Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -1 hour ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 28/04/2018 - 18:22

Ek bang vir die blou.

Net nou dink die mense ek ondersteun DAAI span. smiley

Moet sê ek was rustig, was bang om woorde te uiter wat my dalk in die tronk sou laat beland het.

Geen merk op die lorrie nie, seker omdat hy n bullbar opgehad het. smiley

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 28/04/2018 - 18:47

Was jy reeds in die pad voor die ou of het jy per ongeluk voor hom ingeloop?  En toe hy jou omry, het hy bo-oor jou gery of net gestamp?   Hy kan mos nie net wegry nie, wat as jy ernstig beseer was of iets gebreek was.  Nee, vaderland, what next?

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Sat, 28/04/2018 - 19:05

Genugtig Harry hoe ry n ou jou raak in die pad ?. Hoop jy voel okay vandag het jy die ou se nommer plaat gekry en hom rapporteer . te veel van die dinge gebeur deesdae en dan jaag die oortreder weg .Ry hom bloots Harry

0

laugh Segekok jy moet oppas skoonma lees dalk hier soos die 1 ou gese het My skoonma het n baie beter skoonseun gekry as wat hy n skoonma gekry het crying

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Sat, 28/04/2018 - 19:41

Die ou en sy vrou wou uitgaan maar hulle hond wou nie uit die huis nie .Die ou gryp die hond aan die nekvel en boender haar by die agter deur uit . Daar is n geklop by die voordeur ,die ou se vir sy vrou Daar is die beech weer by die voordeur .Hy maak die voordeur oop en daar staan skoonma .Okay se skoonma Dan loop ek maar weer

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 28/04/2018 - 19:59

Moet nie stress nie, ek is OK.

Dit was in die pad waar mens loop tussen vlooimark stalletjies. Die spesifieke ry is al een waar stalletjie houers se voertuie pad deel met mense wat loop. Mense het voorang en hulle moet kruip as hulle daar wil ry om goed op of af te laai. As jy jou lisensie "koop" weet jy mos nie van beter nie.

Het nie onder lorretjie geland nie, het aan bull bar was geklou, toe stop hy en ry agteruit.

Hulle het my darem R 100 geoffer vir pyn en leiding. smiley

Het foto's 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sun, 29/04/2018 - 03:50

Môre almal.  Mooi dag vir almal.

Staar weer sommer van vroeg vroeg af. Gaan nou maar die die hond laat blaf dat die ander ook kan wakker word.....?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 29/04/2018 - 04:55

Toemaar Segekok, jy het geselskap, ek is ook wakker.  Het darem 6 ure se goeie slaap gekry.  Tee al klaar gedrink, gaan nou koffie ook maak.   Gelukkig dat mens die forum kan lees.  Die koerante het ou nuus.  Ongelukkig het ek nie 'n hond nie.  Dink ek moet terugklim in die bed, die lig aansit en boek lees.  Dalk maak dit die Ingelsman wakker maar ek wil ook nou nie met 'n Grumpy sit die hele Sondag nie.

Ek dink Len lê seker ook al wakker.  Van opgewondenheid om die sleeptog aan te vat wildtuin toe.  Dusty behoort ook nou enige tyd van hom te laat hoor.   Dalk is Harry se lyf so seer dat hy ook al wakker is.   En Petra moet mos vandag begin pak, so Arie sal ook seker betyds wakker word, sodat sy eers vir hom koffie in die bed kan bring en hy haar dan instruksies gee waarmee om te begin.

Nee ons kan nie kla nie, ons hoef nie alleen te voel nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 29/04/2018 - 05:58

Soos julle kan sien, was ek baie besig op die forum hier vroeg in die oggend.  Ek sal maar vir die res van die dag my mond hou en julle 'n kans gee. laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus