor 5 jaar sal jy gewoond wees daaraan ![]()





Darem kan ek ook sê môre…
Darem kan ek ook sê môre voor dit middag is.
Sukkel om gister se niks doen klaar te maak.
Geniet jou dag in vrede.