Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -51 minutes ago
Bo Umfula Johann L -53 minutes ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Moet mense met probleme anders behandel word??

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Na aanleiding van iets wat ek so pas gelees het, en ek gaan nou seker baie onsensitief en hard voorkom;

Moet ons iemand wat 'n siekte toestand of ligaams gebrek het anders as ander mense hanteer??

Ek dink dit is beledigend teenoor die siek persoon, ja beslis help iemand in 'n rolstoel teen trappe op, help iemand met een been oor ongelyk terrein, maar hoekom mag ons nie met hom of haar spot soos met enige ander persoon nie?

Ek glo as ons weet wat in ander mense se lewens aangaan, goed wat dalk nie sigbaar is oos 'n gebrek, of ernstige siekte sal ons vrek verbaas wees.

Daar is duisende mense wie se kinders dwelm verslaafdes is, maar die ouers is altyd vriendelik, vol grappies en positief, daar is baie mense wie geliefdes wreedaardig vermoor na hull eers deur 5 mans verkrag is, maar hul maat verwag nie voorkeur behandelin van andere nie.

Ek glo elke huis het sy kruis erens, ons kan nie altyd die hartseer en smart van ander sien nie, maar tog gaan hulle aan en lei 'n goeie lewe sonder dat hul verwag almal moet hul jammer kry en op die hande dra.

My nefie [nou oorlede] was gebore sonder bene en met heelwat ander probleme ook, hy het nooit vir simpatie of voorkeur behandeling gevra nie, inteendeel hy kon self nogal lekker spot met sy gebreke. Ek was eendag by toe iemand hom vra of dit moeilik is sonder bene, hy kyk die man so en se "Ek weet nie nog nooit bene gehad nie, maar se my is dit nie moeilik met bene nie?"

Ek leef baie naby aan iemand wat vir al vir 8 jaar teen kanker baklei, sy het erg probleme as gevolg van talle reekse chemo en baie reekse bestraling. Loop al vir 4 jaar met 'n oop wond wat nie kan genees as gevolg van bestraling, kanker het omtrent al deur haar hele lyf versprei. Sy het permanent pyn, sukkel om te loop, sukkel om duidelik te praat, eet baie swaar - maar sy wil bitter graag soos enige ander mens behandel word. Sy is te trots om jammer gekry te word, haar geloof is onwrikbaar, sy glo vas aan die Groot Geneesheer. $ jaar terug het 'n onkoloog vir haar 'n maksimum van ses maande gegee om te leef, 4 jaar verder is sy nog hier vol smiles en jokes.

Het ek simpatie met 'n persoon wat baie siek is? JA beslis gaan ek hom spot as hy al sy hare verloor as gevolg van behandeling; JA beslis. Hy is maar net soos enige ander mens hier op aarde, hoekom moet hy/sy voorkeur behandeling kry, is dit nie diskrimineerend nie?

 

Arie ja dis n diep onderwerp waaraan jy hier raak .Ek glo ook dat "gestermde" mense normaal wil behandel word .Die ding wat my tref is hoe min daar voorsiening gemaak word vir gestremde mense in ons land .Publieke plekke is nie rolstoel vriendelik en selfs restaurante het geen oprit vir die stoele nie .Dis waar wat jy se dat elke huis het maar sy kruis ek het gevind dat mense wat onder moeilike omstandighede baie meer spontaan en humoristies is as ons "gewone" mense .

0
Meyerton

Segekok

Fri, 20/04/2018 - 16:52

Oom Arie ek glo dat negatiewe houdings negatiewe goed trek.  As mens die heeltyd vir jou self gaan jammer wees en mense ongemaklik gaan laat voel oor jou toestand/ gebrek/ siekte gaan jy mense van jou af weg stoot.  Ek dink nie dat daar enige mense is wat alleen wil wees nie.  Ek het baie respek vir mense wat met hulle eie omstandighede kan spot en dit kan omdraai in n posetiewe. 

Ja daar kom n tyd wat dit moeilik is maar dan is mens nie alleen nie want jy het niemand van jou af weg gestoot nie en hulle is dan daar om jou met liefde en respek te help waar hulle kan. 

 

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sat, 21/04/2018 - 08:33

Ja. Ek dink omrede elke persoon uniek is, verdien hy/sy om anders behandel te word. As jy sien dat n persoon om sielkundige redes anders is as jy, verdien hy/sy n anderse optrede.

Mense is soos hulle vingerafdrukke, uniek. Ek is n baie fyngevoelige persoon, om sielkundige en ander redes, is baie humoristies, miskien verdien ek ook om anders behandel te word.

Rolstoel mense word anders behandel. Hulle wil nie bejammer word nie.

In my tyd by amateur stoei het ons n gebreklike stoeier gehad wat nie verwag om anders behandel te word as die res nie. Hy kon nie op sy voete stoei nie maar op die plat posissie was hy baie goed. Hy het nie ver gekom in die stoei wereld nie want sy opponente het geweet hy moet in die staan possisie aangevat word. D

Dus twee verskillende werelde.

Mense met gebrekkige kommunikasie probleme moet weer anders behandel word. As jou gespot n verkleineerde impak het, dan is jy verkeerd in GOD se oë. Dan is jy hoogmoedig. Ek haal aan  " dankie dat ek nie soos die tollenaar is nie "

Jou moto moet wees ( veronderstel) om in vrede te leef met alle mense. Ek is self skuldig, maar probeer immer tenspyte van my "gebrekkige verstaan"

Dankie vir onderwerp. Dit laat mens dink.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 21/04/2018 - 08:54

Goeie môre Oom Jeep smiley

Arie, ek wou al jou oorspronklike vraag omgedraai het, maar kon nie die woorde daarvoor vind nie.   Hoe moet 'n mens met probleme, ander behandel?

Laat my dink aan iets wat ek beleef het jare terug toe ek teologie geswot het. Ek was nog bloed jonk en gedink ek weet alles en wou die hele wereld bekeer.

Ek het in Kalkbaai gewoon en gereeld afgestap hawe toe. Daar was vele haweloses wat van drank afhanklik was en een spesifieke een het so oor 'n paar jaar 'n "vriend?" van my geword.  Ek as entoesiastiese bible-slinger wou natuurlik die man op die regte pad lei en my christelike plig nakom en die arme hulpelose mens met 'n probleem help.

Maar na 'n lang ruk het ek besef iets pla my, en baie gou tot 'n besef gekom dat die persoon my baie goed gespeel het, wetend dat ek my "christelik plig" gaan nakom, en dood seker gemaak dat ek my pêrels voor hom strooi.    Ja hy het oor my goedheid getrap.

My punt is, mense met probleme kan maklik op ander se emosies speel om te kry wat hulle wil hé, hetsy simpatie, aanvaarding, geld, besitlikheid, liefde, dranm of om dalk skade aan te rig.

Wees dus versigtig aan wie jy goedheid bewys, en moenie jou kosbare pêrels voor die varke gooi nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 21/04/2018 - 10:02

Ek het die draad gister gelees en besluit om nie dadelik te antwoord nie.  Juis omdat dit 'n moeilike vraag is om te antwoord.

As iemand baie siek is of al oud is en daardie persone het nie meer baie tyd oor nie, beskou ek dit as my plig om so persoon eerder net liefde te gee en nie verdere ongeluk of seer in sy of haar lewe te bring nie.   Ek sou baie skuldig voel as so persoon moet wegval, wetende ek het hom of haar seergemaak.   Aan die ander kant, ons moet seker so teenoor almal optree, selfs die gesondes, want mens weet nooit wanneer iemand gaan nie en dan sal jy met dieselfde verwyt sit.

In my lewe het ek drie baie spesiale mense, vir wie ek baie lief was, sien sterf van kanker.   My jong skoondogter, my broer en Colin se vrou.   Wat my verstom het van hulle al drie, was die positiewe houding wat hul uitgestraal het.   Ek sou by hulle wees en die trane wou net loop.   En wat het hulle gedoen?  My getroos en gevra om nie hartseer te wees nie en ek moet nie oor hulle bekommerd wees of vir hulle jammer  voel nie.   Hulle houding het gemaak dat ek hul wou oorlaai met liefde en begrip.   

Arie, ek wil net vir jou sê, ten midde van jou gespottery en lekker gesels, straal jou liefde vir Petra deur.   Ek glo sy is 'n ongelooflike mens wat vir jou al baie lesse in die lewe geleer het.   Ons is bevoorreg om sulke mense in ons lewe te kan hê.   Ek hoop, as ek dalk eendag die kruis van kanker moet dra, sal ek ook 'n positiewe en blymoedige mens kan bly, sodat mense graag na my sal wil kom om my liefde te gee en net mooi herinneringe van my sal hê.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 21/04/2018 - 10:24

Ek het nou hierdie draad vir Colin gelees.   Hy vra ek moet vir julle sê, daar is geen mens wat sterker is as mense met kanker nie.    Hy was verstom oor sy vrou se deursettingsvermoë en positiewe houding.   As hy saam met haar gegaan het vir chemo en bestraling sessies, was dit ook altyd duidelik te sien by die ander pasiënte.   Hy het graag met hulle geselsies aangeknoop en nooit een gesien wat in sak en as gesit het of huilerig was nie.   Voorwaar 'n voorbeeld vir ons!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 21/04/2018 - 10:32

Johan, ek is bly dat jy ook kom saam gesels het.

Ek besef, en ek glo ook van die ander lede, dat jy onderliggend, onder andere,  aan DK dink.   

Sodat ons almal 'n beter begrip kan hê, sal ek graag wil hê jy moet vir ons meer duidelikheid gee oor DK se gesondheid.   Ons het maande terug gehoor dat hy moontlik kanker het.   Is daar nou al vasgestel of dit definitief so is?   En, indien wel, watse kanker het hy en het hul al begin met behandeling/chemo/bestraling daarvoor?

0
Meyerton

Segekok

Sat, 21/04/2018 - 13:16

Om positief te wees help baie self vir die gesond word van mense wat nie noodwendig terminaal siek is nie.

Ek wil graag hier n storie vertel van n oom wat wat saam met my in ’n saal gelê het voor ek my hartomleiding gehad het in Alberton. Die oom het so 6 maande voor my ’n omleiding gehad, seker so 8 jaar ouer as ek.  Die oom het gekla.....  oor als en wat nog. Sy vrou het vir hom kos van die huis afgebring want die hospitaal kos is sleg.  Dan het hy oor sy vrou se kos ook gekla.

Hy het ge wyer om badkamer toe te gaan want hy wou nie loop nie. die NURSE moes maar die bottel bring of die pan gaan haal ens. Hy wou ook nie stap vir die oefening wat nodig is nie. Nie nodig om te sê nie maar ons het ’n uitval gehad sommerso vroeg-vroeg. Ek het ook gevra dat ek ab nie weer in dieselfde saal as hy gesit moet word na my omleiding nie.

3 Dae na my omleiding is ek terug in die gewone saal in die privaat saal langs oom X. Oom X het nog geensins verander nie.  2 dae later is ek ontslaan. Ek is 6 weke later weer daar verby vir die nodige ondersoeke ens. Die. oom was nog steeds daar.  Ek het ’n baie goeie verhouding met die verpleegsters opgebou en baie gou uitgevind dat die oom daar is net omdat hy die aandag wil hê en lankal gesond is van die omleiding. Na ’n verdere 2 weke wou die medies nie verder vir sy hospitaal betaal nie en is hy ontslaan.

Weet nie wat daarna van hom geword het nie.  Die oom was negatief oor als en en het almal om hom ook negatief gemaak. 

0
Meyerton

Segekok

Sat, 21/04/2018 - 13:23

Anton ek wil graag vir jou sê baie mense het nie die pêrels nodig nie, hulle wil eerder die drank hê.

Aan oom eep wil ek graag sê. Om met die Bybel te wil loop onder die arm moet mens eers die vurk uit jou gat haal. Moet nie eendag wil preek en die volgende dag vir mense vertel dat die oumense die geweld teen hulle verdien nie.  Dit is ’n gedweep .

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 21/04/2018 - 13:49

Oom Jeep, sit ek hier in die sonnetjie en dink, ek hoop nie jy gaan spring nou onmiddelik op whatsapp en vertel vir DK allerhande dinge wat op kampforum geskryf word om die arme ou nog verder te ontstel nie?   

Freda, sal ons ooit weet wat die waarheid is?  Jammer dat mens sulke ernstige dinge moet twyfel?  Laat my dink aan die seuntjie wat wolf geskreeu het?

 

0
Centurion

Lolla

Sat, 21/04/2018 - 14:27

Weet julle.... En jammer vir my taal wat volg... Die DK stront alweeeeeeer!!! Kan dit nie nou maar net einde kry nie. Los die ou en vergeet van hom. Ek glo in die gesegde... Meng jou met die semels en die varke vreet jou op. Daars genoeg negatiewe dinge waarmee mens moet 'deal' op n daaglikse basis. Om nou nog met negatiewe mense te probeer deal... Nee dankie. Fokus eerder op positiewe dinge en meng met positiewe mense... Ek waarborg jou die lewe sal vir jul sommer baie beter en lekkerder wees. En die geskinder van een forum na n ander forum... Dis net sleg en niks goed kan van dit afkom nie.  negatief en defnitief nie goed vir ons forum en die lede daarby betrokke nie. Vergeet nou van die ou man... Siek of nie... Los hom uit en as hy ons forum lede nie uitlos nie ignoreer hom net...  Let's move move on

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 21/04/2018 - 16:30

Lolla is reg.  Speknek het sy gewone kommentaar, soos hy al vir jare lank doen, daar gelewer.  Almal weet dit is hoe hy praat.  Maar toe het DK dit dadelik weer assosieer met Kampforum.   Ek dink dit is tyd om aan te beweeg, almal se siele word onnodig versondig met die situasie.   

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 21/04/2018 - 19:12

Iets wat ek jare al weet, maar onlangs eers begin toe pas het, is: Omring jou met positiewe mense en jy sal positief wees, omring jou met negatiewe mense,  en jy sal negatief wees, omring jou met albei soorte, en jy sal soos 'n mal mens heen en weer rond val.

Ek praat nie meer met mense wat negatief oorkom nie.

Arie, almal wat die voorreg gehad het  jou en Petra ontmoed, sal weet, julle twee is 'n voorbeeld vir enige iemand. Ons verstaan jou "gespot",  en sien agter die gespottery, die liefde vir jou vrou.

Ek wou aanvanklik ook nie hier reageer nie,  maar nou het ek. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus