Sit ek so paar naweke gelede rustig hier op my stoep en suig aan my pyp met ‘n lekker rum en coke langs my.
Stap hier toe so netjiese jong man met ‘n dogtertjie aan die hand hier in die pad af, dit is toe nou so wragtag oom Morris met sy jongste en enigste!
Stap ek toe af na sy kamp, wil mos ok sien hoe maak die ou nou kamp, kyk hy mag maar hoor. Hy het die staanplek volgepak met sy woonwa en .n spul tente, dit is hy met sy lewensmaat en natuurlik hulle pragtige dogter, sy ouers, sy huurders en nog vriende ook. Ja julle het reg gelees sy huurders, ek dink hy is bang hulle verniel sy plek as hy nie daar is om toesig te hou, nou bring hy hulle maar saam.
Maar ek moet se dit is ‘n lekker gawe klomp mense, Petra en ek word toe oorgenooi vir ‘n braai die Sondagmiddag, want die man verjaar mos! Baie lekker gebraai, ge-eet en kopstukke gesels. Dankie Morris julle gasvryheid word waardeer!
Ek moet darem net noem van die man se bakkie, Morrie se Lorrie of so iets, kan nie meer so lekker onthou nie. Nogals ‘n mooi trok as mens in ag neem dit is nou nie ‘n FORD nie, maar heel skaflik.
FRIKADEL:
Ja nee kyk Arie, daai Morris is n netjiese man al is sy smaak in voertuie biki aan die verkeerde kant.
Die man kom mos daar van my geweste af, die wilde Ooste!
FRANSHARK:Gepraat van ou vriende.... Hallo da oom Arie....
JANBIKE:Ek wens ek kon so maklik met vreemdelinge praat en maats maak. Ongelukkig vind ek dit moeilik. Ek groet maklik maar sal selde n gesprek aan die gang sit. Baie mense dink seker ek is ongeskik maar dit is nie die geval nie. So gemaak so gelaat staan. Maar dan kry jy ook daardie tipe mens wat jy net mee gemaklik is en sommer gou n lekker gesprek kan voer. Weerd ne? Introvert se moses.
JOHAN K
JanBike het geskryf:
Ek wens ek kon so maklik met vreemdelinge praat en maats maak. Ongelukkig vind ek dit moeilik. Ek groet maklik maar sal selde n gesprek aan die gang sit. Baie mense dink seker ek is ongeskik maar dit is nie die geval nie. So gemaak so gelaat staan. Maar dan kry jy ook daardie tipe mens wat jy net mee gemaklik is en sommer gou n lekker gesprek kan voer. Weerd ne? Introvert se moses.
Dankie tog, gedink dit is net ek wat so is.
hennievr:Dag Arie bly om te sien jy is nog aan die gang, groete daar.




