Ek glo almal van ons het daai een bekende figuur wat se looks dit vir jou doen?
Laat ons bietjie hoor wie is dit?
Vir my is daar net een CHER!!!! In my opinie die sexieste vrou ooit, haar looks maak my bene heel lam, een nag saam met haar [selfs op haar huidige ouderdom] en sal gelukig doodgaan!!
Deur die jare het sy heelwat verander maar nog altyd beeldskoon en vreeslik sexy gebly, maar die heel mooiste was in die hippie jare toe sy saam met Sonny gesing het.
Die song wat hulle op die map geplaas het - "I've got you babe" laat nou nog my tone omkrul van pure genot, natuurlik praat ek van die video!
Daai ongelooflike mooi lyf, lang reguit swart hare, en dan daai gesig met die prominente wangbene...........................ag nee wat begin sommer kwyl, en dan kan sy nog SING ook!!!
Ek glo ek het elke liewe musiek video van haar op my rekenaar, so ook elke liedjie wat sy gesing het!
Ek weet almal reken dit is plastiese snykunde wat haar looks laat behou het [ek dink dit is maar net jaloesie wat praat] maar kyk maar net na die video van haar laaste "World Tour" plastiese snykunde kan haar onmoontlik so fiks en soepel hou?
Nee wat - een nag saam met haar en die ou Kaaskop is 'n "happy chappie"
Mooi bly mooi
Vir my was dit Sophia Loren…
Vir my was dit Sophia Loren....... Kyk sy kom maar op my tandeborsel gepiepie het en ek sou nie eers n oog geknip het nie...
Sy was dalk baie ouer as ek maar wie gee om.....
Sy was dalk baie ouer as ek…
Sy was dalk baie ouer as ek maar wie gee om.....
Nou net gedink jy gee jou ouderdom weg ![]()
Nou net gedink jy gee jou…
Nou net gedink jy gee jou ouderdom weg
Wilsur ek lyk maar net nog baie goed vir
Sandra Bullock en Julia…
Sandra Bullock en Julia Roberts, daai twee dames laat my na my asem snak, dan is daar ook nog Barbera Streisand, sy maak my kop dof.
Om nie van Nana Mouskouri te vergeet nie, sy is al tagtig gewees maar laat my nog juk.
Johann dit is almal dames…
Johann dit is almal dames wat groot monde het... En ek bedoel nou nie die groot mond wat net n geraas maak nie..
Ek myself like daai met die groot monde... Maarbas ek net een kan kies... Sophia by maar #1
Kyk die wereld is absoluut…
Kyk die wereld is absoluut propvol mooi vrouens, maar party het net daai 'iets" wat dit vir 'n spesifieke ou doen?
Sophia, Elke Sommer, Shenia, almal pragstukke, en ek stem ook met Johann Sandra Bullock, maar julle mag net een kis wat dit absoluut vir jou doen.
Ai Arie, dit is mos nou 'n…
Ai Arie, dit is mos nou 'n onmoontlike ding om een uit te sonder, dan sal ek maar by Sandra Bullock gaan kuier.
Maar nou wonder ek oor Ciline Dion, kyk sy is ordentlik en beeldskoon, en talentvol en vreeslik mooi en sing so mooi, en... en,....
Laat ek maar hier halt roep.
Sandra Bullock…
Sandra Bullock
Sal met haar kort geknipte hare ook die ding vir my doen ![]()
Ooooo nee-a-a
Maakniesaak.....
Verkieslik somme baai oud......
Dis die tjekbook wat dit vir my doen.....![]()
Stem saam Arie, Cher het nou…
Stem saam Arie, Cher het nou maar net daai iets. Sal ek se , iets van alles, van party het sy twee.
Stem saam met Warren
Definitief daai tjekboek is belangrik weet julle wat kos medisyne by Dischem deesdae
Hehe, dink ek nou aan baie…
Hehe, dink ek nou aan baie jare terug.(February 1974)
Ek gaan vir 'n werks onderhoud, toe ek netjies uit gevat in die personeel kantoor instap, sit daar 'n blonde godin wat nie van planeet aarde afkomstig is nie.
Vra sy vir my, "Sal u koffie of tee neem, Mnr so en so is net gou op die foon", ek probeer praat, stotter en hum en hah, maar kry nie 'n enkele woord uit nie. Later, toe ek tot verhaal kom, sê ek so ewe kordaat, "Baie dankie, ek sal melk neem"?
Nou ja, ek het darem die werk gekry.?
Sien die prent
Johann ek sien die prent voor my afspeel sulkke blonds kan dit mooilik maak vir n mens





Mmmm
Richard Gere. Soos hy gelyk het in "Shall we dance" saam met Jennifer Lopez en in "Pretty woman" saam met Julia Roberts. Aan die einde van Shall we dance kom hy met die roltrap opgery na sy vrou toe, met 'n rooi roos in sy mond, 'n swart tux en strikdas. Oe, nog nooit was 'n man vir my so mooi nie!
Twee vroue sangers wat vir my mooi is, is Jennifer Lopez en Britney Spears.