Goeiemiddag aan almal, gewaardeerde kampgenote,
Vandag het ek weet raad nodig. Ons getroue ou Hilux langbak, waarin ons op 8 November 2021 begin kampeer het, deur 'n ou rallytent agteraan op te slaan en vas te maak en heerlik tweemaal per jaar vir 6 jaar mee gekampeer het, het onherstelbaar gebreek en ons het hom vervang met die beste bekostigbare voertuig, vir ons, waarin ons ook kan kampeer op dieselfde manier: want ons is geheel verslaaf aan hierdie manier van reis en kamp... met byna niks - agterin die bakkie en nou die Renault Triber. Ons het die Triber juis gekoop omdat ons, onder andere, sy agterste twee rye sitplekke kon uithaal en ons met 'n plank en matras dit net so kan doen as in die Hilux.
Maar dis nou my probleem. Met die Hilux kon ek die rallytent, met toue, geryg deur die dakrak van die canopy aan die Hilux se ringe aan sy bak vasmaak. Heeltemal veilig met minimum spanning aan die dakrak en veilig vasgemaak aan die bakringe van die Hilux. Dit het 100% gewerk en gegewe dat ons altyd met die neus in die wind gekampeer het, baie goeie skuiling gebied. Maar die Triber se dakrak is nie sterk genoeg vir so-iets nie, en hy het nie ringe aan die kant soos die Hilux nie.
Help my asseblief met voorstelle: hoe kan ek steeds die rally tent agteraan die Triber opslaan en aan die Triber heg soos met die bakkie?
Ek het gistermiddag die opset getoets en ek kan alles netso gebruik - tentpale en toue en tentpanne soos met die bakkie... daar is net nie opsigtelike maniere om die rally tent aan die Triber te heg nie. Die enigste oplossing wat ek sien is om lang toue, vasgemaak aan die rally tent soos met die Hilux, regoor die Triber se dak te span tot voor op die grond by die neus, sonder dat dit aan enige plek raak en die toue daar te anker met stewige tentpenne. Maar nou wil ek darem ook nie die opset na 'n "koekspul" laat lyk nie... ha ha ha
Jou voorstelle en kritiek sal baie waardeer word.
Ordentlike dakrak...
...op die Renault. Ek is seker mens kan 'n goeie dakrak monteer op daai spore van die kar. Jy kan dit selfs effe laat verander om 'n horisontale balk met baie ogies aan, aan die agterkant van dakrak te sit. Net effens wyer as die kar se breedte.
In plaas van om jou rygtou aan ogies soos aan ou Hilux vas te trek, span jy jou tou reguit af grond toe, en kap vas met ordentlike tentpenne, na hartelus. Dan raak daai toue nie aan kar se verfwerk nie.
Fanie se Hilux
Wat het Hilux oorgekom??? Hulle moet mos vir altyd hou of nie
Triber se dakspore is baie swak
Wessel, die groot struikelblok is dat die Triber se spore op die dak baie swak is omdat die hele kar mos maar van dun metaal gebou is om dit so goedkoop te kan vervaardig, en so lig as moontlik te hou - die spore mag nie meer as 50kg dra nie en om iets soos die wind daaraan te laat ruk en pluk is heeltemal ontoelaatbaar.
Dis hoe die rallytent twee…
Dis hoe die rallytent twee maal per jaar aan die Hilux geheg was... met toue wat op vier plekke bo deur die rally tent gehak was, agter die rygtou wat mens deur die karavaan se rygsloot sou ryg, deur, en dan deur die ogies aan die kante van die dakrak geryg was en aan die lussies of ringe van die Hilux se bak self vasgemaak was. Dit het uitstekend gewerk omdat die dakrak slegs as gang gebruik was en die ogies aan die bak al die spanning gedra het.
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings
...ons vorder darem met die ander aanpassings, net die aanheg van die rallytent is 'n kopkrapper...
losstaande raam...
Fanie oorweeg 'n losstaande raam wat jou voertuig se agterkant vervang. Lekker pale struktuutr wat tent bo hou en met toue grond toe ge-anker is. Dan kan jy kar tru stoot tot jy agterklap daaronder kan oopmaak.
Die voordeel is, jy kan gaan brood koop en jou tent bly staan op sy eie.





Hallo Fanie. As jy kan…
Hallo Fanie. As jy kan plaas van hoe die tent lyk bv toe hy nog vas aan die Hilux was, sal dit baie help.